Rico & Elani se klassieke boheemse woud troue

Rico en Elani kon na ses maande se langer geduld weens die KOVID-19 pandemie, uiteindelik aan mekaar trou beloof by hul klassieke boheemse woud troue.

Die paartjie se beroepe het veroorsaak dat hulle paaie kon kruis en mekaar kon vind.  Elani het gedroom van haar klassieke boheemse troudag.  Ongelukkig moes Rico en Elani hulle troudag uitstel.  Elani het besluit om steeds haar winter trou tema te behou met hulle nuwe troudatum in die somer.  Ten spyte van die onvoorspelbare aanpassings, was hul troudag steeds perfek.

Elani het die verantwoordelikheid op haarself geneem om hulle troudag te beplan, en sy het dit só geniet!  ʼn Boheemse tema kan soms té rustiek voorkom as dit nie heeltemal die gevoel is wat jy soek vir jou troudag nie.  Elani het dit goed gedink om ʼn klassieke aspek hier by te voeg, om sodoende die tema meer elegant te laat vertoon.

Die paartjie het hul wittebrood gehou in die Tuinroete by Turbine Hotel en Garden Route Game Lodge.  Ons het al albei die wittebrood bestemmings self besoek en Mooi Troues se lesers kan hier meer lees oor ons ervaring by Turbine Hotel; lees hier oor ons ervaring by Garden Route Game Lodge.  Opsoek na plaaslike wittebrood bestemmings?  Gaan kyk wat ons al besoek het en lees ons ervarings deur hier te klik.

Met ʼn span fantastiese trou diensverskaffers kan dit groot pret wees om jou eie troudag te beplan.  Klik hier om na ons trougids te gaan kyk vir betroubare diensverskaffers in jou nabye omgewing.

Rol af en geniet nou die klassieke boheemse woud troue van Rico en Elani.

Paartjie se Liefdesreis:


Ek, Elani, is ʼn fotograaf en moes ʼn troue in ons dorp, Hoopstad, afneem.  Min het ek geweet dat die seremoniemeester vir daardie spesifieke troue, Rico, my trouman sou wees.  Rico wou die heeltyd help om my kamera gereedskap vir my te dra.  Al het ek meer as een keer “nee dankie” gesê, het hy steeds heeltyd aangebied om te help.

So het ons daardie troudag ontmoet en met ons eerste kuier in Struisbaai, na 3 maande, toe weet ons ons is vir mekaar bedoel!

Soos wat die jare verby gaan, gaan ons elke September gedurende vakansie na die Kruger Wildtuin toe vir ʼn wegbreek.  Die een spesifieke wegbreek tydperk neem hy my toe na my gunsteling plek toe, Summerfields Spa.  Dit was toe waar hy my toe die groot vraag gevra het.

Die Verlowing Tydperk:


Vanaf September 2019 was ons verloof en het die 20ste Maart 2021 getrou.  Ons sou die 29ste Augustus 2020 trou, maar weens KOVID-19, moes ons die trouE aanskuif.  Ons troue was ʼn selfdoen troue, ek het sommer self alles beplan.

Trou Begroting:


Gelukkig was ek in ʼn bevoorregte posisie waar ek redelik kon kies waarvan ek gehou het. Ek het wel ook my perke geken, om nou nie “way out” te gaan met die begroting nie.  Alles waarvan ek gehou het, het my pa darem goedgekeur.

Baie paartjies sê altyd – “hoekom so baie spandeer aan iets wat net vir ʼn paar ure duur, ons kan eerder daai geld gebruik om huis op te sit of te reis”.  Wel baie min van die gevalle wat ek al van gehoor het – gebruik dan daai geld vir daai redes.  Daarom voel ek, as jy in ʼn bevoorregte posisie is om wel ʼn lekker troue te kan hou – DOEN DIT, want dis EEN dag in jou lewe en die LEKKERSTE kuier in jou lewe.  Vir my was ons troudag by ver die lekkerste dag in my lewe en sou ek dit glad nie anders wou hê.  Jy lewe een keer – so doen alles voluit in die lewe, want jy weet nie vir hoe lank jy gespaar sal bly nie.

Merkwaardigste Oomblikke:


Verseker (en almal se dit seker) – die oomblik toe ek daar afstap en vir Rico die eerste keer sien.

Ook ʼn baie groot oomblik van ons troudag – om te besef almal wat daar was is mense vir wie ek en hy regtig baie lief is, en hulle vir ons. Die groot waardering wat ek gehad het vir my ouers, familie en vriende wat daar vir ons was.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Hou net koelkop.  Dis ʼn voorreg om ʼn troue te kan reël – onthou dit altyd – so geniet dit!  Almal gaan hul sê wil sê, dit maak mens soms gedaan, maar ja en amen maar net meeste van die tyd op dit eerder as om te redeneer.  Sien dit as ʼn potjie waarin almal papiertjies met opinies ingooi, jy kan self kies wat jy wil uithaal en wat jy wil los.

EN DAN – moenie te behep raak met die troudag se materiële en aardse goed soos die rok en blomme nie!  ONTHOU waaroor dit gaan – sit jou fokus op dis ʼn gelofte wat jy aan God maak, jy trou met die persoon wat God aan jou as ʼn geskenk gegee het.

Paartjie se styl:


Omdat ons in die winter sou trou – wou ek ʼn winter “look” doen.  Gedroogte blomme, “nude”, wit, en neutraal met bietjie swart.  Steeds het ek volgehou met die “look” al was dit somer – en steeds het dit stunning gelyk! My rok was ʼn boheemse rok – ek wou boheems klasiek doen (met Rico se pak ook).  Nie te veel boheems nie, soms kan dit te veel wees – daarom het ek die klasiek ingebring.

Die Besluitnemingsproses:


Ek het meeste besluite geneem omdat ek die hele troue self gereël het.  Ek het wel altyd my idees vir Rico en my ouers gewys, maar hulle was darem altyd gelukkig met wat my idees was en het altyd saamgestem.

Gunsteling Diensverskaffers:


Oe aarde!  ALMAL was oulik!  Die Woud se personeel is UITSTEKEND en net ʼn groot plesier om mee saam te werk!

Ons was mal oor Koringkriek, ons fotograwe!  Hulle persoonlikhede is so uniek en hul maak jou dag vir jou so lekker!

En dan was ek baie erg oor Liezl van Liezl Kotze Floral art.  Sy laat jou altyd rustig voel omdat sy net so vrek goed is in dit wat sy doen – dat mens haar net kan los met jou idees en weet dit gaan baie mooi lyk!

DJ Eddie het die lekkerste musiek gemaak – So baie van ons gaste het na die tyd gesê hoe lekker die musiek was.

Second Luke Films se mense is net so aangenaam en dit was ook so lekker om hul die dag daar te kon hê.

Venue & Dekor:


Die Woud was nog altyd een van my droom plekke waar ek wou trou.  Eintlik Emily Moon in Plettenbergbaai was van kleins af my nommer een keuse – maar dit is net te ver van almal af en daarom kies ons toe Die Woud – en soos ek noem – sou ek niks anders wou hê nie.  Ek is van die Vrystaat en Rico van die Weskus – so ons gaste moes ver reis en daarom het ek Die Woud gekies – omrede, kies ʼn venue wat dag en nag mooi gaan wees as wat ons ʼn venue kies wat in die dag mooi is met al die uitsigte, maar in die aand sit jy in ʼn saal wat maar net in enige plek kon wees.

Die dekor – Soos vorige vraag wat gevra is – was dit ʼn winter look met neutrale, “nude”, wit en bietjie swart kleure.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


O ja!  Ons het troue aangeskuif van 29 Augustus 2020 na 19 Maart 2021.  Ons het die 29ste Augustus Die Woud gebel om te hoor hoe die weer sou wees (omdat dit ʼn buite venue is) en daai dag toe reën dit, die wind waai, dit het selfs kapok en dit was slegs 5 grade!!  Die 19de Maart was die weer PERFEK!  So die Here weet altyd beter.

Wittebrood:


Ons twee wou so graag oorsee gaan, maar kon nie weens KOVID-19 en daarom beplan Rico toe ons wittebrood met behulp van vriende en ʼn reisagent.  Ek het ook baie geskimp waarvan ek hou – natuurlik soos Emily Moon – Dis my gunsteling plek op die hele planeet al vandat ek ʼn klein dogtertjie is!  So toe ek hoor ons gaan soontoe – het ek sommer in trane uitgebars. Emily Moon se swembad was vriesend koud – maar ekt net gaan swem omdat dit “Emily Moon” se swembad is.

Ons was ook by Garden Route Game Lodge, The Turbine Boutique Hotel in Knysna en toe laastens by Emily Moon in Plettenbergbaai.

Vermaak:


Ons het net ʼn platejoggie gehad en ʼn Gin Bar met Buitelug braai pizzas toe die mense by die venue aankom na die troue.

Eerste Dans:


Ja ons het – Cranberries – Dreams.  Rico my man het my sommer leer dans – want hy dans regtig baie goed.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: