Darryn & Elize se selfdoen wynkelder troudag

Darryn en Elize deel raad dat mens eerste geld uit jou troudag begroting moet spandeer op aspekte wat jy as belangrik ag.  Vir hulle was die trouvenue een van die belangrike aspekte.  Die gevoel van hul gekose venue het ʼn groot rol gespeel om by te dra tot hul baie unieke selfdoen wynkelder troudag.

Die paartjie het inspirasie getrek uit hulle trou bestemming vir die dekor.  Oor dit so ʼn unieke spasie was, was dit nie nodig om baie addisionele dekor in te bring nie.  Dit was ʼn baie koste effektiewe en slim besluit oor Darryn en Elize self hulle troudag beplan het.  Hulle het die ekstra myl gegaan en werklik kreatief geraak met handgemaakte items vir hul troudekor wat so ʼn intieme gevoel geskep het.

Hulle het vir hul intieme onthaal, asook hul wynkelder seremonie, gebruik gemaak van Southern Sound om musiek te verskaf.  Dit is belangrik om op te let na die kapasiteit gaste wat jou venue kan akkommodeer teenoor die hoeveelheid gaste wat jy gaan nooi in orde om die gekose gevoel te skep.  Darryn en Elize het dit perfek reggekry en hulle het ʼn pragtige, intieme troudag gehad.

Rol nou af om meer te sien van Darryn en Elize se selfdoen wynkelder troudag.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het in 2017 ontmoet by ʼn konsert in ʼn park in die mooie Kaapstad, en alhoewel dit nie liefde met die eerste oogopslag was nie, was ons onafskeidbaar van daardie dag af.

In 2019 het ons besluit om ʼn naweek by Copia Eco Cabins te spandeer vir ons twee jaar herdenking.  Darryn het die verlowing geheim gehou en my voete onder my uitgeslaan met die mooiste Morganiet verloofring.

Die Verlowing Tydperk:


Ons het van die begin af besluit op ʼn lang verlowing en was dus net so oor die twee jaar verloof voordat ons getroud is.  Ons het besluit om die troue self te beplan.

Trou Begroting:


Ons begroting was R150 000 en ons het oorspronklik beplan om 60 gaste onthaal.

Dit was redelik maklik om by die begroting te hou.  Ons het vroeg begin om kwotasies aan te vra en dit met mekaar te vergelyk.

My raad aan ander paartjies is om eers te besluit wat vir jou die belangrikste is en om dan jou begroting op te stel.  Vir ons was ons fotograaf, die kos en die venue die belangrikste en dit is waar ons die meerderheid van ons begroting spandeer het.

Merkwaardigste Oomblikke:


Elize:

Vir my was dit die oomblik toe ek vir Darryn voor in die wynkelder sien staan.  Die wêreld kon op daardie oomblik vergaan en ek sou dit nie eers geweet het nie.

Darryn:

Toe ek uiteindelik vir Elize by die kansel sien afloop.  Sy het ongelooflik gelyk, soos iets uit ʼn sprokiesverhaal.

Dit was wonderlik om te beleef hoe ons verwagtinge van ons mooiste dag tot lewe gekom het en hoe al ons gaste dit geniet het om bymekaar te wees en gesellig te kon kuier.

Die Besluitnemingsproses:


Ons het baie besluite saam geneem maar elkeen het ook sekere afdelings gehad soos byvoorbeeld dekor was meer Elize se afdeling en Darryn het die keuses rondom musiek en kos behartig.

Gunsteling Diensverskaffers:


Sjoe!  Hoe kies ons?  Al ons diensverskaffers was ongelooflik en ek dink nie dat ek regtig een kan uitsonder as ons gunsteling nie.  Ek kan met ʼn geruste hart elkeen van ons verskaffers aanbeveel. Sonder hulle sou ons troue nie naastenby perfek kon wees nie.

Vermaak:


Ons het gebruik gemaak van Liam Culbert Musiek vir die canapés en hy was ʼn gunsteling onder die gaste.

Vir die seremonie en onthaal het ons van Southern Sound gebruik gemaak.  Hulle was puik!

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


So cliché as wat dit klink was ons dag perfek, en daar is niks was ons sal wou verander nie.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruide:

Excel is jou beste vriend wanneer dit kom by beplanning en begrotings.  Maak tyd om alleen eenkant te staan saam met jou nuwe man om alles in te neem.  Die dag gaan regtig vinnig verby.

Bruidegomme:

Die dag is besig en daar is baie om te doen.  Maak tyd om alles in te neem.  Herinner jou bruid om te hidreer.

Venue & Dekor:


Die trouvenue was die pragtige Kalmoesfontein in die hartjie van die Swartland.  Ons het besluit om die venue as inspirasie te gebruik en omdat alles alreeds so mooi en “quirky” is het ons minimaal dekor ingebring.  Ons het ook ʼn 1,000 origami voëltjies gevou wat ons orals opgehang het.

Wittebrood:


Ons het besluit om ons wittebrood plaaslik te hou a.g.v. KOVID-19.  Ons het ʼn week in die Klein Karoo spandeer.

Eerste Dans:


Ons het n eerste dans gehad.  Die liedjie wat ons gekies het was ʼn cover van Simply the Best.  Ons het nie vir lesse gegaan nie.

    Artikel Diensverskaffers:

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: