Arno & Anandi se “steam-punk” verlowingsfotosessie

ʼn “Steam-punk” tema het ʼn speels en romantiese gevoel geskep aan Arno en Anandi se verlowingsfotosessie in die stad.  Nadat hierdie paartjie verloof geraak het op ʼn branderplank in Thailand, wou hulle iets uniek skep met hulle verlowings fotosessie.

Verskeie aspekte kan ʼn rol speel om by te dra tot ʼn tema wat jy kies vir jou verlowingsfotosessie.  Arno en Anandi het ʼn misterieuse gevoel geskep met hulle leer baadjies en donker uitrustings.  Die tema is mooi afgerond met die perfekte venue en fotograaf.  Die beligting in die restaurant en die stedelike geboue het die prentjie voltooi saam met die warm styl van die fotograaf in die foto’s.

Arno en Anandi droom van ʼn troudag waar al hulle gaste net hulle gate uit sal geniet op die dag wat hulle hul liefde vir mekaar vier.  Is jul dalk besig om julle troudag te beplan?  Gaan loer na ons Mooi Troues se Trougids vir tonne diensverskaffers in jou area.

Rol nou af om die prag mooi foto’s te sien van hul “steam-punk” verlowingsfotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het groot geword en saam skool gegaan in ʼn klein dorpie in die Oos-Kaap, Joubertina.  Dit was eers na skool wat ons beste vriende begin raak het.  Arno het vir ʼn nuwe werksgeleentheid Kaapstad toe getrek en ons het vir ʼn tyd lank kontak met mekaar verloor.  Met een uit die bloute Oujaarsaand boodskappie, het ons vriendskap weer vlam gevat en het ons verhouding daaruit ontstaan en Anandi toe ook Paarl toe verhuis het om die verhouding ʼn regverdige kans te gee.  Ons was 2 jaar in ʼn verhouding voor ons verloof geraak het.

Die groot vraag:


Ons het verloof geraak 18 November 2018 op ʼn branderplank in die middel van die Phileh Lagoon in Thailand.  ʼn Groot verassing!  Ons was op vakansie saam met vriende en hulle het die ring by hulle gehou, waar ek dit nie in die hande kon kry of sien nie.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Na ons verlowing in November 2018, het ons beplan om eers in September 2020 te trou, maar met KOVID-19 is ons trou datum nou na 25 September 2021 geskuif.

Die verloofring:


Alhoewel dit vir Anandi ʼn verassing was, het sy die ring gekies (lank voor die verlowing).  Ons het eendag vir nuuskierigheid gekyk hoe duur verloofringe is.  Sy het by Browns ʼn verloofring gesien waarvan sy baie gehou het.  Arno het die naam van die ring gekry en dit by hom gedra tot hy besluit het om aan ʼn verlowings plan te werk.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Beide van ons was nog nooit vir ʼn professionele fotosessie nie … Só het dit goed gedink om dit te doen voor die troue om meer gemaklik te raak voor die lens en asook met die fotograaf.  Bonus dat dit ingesluit was by die trou pakket van die fotograaf.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Anandi hou van die “steam-punk” effek, leer baadjies en die geboue van die stad.  Het iets gesoek wat anders is as die gewone fotosessies en ʼn klomp idees waarvan ons gehou het bymekaar gegooi.

Visie vir droomtroue:


Ons droom troue sal ideaal wees as almal net hulself geniet en hul voete seer dans!  Daar gaan so baie reëlings en tyd in die beplanning in, maar al wat ons wil sien is dat almal hulself geniet.

KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:


Ja, ons troudatum was reeds vasgemaak vir die 26ste September 2020.  Met inperkingsvlak 5 in Maart 2020 wat verleng was, het ons besluit om eerder die troue met ʼn jaar uit te stel.  Daardie tyd het ons gedink dat teen September 2021, KOVID-19 al ʼn ding in die verlede sou wees.  Baie van ons familie en vriende kan ongelukkig ook nie die troue bywoon nie a.g.v. KOVID-19.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het.  ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: