Marcus & Leanne se verlowing in die bos

Vandag deel Mooi Troues hierdie spontane paartjie se fotosessie in die woud.  Dit is afgeneem is deur Gustav Klotz Photography.  Die paartjie het besluit om hul “honde kinders” ook teenwoordig te hê en het sodoende ‘n speelse element bygevoeg tot die fotosessie.  Die paartjie het ook verskeie foto’s saam met ‘n perd wat by hul ryskool is, geneem.  Hulle beplan ook om die perd te inkorporeer by hul troudag.  Vir meer hieroor kan jy in die artikel rondsnuffel en dan sommer ook lees oor die unieke manier hoe Marcus haar gevra het om sy vrou te word.  Die paartjie lyk pragtig en ons kan nie wag om te sien hoe hul troudag gaan lyk nie!  Aangesien die twee effens wegskram van die gewone benadering tot ‘n tema vir die geleentheid, sal dit beslis interessant wees.

Gustav Klotz Photography Gustav Klotz Photography Gustav Klotz Photography Gustav Klotz Photography Gustav Klotz Photography

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het op ‘n paragliding kursus ontmoet.  Leanne was reeds gekwalifiseer en Marcus het net begin met sy kursus.  Hulle het toevallig steeds klasse saam gehad.  Sy was die spesifieke dag bang en het onveilig gevoel.  Marcus het toe uit sy eie na haar toe gegaan en probeer om haar aan te moedig om nie bang te wees nie.  Ons het van die eerste dag af ‘n konneksie gehad en soos ou vriende oor die weg gekom.  Ek was eers te skaam om te erken hoe ek voel en het dit probeer afspeel, maar een spesifieke dag toe ons by die strand vlieg, toe land Marcus perongeluk sy vlerk oor my. Soos ons saam lag en uit die nes van toutjies probeer klim het ek besef sy kan dit nie meer ontken nie.  Marcus sê ook dat hy nog altyd aangetrokke is tot my sagtheid, glimlag en avontuurlus.

Gustav Klotz Photography Gustav Klotz Photography Gustav Klotz Photography Gustav Klotz Photography Gustav Klotz PhotographyGustav Klotz Photography Gustav Klotz Photography

Hoe het julle verloof geraak?


Marcus vertel dat hy aanvanklik beplan het om die groot vraag te vra tydens ‘n perde-rit, maar het besef dat hulle dit eers aan die einde van hul wegbreek sou doen.  Hy was op die punt om die verlowing uit te stel na hul volgende vakansie, maar sy ma het hom oorreed om in elk geval die ring saam te vat.  Gelukkig het alles binne ‘n uur in plek geval by hul eerste stop-punt en het alles perfek verloop!

Leanne vertel sy kon nie glo hoe goed Marcus alles vir haar weggesteek het nie! Ons het vir ‘n week weggegaan na ons gunsteling Bed en Ontbyt, Bitou River lodge in Plettenbergbaai gegaan.   Op die eerste oggend toe hulle my ontbyt vir my bring, was dit nie eiers soos ek bestel het nie, maar ‘n bord vol rose en ‘n klein swart boksie in die middel.  Toe maak hy dit oop, gaan af op een knie en vra die groot vraag.   My asem was weggeslaan van skok en blydskap!  Ek het die ja-woord darem uitgekry voor die trane oorgeneem het.

Gustav Klotz Photography Gustav Klotz Photography Gustav Klotz Photography Gustav Klotz PhotographyGustav Klotz Photography Gustav Klotz Photography Gustav Klotz Photography Gustav Klotz Photography Gustav Klotz Photography Gustav Klotz Photography wedding photography

Wat was die inspirasie vir jul fotosessie?


Die fotosessie was ‘n asemrowende geskenk van spesiale vriende van ons. Nie een van ons twee is mal oor foto’s neem nie, maar dit was verbasend maklik en ons fotograaf, Gustav Klotz, het ons help ontspan en die hele ondervinding soveel pret gemaak.  Ons het twee temas gehad, eers ‘n “Middeleeuse prins en prinses” tema saam met een van ons perde, en toe ons familie foto’s met ons honde-kinders.

Gustav Klotz Photography Gustav Klotz Photography wedding photography Gustav Klotz Photography Gustav Klotz Photography wedding photography

Hoe lyk jul droomtroue?


Ons droom troue gaan ‘n naweek van ontspan en kamp wees, hoe meer ontspanne hoe beter! D it gaan in pragtige tente geleë in ‘n woud naby Elgin saam met ons vriende, familie en diere-kinders.  Ons gaan ‘n tipe Keltiese seremonie hou met ‘n “handbinding” tradisie om ons simbolies saam te bind, in die veld net buite die woud met die berge en velde om ons.  Ek sal in ry op een van ons perde na waar Marcus en die honde kinders vir my wag en die ringe sal tien teen een deur een van ons valke in gevlieg word.  Na dit ‘n spitbraai en dans op die grasperk tussen die bome.

Gustav Klotz Photography wedding photography Gustav Klotz Photography wedding photography Gustav Klotz Photography wedding photography Gustav Klotz Photography wedding photography Gustav Klotz Photography Gustav Klotz Photography wedding photography wedding photography Gustav Klotz Photography wedding photography Gustav Klotz Photography

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    • Perd: Highland Riding Academy (Ons ryskool)
    • Perd se klere: Animal Attractions
    • Vervoer vir perd: African horse Carriers
    • Middeleeuse klere: Annies Wardrobe