Stephan & Dezi se sagte selfdoen romantiese bruilof

In dié artikel van Mooi Troues deel ons die sagte selfdoen romantiese bruilof van Stephan en Dezi.  Dié paartjie is hoërskool liefdes stap al verseker ʼn lang padjie saam.

Dié pragtige bruidspaar wou ʼn tydlose en stylvolle benadering gevat het toe dit by hul romantiese selfdoen bruilof kom.  Dezi spog in haar elegante glinster wit trourok met ʼn titseltjie sexy wat bygedra word met die oop laer rug.  Stephan lyk dapper in sy pasgemaakte swart elegante troupak.

Stephan en Dezi se sagte selfdoen romantiese bruilof sal met al Mooi Troues se lesers se hartsnare speel.  Wanneer dit gekom het by die besluit om ʼn trouvenue te kies, het dié bruidspaar na moderniteit en natuur gekyk.  Verder gaan die troudekor van dié bruilof so perfek met die trouvenue.  Daar word gebruik van sagte romantiese styl van troudekor wat steeds die stylvolheid en moderniteit bydra.

Mooi Troues se lesers wat hul eie selfdoen bruilof beplan  en op soek is na troudiensverskaffers om by te dra na hul visie vir hul droom dag, moet asseblief na Mooi Troues se aanlyn trougids gaan deur hier te klik.

Stephan en Dezi is die definisie van romanse, rol nou af en geniet meer van dié sagte selfdoen romantiese bruilof.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het ontmoet in Januarie 2007, op 16 jaar oud.  Op 20 Julie 2007 het Stephan vir Dezi uitgevra en dit was die begin van ons verhaal.  Ons het saam gematrikuleer, saam gestudeer op die PUK en ook saam Pretoria toe getrek. Na 5 jaar in Pretoria, het ons terug verhuis na ons tuisdorp, Parys.

Stephan het vir Dezi gevra om verloof te raak, op 14 Februarie 2020.  Stephan is ʼn professionele gholfspeler, en hy het Dezi gevra om verloof te raak langs die rivier op die gholfbaan wat ons al so baie saam geloop het…van skooldae af.  Dit was ongelooflik spesiaal.

Besoek Dezi en Stephan se trou webblad deur hier te klik

Die Verlowing Tydperk:


Ons was 18 maande verloof.  Sou aanvanklik die 23ste Januarie 2021 getrou het, maar, weens Kovid moes ons ongelukkig uitstel na die 14de Augustus 2021.  Ons dag het so perfek afgeloop dat ons glo dit was die Here se plan gewees.  En ons het ons troue self beplan en nie ʼn trou beplanner gehad nie.

Trou Begroting:


Ons trou begroting was R250,000 en ons het 70 gaste onthaal.  Ons het vir elke diens verskaffer wat ons benodig het minstens 3 kwotasies gekry en met die opsie gegaan binne ons begroting.  Daar was hier en daar kostes wat ons nie verwag het nie, bv. ons moes ons onthou-die-datum en trou kaartjies twee keer laat druk weens die datum wat verander het.  Ons het sover moontlik probeer om verskaffers in die area van ons trou venue te gebruik om onnodige reiskoste te vermy en het bv. die troukoek deur ons venue laat bak wat aansienlik goedkoper uitgewerk het.

Merkwaardigste Oomblikke:


Bruid:

Om my man te sien by die seremonie en om sy emosie te kon beleef.  Ek sal altyd onthou hoe spesiaal elke gas ons laat voel het en hoe bly hulle saam met ons was oor ons groot dag.

Bruidegom:

Toe my bruid om die draai van die kapel gekom het en ek haar die eerste keer gesien het.  Sy het my asem weg geslaan.

Vermaak:


Ons het slegs Sonic State Productions gehad wat ons musiek in die kerk, by die kanapees, die onthaal en vir die dansbaan hanteer het.

Paartjie se styl:


Ons wou graag altwee baie stylvolle en tydlose uitrustings gehad het.  Die bruid se fokus was op elegant en ʼn trourok wat so bietjie anders lyk as die normaal, so daar was basies geen kant op haar trourok nie. Daar was net so ietsie van ‘sexy’ met die lae rug en tipe van ʼn lae ‘V-lyn’ voor.  Die sagte glinster materiaal het bygedra tot die elegante en tog romantiese tema.

Die bruidegom wou graag ʼn donker troupak hê met die swart kraag en wou dit ook baie elegant hê.  Sy troupak is ook presies op maat gemaak vir sy mates en het perfek gesit.

Ons sou ons trouringe ook beskryf as tydloos, maar tog modern.

Die Besluitnemingsproses:


Alle besluite saam geneem, die bruid sou dalk meer die opsies kry en ons sou dan saam finaal besluit.  Die uitkyk was dat dit ONS groot dag is en nie net die bruid of bruidegom sin nie.  Ons het graag ons ouers se opinies gevra en insette gekry, maar as bruidspaar het ons gekies wat vir ons die mooiste, spesiaalste was.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


As ons terugdink kan ons nie kla oor iets wat verkeerd geloop het nie.  Al ons verskaffers was op tyd, die dekor en blomme was presies soos die idee wat ons in ons koppe gehad het.

Ongelukkig was dit ʼn baie koue naweek en ons was bekommerd oor die wind, maar gelukkig, tydens die seremonie wat buite was, was die wind heel draaglik en die opwinding glo ons het ons warm gehou.

Ons blomme verskaffer het ook die Vrydag voor die troue laat weet dat sy iemand in haar plek stuur, maar gelukkig was Nelia en haar span puik en alles was perfek.

Venue & Dekor:


Ons het die trouvenue gekies gebaseer op die moderne elemente asook die ‘natuur’ elemente.  Dié trouvenue het ʼn baie goeie balans tussen modern en natuurlik en vars.  Die lewendige plant ‘mure’ was vir ons ongelooflik mooi saam met die vars wit en die moderne meubels.  Dit is intiem, maar kan steeds baie gaste akkommodeer vir die seremonie en die onthaal.  Daar is ook baie, moderne akkommodasie beskikbaar vir gaste en dit was gerieflik vir ʼn naweek troue wat ons graag wou hê.

Ons troudekor inspirasie was ‘sag’, ‘romanties’, ‘minimalisties’ en ‘modern maar tydloos’.  Ons wou die gevoel van intiem en gesellig hê.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Ons het onsself belowe dat enige iets wat nie volgens ons plan of prentjie uitwerk na die Donderdagaand nie voor die troue nie, moet uitwerk soos dit uitwerk, ons het geen beheer daaroor nie.  Dit het ons soveel spanning gespaar.  Hê ʼn uitkyk dat al verloop alles nie perfek nie, dit is nie die einde van die wêreld nie.  Geniet net die dag saam en neem die spesiale oomblikke in.

Sal definitief ʼn naweek troue aanbeveel.  Ons het die Vrydag venue toe gegaan en meeste van ons gaste was ook reeds daar en ons het saam gebraai en die aand geniet.  Die venue het met ons trou dekor en blomme vir ons en ons 53 gaste wat oorgeslaap het, die Sondag ʼn tafel gedek vir ontbyt en ons het van die Vrydag tot die Sondag gevier.

Gunsteling Diensverskaffers:


Sjoe … ons het ongelooflike diensverskaffers gehad, almal het ons tegemoet gekom met die skuif van ons troue en geen ekstra koste gevra aangaande die skuif nie.  En elke een was so vriendelik en behulpsaam.  As ons moes kies sal ons die volgende 5 van 1 tot 5 uitsonder:

  1. Stella Uys Photography
  2. Werner Dey Couture
  3. Met Liefde Ontwerp
  4. Pink Flower Productions
  5. FDK Styling

Maar, ons kan in alle eerlikheid elke diensverskaffer ongetwyfeld aanbeveel.

Spesiale Tradisies:


Ons het geen tradisies gehad nie. Ons het ook nie ʼn kousband gehad of die bruid se ruiker gegooi nie.

Wittebrood:


Ons wittebrood was ongelooflik.  Dit was ons eerste vakansie alleen.  Ons het deur ʼn gedeelte van die Wes-Kaap getoer.  Weens Kovid het ons niks vooruit geboek nie.  Ons het van Knysna tot Kaapstad getoer.  Dit was so lekker om niks te lank voor die tyd geboek te hê nie, soos wat ons by een plek gekom het, het ons die volgende verblyf geboek.  Ons het graag staproetes gedoen.  Die een oggend, in Knysna, het ons besluit ons gaan ‘n staproete stap, dit is so mooi area.  Ons was so vasbeslote om die mooi te gaan sien dat ons in die reën vir 2 ure in ʼn woud gaan stap het.

Eerste Dans:


Ons eerste dans was op ‘My Alles‘ gesing deur Demi Lee Moore.  Die woorde van die liedjie is so ʼn raak beskrywing van hoe ons oor mekaar voel. Ons was in 14 jaar nog nooit langer as 10 dae nie bymekaar nie(en dit het omtrent net 2 of 3 keer gebeur).  Nie een van ons funksioneer lekker sonder die ander een nie.

Ons het in die aande geoefen op ʼn YouTube tutoriaal, maar op die dag kon ons nie vreeslik dans wat ons geoefen het nie omdat my skoene heeltyd gegly het op die dansbaan … my man was te bang ek val, maar ons het aangegaan asof niks fout is en niemand het iets agtergekom nie.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: