ʼn Boheemse Droom Trou Inspirasie

Droom jy boheems vir jou troudag?  Mooi Troues bring in die inskrywing nuwe trou idees na jou toe, ʼn boheemse droom trou inspirasie.

Hierdie gestilleerde fotosessie is saamgestel om ʼn gesamentlike visie van moderne tendense en ʼn moeitelose styl uit te beeld.  ʼn Boheemse trou tema is is ʼn goeie keuse as jy iemand is wat lief is vir die natuur.  Die kleurskema is van so aard dat dit die natuur komplimenteer.  Dit skep ook steeds genoeg ruimte vir kreatiwiteit en ʼn moderne styl.

Die trourokke wat gebruik was vir hierdie fotosessie beeld mooi uit dat ʼn boheemse tema vir die bruid ook geleentheid skep om ʼn unieke styl trourok te dra.  ʼn Kreatiewe styl wat jou as bruid uitbeeld en steeds by jou trou-tema inskakel.

Is jy moontlik besig om jou troudag te beplan en is opsoek na betroubare diensverskaffers om te deel in jou visie?  Klik hier, om te gaan loer na ons webjoernaal se trougids.  Propvol trou diensverskaffers in jou area.

Rol nou af en vind nuwe trou idees in die boheemse droom trou inspirasie.

Wie het die fotosessie gereël?


Melisse Motylski

Inspirasie agter die fotosessie:


ʼn Visie van moderne tendense, moeitelose styl.  Met bruide as die hooffokus met hul vloeiende rokke wat swaai soos in ʼn droom.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ek het nagevors en gesoek na verskaffers wat vir my uitgestaan het.  Ook probeer om soveel moontlik plaaslike verskaffers te gebruik, wat dieselfde passie vir die gestilleerde projek gehad het.  Dit is presies wat ons as ʼn span in gemeen gehad het, passie.  Die fotosessie het die visie met kreatiwiteit en ambisie saam versmelt met al die verskaffers wat daaraan gewerk het.

Agter die skerms van die fotosessie:


Ons het te veel koekies op die stel geëet!  Die dame wat die koek gebak het, het ons bederf met vars gebakte sjokolade splinter koekies.  Ek moet sê ons het regtig geen probleme gehad nie.  Ons het almal saam gewerk en alles het net mooi verloop.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Die oomblik toe ons almal op die stel arriveer, was dit ʼn samevloei van spontane kreatiwiteit en kunstigheid.  Dit was uitsonderlik!

Dekor:


Die dekor is geïnspireer deur die huidige tendense boheemse styl.  Ons het roosgoud eetgerei gekies.  Dit skakel in by die sagte pienk skakeurings wat regdeur die stilleering van die sessie uitstaan.  Hand gevlegte macramé is ook bygevoeg met kaartjies wat spesiaal ontwerp is om by die boheemse tema in te pas.  Ons het ʼn groot verskeidenheid dekor items gebruik wat alles die boheemse styl komplimenteer.

Kleurskema:


Die kleure is gekoördineer deur die styl van die foto sessie en die omgewing.  Die kalm atmosfeer, natuurlike kleur van die pampas en skakerings van bruin met die sagte aanrakings van pienk.  Dit beklemtoon die meer natuurlike, sagter en neutrale kleure.

Venue en Ligging:


Een van die belangrikste punte was om op plaaslike plekke te fokus.  Die venue wat ek gekies het, het perfek gewerk.  ‘n Pragtige natuurlikheid wat ek vir die fotosessie wou hê, is mooi uitgebeeld.  Die venue het ook pragtige akkommodasie op die terrein, wat ʼn groot bonus was.

Trourokke:


Ek het Sila Bridal vir ʼn rukkie op sosiale media gevolg en die rokke is absoluut pragtig!  Ek het opgemerk dat hulle ʼn versameling spesifiek vir boheemse bruide het.  Die rokke was perfek vir wat ek in gedagte gehad het.  Hulle het verskillende versamelings wat akkommoderend is vir verskeie style en visies.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Beplan vooraf en bespreek u verskaffer vroegtydig. Miskien het jy daardie een verskaffer wat jy regtig graag op jou groot dag wil hê!  Bruide bespreek gewoonlik verskaffers maande vooruit.  Jou datum kan ongelukkig reeds vol wees as jy jou besprekings vir die laaste minuut laat.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het.  ʼn Toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: