Christo & Rochelle se woudagtige selfdoen troue

Hier by Mooi Troues is ons opgewonde om meer oor Christo en Rochelle se woudagtige selfdoen troue met ons lesers te deel.  Die paartjie se troue bied soveel inspirasie en wys ander paartjies hoe vinnig ʼn troue gereël kan word.

Christo en Rochelle wou iets eenvoudig, maar steeds stylvol en formeel hê vir hul woudagtige troue.  Die pragtige dekor en blomme is gedoen deur Anrule Plant and Decor hire.  Hulle het dit beslis baie mooi reggekry en die hele venue se trou dekor het so perfek ingepas by die hele atmosfeer van die trou venue.  Die hout tafels met die wit stoele en groen dekor elemente was so perfekte illustrasie van wat Christo en Rochelle op hul troudag wou hê.  Indien jy tans besig is met troubeplanning en gebruik wil maak van Anrulè Plant and Decor Hire, kliek gerus Anrule Plant and Decor hire

By dit gesê was die strooimeisies se donkergroen rompe en die strooijonkers se donkergroen dasse so komplimenterend by die hele dag.  Al die verskillende elemente was ʼn perfekte wanbeeld van die woudagtige selfdoen troue.

Rol gerus as en geniet Christo en Rochelle se woudagtige selfdoen troue.

Paartjie se Liefdesreis:


Hy het my op ʼn troue raakgesien.  ʼn Paar maande later het ek minwetend na dieselfde dorp as hy getrek, ons vriende in gemeen wou hom voorstel aan my maar het nooit daarby uit gekom nie en hy het toe self my nommer by die plek waar ek gewerk het gekry.  Hy het my gebel en ʼn afspraak met my gereël.  Dit is toe waar alles begin het.

Met die verlowing het hy maar sy tyd gevat, hy het die oggend nog gewerk (sodat ek niks moet vermoed nie) en die middag toe gaan ons na hulle plaas op Roedtan waar hy onder ʼn mooi boom ʼn hele piekniek vooraf beplan het, ons het daar aangekom en op pad in die kamp in toe vang my oog die piekniek en dis waar hy my gevra het om te trou.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was net 4 maande verloof gewees, ons altwee het nie die doel daarin gesien om so lank verloof te wees nie.  Ons het ook die hele troue self beplan.

Merkwaardigste Oomblikke:


Dit was vir ons albei die beste oomblik toe ek by die trougang afgestap het en ons mekaar vir die eerste keer sien.  Christo het so baie gehuil.

Finansiële Aspekte:


Ons het ʼn begroting opgestel sodat ons iets het om vanaf te werk.  Op die ou end onder ons begroting, maar ons het nie ons begroting regtig gevolg nie, dit was net daar vir leiding.  ʼn Totaal van 120 gaste was genooi en by die troue het ons net 100 gaste gehad.

Ons advies sal wees om nie baie klein goedjies soos byvoorbeeld plakkers op die waterbottels, by die troue te hê nie, dit vat onnodige stres en mense sien die klein goedjies wat baie moeite vat nie eintlik raak nie.

Paartjie se styl:


Ons het probeer om nogsteeds by die mooi venue se styl te hou omdat dit so mooi tropies/woud area is in Magoebaskloof.  Christo het ʼn vlootblou pak met ʼn wit hemp en ʼn donkergroen das gedra (dieselfde groen as my strooimeisies se rompe) en ek het ʼn “trumpet” styl rok gehad met kant op die bokant en aan die buitekant van my lang sleep.  Ons altwee is nie iemand wat “over the top” wil wees nie, en het dit nogsteeds baie formeel gehou.

Ons trouringe is meer modern, my ring is goud met ʼn ovaal diamant en ʼn pant met klein diamantjies.  Christo se ring is ʼn 5mm silwer ring met ons trou embleem aan die binne kant gegraveer.

Indien julle enige diensverskaffers of inspirasie van Mooi Troues gekry het, spesifiseer asseblief.


Ek volg Mooi Troues al vir baie lank.  Al die troues wat ek gesien het waar dit eenvoudig was, het dit elke keer my aandag getrek.  Daarom was ons dekor op die troue baie eenvoudig gewees maar tog elegant – Minder-is-meer.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: