Duran & Annika se troue by Stellenrust

Stellenrust wynlandgoed met die hoë pilare en standbeeld omring met wingerde neem mens terug na antieke tye toe en ons hoop die Griekse-god van liefde, Eros, was teenwoordig toe Duran en Annike beloof het om verewig mekaar lief te hê.

Anika se smaak van ou-era het dus perfek gewerk met wat Stellenrust Wynlandgoed gebied het. Vintage was die tema van die troue en Annika het elemente van die 1920’s in haar trou gebring deur middel van pêrels.  Om die dekor trots Suid-Afrikaans te hou het Annika se ruiker uit Proteas bestaan, wat ook ons by Mooi Troues se gunsteling blom is.

As jy ‘n troue beplan met ‘n oud-wêreldse gevoel dan sal jy baie inspirasie uit die fotos onder kry.

Hoe het jul ontmoet en  watter eienskappe het julle na mekaar aangetrek?


Ons het mekaar ontmoet een September vakansie in die Kaap. My niggie het my aan haar vriend voorgestel (nou my man) en ons het net dadelik begin gesels asof ons mekaar al jare ken. Duran het n maand later vir my kom kuier in Pretoria en toe is ek saam met hom op vakansie daardie Desember en daar het alles begin.

Annika: Duran het so baie eienskappe wat my aangetrek het na hom toe. Hy is die rustigste mens met die wonderlikste persoonlikheid. Hy het soveel respek vir ander mense en hy bring altyd die beste in my uit.

Duran: Annika is ‘n baie eerlike en lojale mens  wat vir my baie na aan die hart trek. Sy het ook ‘n baie spontane persoonlikheid  wat glad nie pretensieus is nie. Sy sal deur diep waters gaan om my by te staan ongeag die omstandighede.

Wat is die inspirasie  vir die tema van die troue


Ek het baie van my inspirasie op Pinterest gekry en trou tydskrifte. My gunsteling blomme is proteas so ek wou definitief dit gebruik vir die troue. Ek hou baie van ‘n eenvoudige ‘vintage’ styl en het probeer om dit so in my dekor te gebruik.

Was julle met wittebrood?


Ja, ons was Drakensberge toe vir n week. Dit was ongelooflik, die berge en die natuur daar is so mooi. Ons het elke dag iets gedoen, staproetes, sjokolade proe, wyn proe, scootours teen die berg af en net lekker ontspan. Die hotel, Champagne Castle Hotel, waar ons gebly het was fantasties

Advies aan ander paartjies kan gee?


Oor troue hou- Moenie te veel stres oor dinge wat kan skeefloop nie, geniet die dag en neem elke oomblik daarvan in.

Oor getroud wees – Kommunikeer openlik en geniet mekaar.

Diensverskaffers: