Bruce & Janet se selfdoen troue

Ons by Mooi Troues deel in dié inskrywing die selfdoen troue van Bruce en Janet met ons lesers.  Die paartjie se selfdoen troue is propvol idees vir diegene wat die selfdoen roete wil gaan of iets anders as die normaal wil probeer.  Janet vertel gelukkig het sy twee jaar gehad om hul troue te beplan.  Die paartjie se selfdoen troue was in die Bloemfontein, so paartjies wat in die Vrystaat provinsie wil trou, sal die inskrywing baie geniet.

Die paartjie het die beste gemaak van die KOVID-19 – Janet se strooimeisie kon nie reis na Suid-Afrika vanaf Engeland nie.  Bruce en Janet verkies om dinge anders te doen as die normaal … Hulle het toe Bruce se strooijonkers gevra om in die trougang af te loop!  Ons kan in die foto’s sien die ouens het hul self lekker geniet en dit sal verseker iets wees waaroor Bruce en Janet se trou gaste vir baie lank oor sal praat.

Nóg iets waaroor ons kan praat is definitief Janet se trourok.   Klassiek en stylvol kan dit definitief beskryf word met die hoof aantrekking die detail van pêrels of die rug.  Verseker ‘n trourok vir die bruid wat iets anders as die norm wil hê, sonder om te oorbodig te gaan.

Rol asseblief af en geniet elke foto van Bruce en Janet se stylvolle selfdoen troue.

Paartjie se Liefdesreis:


Ek en Bruce het in 2014 ontmoet by ʼn “Rooftop Party” van die eerste oomblik wat ons mekaar gesien het was ons net getrek aan mekaar.  Op 25 Mei 2019 het Bruce my bederf deur koffie in die bed te bring en my te vra om te trou.  Hy weet ek is nie een vir groot gaan nie, so op so manier was dit net meer spesiaal vir ons.

Die Verlowing Tydperk:


Ons het op 25 Mei 2019 verloof geraak.  Ons het nie ʼn trou beplanner gehad nie, ek het gelukkig 2 jaar gehad om die troue te beplan.

Finansiële Aspekte:


Met ons gastelys het my pa genoem dat mens ongelukkig nie almal kan nooi nie, hy het die volgende 2 stellings gemaak:

  1. Het jy nog die persoon se nommer?
  2. Wanneer laas jy met die persoon gepraat?

Ons het besluit op 60 gaste en net al die Oom’s en Tannie’s genooi en ons naaste familie.  Met die huidige ekonomie kan mens nie meer troues soos in die ou dae hou nie.  Ons het probeer meeste van die klein goedjies doen en party goed wat nie vir ons belangrik was nie uitgesny.

Merkwaardigste Oomblikke:


My oudste broer bly in Engeland.  Hulle dogtertjie Sophie sou ons Blomme meisie gewees het.  Met die KOVID-19 kon hulle nie meer SA toe kom nie.  Ek het toe besluit om die strooijonkers te vra om vir ons die Blomme meisies te wees.  Ons het vir hulle ” Fanny Packs” en swart sonbrille.  Hulle ʼn lekker dansie gegooi in die Kapel en die ys sommer gebreek!!

Paartjie se styl:


Ek en Bruce hou albei van die natuurlike/sagte kleure.  Ons het op Sage en Grys besluit.

My rok wou ek van die begin iets hê wat niemand al aangetrek het wat ook klasiek en stylvol nogsteeds is.  Dit was oorgetrek met ʼn sagte kant en die rug was pêrels.

Bruce se pak was ʼn grys tweed pak. My verloof ring was al klaar vir my baie, daarom wou ek net ʼn plein band wat om die ring vou.

Soos ek genoem het ons hou van uniek.  Bruce se ring is ʼn beperkte uitgawe Deer antler/Lab Made Meteorite ring.

Gunsteling Diensverskaffers:


Reflective Photography – ʼn Fotograaf uit ʼn miljoen.  Kry elke perfekte oomblik!

Beats Event DJ – Steve speel die lekkerste musiek volgens jou voorkeure.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruide:

Bly net kalm en moet nie laat iemand jou spesiale dag oorneem nie.  Die dag gaan nie oor die gaste nie, maar wel oor jou en jou man!!

Bruidegom:

Moet nie die perfekte vrou probeer soek nie, wees eerder die beste man wat jy kan wees!!

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Nee gelukkig nie.  Ons was bekommerd dat iets sou gebeur het, maar gelukkig het als toe positief afgeloop.  Bruce se “Bestman” en my broer hulle kon nie van Engeland kom nie.

Venue & Dekor:


Die dag wat ons na die venues begin kyk het, het ons 3 afsprake gehad.  Pepermossie was ons eerste afspraak (maar wel my eerste keuse), die venue is orals groen al is dit in die Winter.  Ons is mal oor die natuur en sal eerder ʼn groen troue hê.  Die Kapel was vir ons ʼn plus punt dit is regtig iets anders.

Eerste Dans:


Ed Sheeran – Afterglow.  En en Bruce is nie baie dans fiks nie.  Ons het besluit op ʼn rustige liedjie, maar wat nogsteeds ʼn betekenis het.

Wittebrood:


My vriendin se ouers was so oulik as om vir ons vir 5 aande by Balito La Montagne te bespreek vir ons Wittebrood.  Ons was baie dankbaar en was nog nie in KwaZulu-Natal nie.  Dit was lekker om die weer en alles te sien.  Ons het Monkeyland KZN besoek en dit was regtig ʼn belewenis.  Die diere is nie in hokke nie en het ʼn “Secret Forrest” vir hulleself.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: