Gratis Dankie Kaartjie vir jou trou gaste

Gratis Dankie kaartjie vir jou trougaste_0001

Ons is baie opgewonde om die gratis Dankie Kaartjie vir jou trou gaste met jou te deel. Die talentvolle Bacht Design het hierdie oulike dankie sê kaartjies ontwerp wat jy gratis kan laat druk en gebruik vir jou troudag.  Die kleurskema van die dankie kaartjies is grys en goud, wat neutrale kleurskakerings is en amper by enige troue sal inpas.  Hierdie dankie kaartjies sal perfek wees om aan jou gaste se geskenke te sit.

Hierdie ontwerp kan veelsydig gebruik word as ʼn plakkaat of ʼn kaartjie.  Die doel is om dit te gebruik as kleiner kaartjies vir elke gas se geskenkie en dalk ʼn persoonlike boodskappie agterop te skryf.  Dit is maklik om die skryfbehoefte gratis in jou inboks te kry.  Jy vul die vorm hieronder in.  Ons stuur vir jou ʼn e-pos met ʼn skakel waar jy die ontwerp gratis kan aflaai as ʼn PDF.  Plaas die ontwerp op ʼn geheue stokkie en neem dit na jou plaaslike drukkers.  Hulle kan soveel as wat jy wil hê op ʼn A4-grootte blad druk, afhangende van hoe groot jy die kaartjies wil hê.  Ons sal aanbeveel so 6 tot 8 kaartjies per A4-grootte blad, dan is dit klein bietjie groter as ʼn besigheidskaartjie grootte.

Rol af en geniet hierdie pragtige gratis skryfbehoefte ontwerp hieronder.   Vir vele meer oulike skryfbehoefte ontwerpe, besoek Mooi Troues se skryfbehoeftes kategorie.  Mooi Troues het van die beste en talentvolste skryfbehoefte bydraers wat vir jou weekliks skryfbehoefte inspirasie bied.

Gratis Dankie kaartjie vir jou trougaste_0001

LAAI AF:

NAAM:

E-POS ADRES:

Gratis Dankie kaartjie vir jou trougaste_0001

Meer oor Skryfbehoeftes op Mooi Troues


Trou skryfbehoeftes speel ʼn belangrike rol in jou troudag.  Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers.  Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf.  Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuutste tendense.  Mooi Troues het ʼn groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn, wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.

Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry.  Wanneer gaste die venue binnekom, is die eerste dinge waarna hulle soek die sitplekkaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels.  Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet.  Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.

Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag?  Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn.  Elke  bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.

Ons het ook ʼn groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar.  Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik.  Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.

Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items.  Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, klik hier om ons Trougids te besoek.

Mooi Troues hoop jy geniet die bron van inspirasie wat ons vir jou troudag bied.

Gratis Dankie kaartjie vir jou trougaste_0001

Artikel Krediet: