Trou by Angala Boetiek Hotel in Franschhoek – ʼn Luukse trou venue met ʼn skilderagtige agtergrond van die berge wat Franschhoek-vallei omring. Dit is die perfekte plek of jy trou, wittebrood bestemming of net wil wegbreek en ontspan.
Angala Boetiek Hotel bied vir toekomstige bruidspare ʼn plek waar hulle in verbinding kan wees met hul geliefdes en die rustigheid van die natuurskoon. Geleë in die hartjie van die Kaapse Wynland omring deur asemrowende natuur tonele. Verbeel julle net die pragtige trou foto’s.
As jy opsoek is na ʼn Franschhoek trou venue, dan het ons net die perfekte opsie vir jou. Lees meer oor Angala Boetiek Hotel in Franschhoek se opsies wat hul beskikbaar het vir paartjies wat op trou staan.
Waar is Angala geleë?
Geleë in die hart van die voetheuwels van die Simonsberg-berg reeks. Angala bestaan uit haar inheemse tuine waar voëlgesang die blou lug vul, en water tussen groen blaar paadjies vloei. Rustigheid kom moeiteloos na hierdie blomme-oase en omhul almal wat hul pad hierheen vind. Dit is ʼn plek waar lewe en liefde gevier word. Angala nooi u uit om die res van u lewens saam met haar te begin.
ʼn Boetiek Ervaring:
Angala is ʼn klein en intieme oasis en om dit vir jou troudag te huur sluit in 10 uniek versierde kamers en 1 Privaat Tuin Kothuis vir die bruidspaar. Die venue en verblyf is nie apart beskikbaar nie en is slegs beskikbaar as een pakket vir 2 of 3 nagte, wat vir jou eksklusiewe gebruik van die eiendom gee.
Seremonie en Venue:
Vir die seremonie en onthaal kan Angala tot-en-met 70 gaste onthaal. Daar is verskeie unieke opsies beskikbaar vir die seremonie om plaas te vind.
Die bedekte stoep wat reg rond om die hoof gebou gaan is perfek vir jou trou onthaal. Dit gee vir jou asemrowende mooi uitsigte van die tuin en berge. Dan is daar ook die binne opsies beskikbaar, afhangende van die uitleg en grootte van jou troue.
Angala vereis dat jy gebruik maak van ʼn trou koördineerder. Dit kan jou eie koördineerder wees of een wat hul sal voorstel. Al die dekor elemente soos die huur dienste, dekor stilering, opstel van die onthaal lokaal en logistieke kant van die troue is die paartjie se verantwoordelikheid. Angala voorsien die venue en verblyf en alles anders moet georganiseer word deur die paartjie se trou koördineerder.
Angala is waarlik ʼn magiese spasie vir twee mense om die begin van hul nuwe reis te deel met die mense vir wie hulle lief is.
Kontak Angala:
Jy kan hul ʼn e-pos stuur of kontak hul telefonies by +27 (0)21 874 1366.
Artikel Krediet:
- Fotograaf: Foto’s verskaf deur Angala
- Teks: Verskaf deur Angala en vertaal deur Mooi Troues.