Wesley & Madie se prentjie mooi verlowing

Wesley en Madie se prentjie mooi plaas verlowing fotosessie het plaasgevind op ʼn plaas in die Vrystaat.  ʼn Bootjie versier met pragtige blomme is iets vanuit ʼn sprokie.  Elke meisie droom daarvan om ʼn romantiese verlowing fotosessie soos Wesley en Madie sin te hê.   Al die verskillende elemente van die paartjie se pragtige verlowing fotosessie werk so mooi bymekaar.

Dit maak ons harte baie bly om te hoor dat lesers inspirasie kry vanaf Mooi Troues.  Baie paartjies wonder wat om te doen vir hulle verlowing fotosessies.  Wesley en Madie se fotosessie sal jou inspirasie gee vir jou fotosessie.  Daar is ʼn paar elemente wat ʼn groot rol speel soos tyd van die dag, dekor items en ook kleredrag.  Al die bogenoemde kan help om ʼn verlowing fotosessie net ʼn bietjie meer energie te gee.

Madie se rok en Wesley se semi-formele klere pas perfek bymekaar en dit maak ʼn fotosessie soveel mooier.  Jou keuse van kleredrag speel ʼn groot rol in die uitkoms van die fotosessie.  Geniet die paartjie se fotosessie op Mooi Troues.

lora photography lora photography lora photography

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing


Elke maand word daar ʼn veiling gehou op die veilings-krale  by Vryheid.  Vir ʼn paar maande het ons mekaar elke keer by die veilings-krale gesien en onderlangs na mekaar geloer.  Na ʼn paar maande van oogkontak het Wesley homself kom voorstel. (26 Nov 2017)  Na baie plaas en stoep kuiers is ons gekys op 23 Maart 2018.  Ons raak verloof op 6 November 2019 – ons was omtrent 2 jaar saam toe ons verloof geraak het.

lora photography lora photography lora photography lora photography lora photography

Die groot vraag


Wesley het my op ʼn week oggend by die huis kom haal – ek sou by hom gaan kuier op die plaas soos enige normale weeksdag.  Hy het my toe verras met ʼn vinnige wegbreek na Mkuze falls.  Na ʼn heerlike middagete met ʼn uitkyk oor die waterval het ons op ʼn private wildrit die natuur in gevaar.  Ons gids het langs die Mkuze rivier stil gehou en ons kon uitklim. ʼn Ent van die voertuig was ʼn tafeltjie gedek met blomme en heerlike sjampanje.  Daar het hy die groot vraag gevra.  ʼn Ongelooflike mooi en spesiale oomblik wat ek nie sal vergeet nie.

lora photography lora photography lora photography lora photography lora photography

Hoekom ons mekaar liefhet


Wesey se liefde vir die Here en sy medemens is my gunsteling eienskap.

Hy is ALTYD rustig en baie geduldig (veral met my).

Ons kan lekker saam spot en LAG.

Hy hou van avontuur en is altyd gretig om enige iets aan te pak.

Ek voel veilig by hom.

lora photography lora photography lora photography lora photography lora photography

Tydperk voordat die knoop deurgehak word


Ons troue moes in 7 maande beplan en gereël word – ons oorspronklike datum was 23 Mei 2020.  Maar a.g.v COVID 19 moes ons die datum skuif na 7 November 2020.

lora photography lora photography lora photography lora photography lora photography lora photography lora photography

Die verloofring


Ons was glad nie beplan om na ringe te kyk nie maar ons het verby ʼn juwele winkel gestap en in die ingewing van die oomblik het ons sommer besluit om bietjie ringe aan te pas.  Ek het ʼn ring aangepas wat my in trane gehad het.  Die realiteit van die ring en wat dit beteken het my getref en natuurlik was die ring verskriklik mooi.

Wesley het elke detail van die ring neer geskryf en het later na die juwele winkel terug gekeer om dieselfde ring te laat maak met ʼn paar aanpassings.

lora photography lora photography lora photography lora photography lora photography lora photography

Rede vir die verlowing fotosessie


Ons het volle vertroue gehad in ons fotograwe en ons was weg geslaan deur die pragtige fotos.

lora photography lora photography lora photography lora photography lora photography

Inspirasie agter die verlowing fotosessie


Julle sal dit nie glo nie maar ek het my inspirasie in ʼn Mooi Troues aanlyn-tydskrif gekry.  Ek het afgekom op n paartjie in ʼn bootjie versier met blomme.  Ons sou oorspronklik net in die oop vlaktes fotos neem maar nadat ek die fotos in die tydskrif gesien het, het ek geweet dit is wat ons moet doen,  My ouers se Lodge op die Vaalrivier (Breathe) was die perfekte plek. Ek het een van die bootjies versier met pampas grasse en gedroogde krismis rose.  Ons het ook een van my pa se beesvelle in die veld gegroei met hout pale en dit versier.

lora photography lora photography lora photography lora photography lora photography

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk


Ongelooflik opgewonde om die dag waaroor ek al jare droom te kan beplan.  Verwag om in die tydperk self meer van my verloofde te leer en saam te groei tot ons dia dag aan mekaar trou beloof.

Dit was ʼn hartverskeurend toe ons ʼn maand en ʼn half voor ons troue uitvind dat alle aktiwiteite gestop word agv COVID19. Ons moet nog besluit of ons ʼn klein, intieme troue gaan hou voor 7 Nov 2020 en net gaan fees vier saam vriende en familie, of ons gaan wag tot 7 Nov 2020.

lora photography lora photography lora photography lora photography lora photography

Klik hier vir diensverskaffers