Craig & Elriza se stylvolle troue in Kampsbaai

Ons deel Craig en Elriza se troue in Kampsbaai en is definitief een wat jy nie moet mis nie.   As jy hou van ʼn moderne, maar tydlose styl dan is hierdie paartjie se prentjie mooi Kampsbaai troue een waarvan jy baie sal hou.  Elriza en Craig sou aanvanklik in Bali trou, maar weens die pandemie verander na ʼn pragtige troue in Kampsbaai.

Kampsbaai is die perfekte ligging vir ʼn elegante, moderne, tydlose troue met sy prentjie mooi ligging en lewendige energie van die area.  Elriza  het só mooi gelyk in haar trourok met haar oor grootte hand ryker wat onmiddellik jou aandag trek.  Craig se swart tydlose troupak met die strikdas weerspieël die deftige styl van hul troudag perfek.

Hul glaskas trouvenue omvou deur Palm Bome en die skilderagtige mooi uitsigte van die Atlantiese Oseaan het perfek ingepas by die tema van die troue.  Ons is gaande oor die troudekor.   Hoe mooi die gebruik van wit, perske kleurskakerings, glas, goud en dan die tikseltjies helder blomme wat so mooi uitstaan op die groen.  Agter die bruidstafel was ook die mooiste blomme ontwerp, wat jou aandag na die paartjie trek gedurende die onthaal.

Dan is daar die paartjie se fotosessie op die seiljagte in die V&A Waterfront in Kaapstad.  Dit het so mooi ingepas by hul troue se styl en gevoel.  Die fyn wolke in die agtergrond van hul fotosessie skep die mooiste sagte oranje en blou sonsak.  Prentjie mooi!

Geen troue is perfek sonder professionele diensverskaffers nie.  As jy opsoek is na betroubare professionele trou diensverskaffers, klik hier om Mooi Troues se Trougids te besoek.

Rol af om meer te lees oor Craig en Elriza se Kampsbaai troue en hul liefdesreis.

Paartjie se Liefdesreis:


Craig het sy eie sport besigheid en ek (Elriza) is ‘n skoolhoof.  Hy het sy dienste by my skool kom aanbied en dit was liefde met die eerste oogopslag.

Craig het my gevra om te trou.  Hy het net genoem dat hy vir ons ‘n paartjie fotosessie gereël het. (Ons het toe nog nie paartjie fotos saam geneem by ‘n fotograaf nie)

Ons het die fotos gaan neem in die strate van Sandton.  Nadat ons die fotos geneem het, het hy my gevra om te trou by ‘n restaurant in Mandela Square.  Die fotograaf kon toe ook die oomblik vasvang.

Die Verlowing Tydperk:


As gevolg van Kovid was ons langer verloof as wat aanvanklik beplan was.  Ons was in Mei 2019 verloof en ons sou in November 2020 in Bali trou.  Toe ons planne vir Bali nie uitwerk nie, toe besluit ons om dit met nog ‘n jaar uit te stel na November 2021.

Ons het ‘n troubeplanner gehad wat gehelp het met ons Bali troue.  Ons het ook ‘n beplanner gehad vir ons troue wat ons toe op besluit het in Suid-Afrika.

Trou Begroting:


Die begroting was R250 000 vir ons Bali troue.  Ons het daardie begroting behou vir ons troue wat ons in Suid-Afrika op besluit het.

Ons het 60 gaste onthaal.  Daar was ‘n Excel sigblad opgetrek en so “track” gehou van al ons kostes.

Advies wat ons vir ander kan gee is om bietjie ekstra te begroot vir klein goedjies wat opduik net voor die troue wat mens nie altyd voor begroot nie.

Merkwaardigste Oomblikke:


  1. Om mekaar vir die eerste keer voor die kansel te sien.
  2. Om al ons familie en vriende wat vir ons spesiaal is saam ons te hê.

Paartjie se styl:


Elegant, stylvol en tydloos.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Ek (bruid) het my haarknippie net voor ons seremonie toe moes ry verloor.

Ons sal niks wou verander nie, alles was perfek!

Gunsteling Diensverskaffers:


Definitief die spyseniering:  “Salt and Pepper Catering”

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruide:
  1. Moet nie jou trourok vir teveel mense wys nie, dat dit ‘n verassing is op die dag.
  2. Kry ‘n baie goeie grimeer kunstenaar.  Dit is verseker die moeite werd!
  3. Kry ‘n baie goeie fotograaf – die memories is al wat jy oor het van die dag.
  4. Moenie laat familie en vriende teveel insae het met jul reëlings nie.  Dis julle dag, jul moet doen wat jul graag wil!
Bruidegomme:

Help waar jy kan om stres van die bruid te verlig, al is dit net om haar kalm te hou!

Besluitnemingsproses:


Die bruid het meeste van die besluite geneem, maar die bruidegom was darem betrokke en het ook gehelp!  Ons familie en vriende was nie regtig betrokke hierby nie (ons het dit so verkies).

Venue & Dekor:


Toe ons troue in Bali nie uitgewerk het nie, het ons saam in die Kaap in Kampsbaai gaan vakansie hou.  Ons het die trouvenue in Kampsbaai gesien en was dadelik mal daaroor!  Die inspirasie was modern, stylvol, elegant ‘n regte “feeverhaal” troue.

Spesiale Tradisies:


  1. Ons het mekaar nie die vorige aand gesien nie.
  2. Ons het die bruid se ruiker gegooi.
  3. Eerste dans.
  4. Ons het die kousband gegooi.

Eerste Dans:


Ons liedjie was Ellie Goulding se “Love me like you do”.

Ons het nie vir danslesse gegaan nie, maar ons het self ons danspassies uitgewerk met behulp van “YouTube”.

Wittebrood:


Ons het in Kampsbaai getrou en toe sommer ook daar gebly en wittebrood gehou.  Ons is mal oor eiland en see vakansies en Kampsbaai is presies net só idillies!

Na ons planne met Bali nie uitgewerk het, wou ons nie weer deur die teleurstelling gaan om oorsee plek te boek tydens die onsekerheid met Kovid nie.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: