Barry & Jody se Gesellige Rustieke Troudag

Barry en Jody het op ʼn gesellige rustieke tema besluit om ʼn onvergeetlike troudag te skep.  Hulle het volgens ʼn streng begroting gewerk om seker te maak hulle bederf hul 100 spesiale gaste, sonder om in ʼn finansiële krisis op te eindig!  Hul gekose venue het perfek by hul rustieke tema gepas om kontinuïteit regdeur die troudag te verseker.  In terme van dekor, het hulle kersliggies en proteas gekies om ʼn gesellige atmosfeer te skep.  Omdat Jody hul finansies met ʼn valk-oog dopgehou het, het die paartjie besluit om hul dekor sommer self te behartig!  Maande vooruit was hul dekor reeds uitgesorteer.  Dit het gesorg vir ʼn stres-vrye aanloop tot die groot dag.

Rol af vir foto’s van Barry en Jody se gesellige rustieke troudag.  Hulle deel wenke hoe om seker te maak dat jou troudag nie tot ʼn finansiële verknorsing lei nie!

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar in 2016 by ʼn geestelike gemeenskap-vergadering ontmoet.  Na ʼn jaar van vriendskap het ons besluit om meer intiem te raak.  Vir ons verlowing het ons vir ʼn naweek na ons mees intieme bergplaas in Protea plaas gegaan waar hy, Barry, op sy knie gegaan het.  Vir my was dit die pragtigste naweek wat altyd die mooiste herinneringe sal terugbring.

Die Verlowing Tydperk:


Die verlowing tydperk was twee jaar waarin ons gespaar het om toekomstige finansiële krisis te ontduik.  Ek het self die troue beplan, want ek is ʼn georganiseerde finansiële brein. Ons het ons eie dekor maande vooruit gemaak, wat gesorg het dat ons baie geld spaar.  Daar was geen druk nie en dit het bygedra dat ons die hele proses van ons voormalige troue baie geniet het soos die tyd verloop.

Merkwaardigste Oomblikke:


Barry:

Toe Jody die eerste keer by die gang afgestap kom.  Die trane van blydskap het onmiddelik by my oë uitgestroom.  Die trou geloftes waarin Jody belowe het om my vrou be wees vir die res van haar lewe.

Jody:

Ons eerste dans as man en vrou waarin Barry in my oor fluister dat ons dit gemaak het.  Hoe ons ons ouers vir die eerste keer genooi het om saam met ons op die dansvloer te wees.

Trou-paartjie: Waar twee families een word;  Die hele troufees, waar familie en vriende die hele aangeleentheid geniet het.

Finansiële Aspekte:


Alvorens die troue plaasgevind het, het ons ʼn finansiële bedrag beplan.  Omdat ek die finansiële brein vir ons troue was, het ons oor die volgende besluit:

Ons het 100 spesiale gaste genooi.  Die begroting was R125 000, insluitend troue en wittebrood.  Dit was moeilik om by die begroting te hou, daarom het ons uitgereik na familie en vriende om finansiële bydraes te maak in plaas van van geskenke koop.  Ons het ook uitgereik na vriende wat kon bydra as blommerangskikking, kommissaris van ede, ampsdraers, dekor items van vorige troues, ens.

My advies aan ander paartjies is dat hulle by hul begroting moet bly deur uit te kyk vir items wat nie duur is nie, deur die oë te fokus op items binne die begroting (trourok, lokaal, platejoggie, fotograaf, ens.)

Die Besluitnemingsproses:


Finale besluite was gesamentlik geneem wat baie misnoeë en verdriet uitgeskakel het.  Familie en vriende het baie min ingemeng.  Almal het ons besluitneming goedgekeur en het gehelp waar nodig sonder om verdeeldheid te veroorsaak.  Dit het bygedra tot gemoedsrus wat stres-vlakke tot ʼn minimum gehou het.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Een van my beste vriende het rooiwyn op my trourok laat val wat aanvanklik rampspoedig gelyk het, maar gelukkig kon ons die vlek verwyder met ʼn bietjie witwyn;  ʼn truuk wat ons fotograaf ons geleer het!

Venue & Dekor:


Ons wou graag ʼn gesellige, tog ruim tuin-troue hê.  Simondium Lodge het in ons spesifieke behoeftes voorsien.  Ons wou hê dat die troue rustiek en gesellig moet wees, met kersliggies en proteas om natuurlike buitelug-elemente te bied.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons fotograaf, Lizel (Me & May Photographers), was baie besonders.  Haar foto’s en styl is helder en romanties.  Ons platejoggie, DJ Nico Bruyns (Mr Music), het die musiek wat ons wou hê regtig verstaan en ʼn energieke en vermaaklike ontvangs gegooi.

Wittebrood:


Bali was ons wittebrood bestemming.  Ons het geweet ons wil ʼn wittebrood op die strand hê.  Ons wou die kultuur en kos, asook skemerkelkies op die strand met romantiese sonsondergange kan geniet.

Klik hier vir diensverskaffers