Guillaume & Liezl se Vliegveld Verlowing

Ons deel graag met ons lesers Guillaume en Liezl se vliegveld verlowing fotosessie.  Ons by Mooi Troues dink ʼn fotosessie tussen vliegtuie is baie besonders.

Lucille Scheepers het die paartjie se pragtige verlowing fotosessie afgeneem.  Sy is ʼn populêre trou fotograaf in die Wes-Kaap.  Haar werk is fantasties en sy weet presies hoe om enige oomblik vas te vang in ʼn foto vir verewige herinnering.

ʼn Foto sal bly vir ʼn leeftyd.  Dit is so belangrik om ʼn goeie fotograaf te boek vir jou verlowing en troue.  ʼn Verlowing fotosessie gee jou ook die kans om jou fotograaf beter te leer ken.  Die fotograaf kan jou ook advies gee as jy nie seker is hoe om te poseer nie of as jy enige vrae het gedurende die fotosessie.

Ons kan nie genoeg klem daarop lê hoe belangrik ʼn verlowing fotosessie is vir paartjies wat op trou staan.  Daar is soveel ander dinge waarvoor jy jou foto’s kan gebruik.  Insluitende jou trou webtuiste, trou uitnodiging en vele meer ander gebruike.   Geniet Guillaume & Liezl se vliegveld verlowing fotosessie hieronder en lees meer oor hulle liefdesreis.

Airport Engagement Airport Engagement

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het mekaar 1999 by Klipwerf (dansplek in die Kaap) ontmoet en in 2000 begin uitgaan.  Ek en Guillaume het nie beplan om 20 jaar te wag voor ons verloof geraak het, maar dis een van daai gevalle dat “die lewe gebeur het”.  Ons het al twee baie veeleisende werke, en Guillaume was ook baie weg vir werk.

Airport Engagement Airport Engagement

Die groot vraag:


Ek het van niks geweet en nog minder iets verwag.  Ons het beplan om ʼn dak natmaak/straat braai te hou, toe ons by ons by ons nuwe huis intrek het, gedink dis ʼn maklike manier om die bure ook te leer ken.

So kom die winter, en toe besluit Guillaume dis NOU ʼn goeie tyd.  Nie te min, was ek nie beïndruk met sy tydsberekening nie.  Dis einde Augustus, dit reën en dis koud.

So belowe hy ek hoef niks te doen en kan ʼn slag ontspan, hy sal alles reël en doen.  Iets soos dit gebeur nie baie nie en hy reël met ons vriende vir musiek, Die Krugers.

So wen ek ʼn “mini oordoen sessie” min wetende dat Guillaume en my skoonsuster, Leandre, met my haarkapper, Salome gaan reël het.  So gaan die meisies sommer na my mini oordoen sessie vir middagete (ons doen baie ʼn meisies middagete en dis niks snaaks nie).  My Ma het reeds glase en goed gekry in die week (dink niks daarvan nie), en alles is onder beheer.  So kom ons vriende en ons kuier te heerlik.

Later begin Guillaume praat en stel die band voor. Ek maak die tafel skoon en dra goed af, totdat my vriendin my kon haal en se ek is onbeskof en ek moet kom luister want Guillaume praat (steeds dink ek niks daarvan nie).  So maak hy grappies, en spot omdat ons al 20 JAAR saam is … En vra hy of ek met hom sal trou!?  Ek was soooo uit die veld geslaan, dat my eerste woorde was “Is jy ernstig”…

Airport EngagementAirport Engagement

Hoekom ons mekaar liefhet:


Ons verskil baie, maar is ook baie dieselfde.  Hy is dood rustig, waar ek weer vinnig kan kwaad raak.

Maar ons waardes, drome en liefde vir mekaar is dieselfde.  Ons het al 14 sakke sout oorleef, en niks het verander, so ons jare lange verhouding is ʼn bewys van ware liefde.

Airport Engagement

Rede vir die verlowing fotosessie:


Nie ek of Guillaume hou daarvan om voor die kamera te wees nie.  Lucille se pakket het ʼn verlowings sessie ingesluit en ons was bly want mens wil nie ongemaklik wees voor die kamera op jou troudag.  Dit was ook heerlik om mekaar te leer ken, en het dadelik besef ons het die regte persoon gekies.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons wou nie lank verloof wees nie, omdat ons reeds so lank saam is … Toe kom covid-19 …

Airport Engagement Airport Engagement

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Nie een van ons, hou daarvan om voor die kamera te wees nie.  Guillaume is in lugvaart, so ons het gedink om iets anders te doen en waar daar nie baie mense om ons sou wees nie (ha ha ha).

Altyd gedink daar is sulke anderse goed, by die lughawe, wat ons sessie spesiaal en anders sou maak én met Lucille se oog, het sy gesien wat ons gesien het ek kon die so mooi vasvang.

Airport Engagement Airport Engagement

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Nee wat, ons is a so lank saam, en is net opgewonde oor die nuwe tydperk in ons lewe.  Ons het saam die troue beplan, wat eintlik baie lekker was.  So daar is iets van ons al twee, in die troue.

Airport Engagement Airport Engagement

Visie vir droomtroue:


Ons is gemaklike mense, so het gegaan vir minimalisties & natuurlik met bietjie swart en goud.  Ons hou van lekker kuier, lekker musiek en lekker dans, en wil hê ons troue moet onthou word, as een vir die boeke!

Airport Engagement Airport Engagement Airport Engagement Airport Engagement

Die verloofring:


Ek het jare terug al gesê ek hou van die soort ring.  Later het ek gesê ek hou ook van ʼn swart diamant.  Wie sou weet die onromastiese ou, sal onthou?  My ring is van Mark Solomon Jewellers.  Mark sê dat Guillaume net 2 ringe wou sien in die pant waarvan ek hou.  Die 1 met my swart diamant en 1 met ʼn gewone diamant.  Baie bly die klassieke opsie het toe gewen.

Airport Engagement Airport Engagement Airport Engagement Airport Engagement

KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:


Ons moes 11 April getrou het.  Die venue het laat weet in Maart dat alle troues, geskuif moet word, oor die nuwe regulasies.  So het ons gedink, inperking kan nie nie langer as 3 maande aanhou en die datum geskuif na 8 Augustus.

Nie te min, is daar tot nou toe nog gee nuwe regulasies, of riglyne van die regering af om mens ʼn idee te gee van die moets of moenies.  Ons het weer gepraat met die troubeplanner, en ons het besluit om die troue uit te stel tot 2021.

Dit is  hartseer, want ons het alles gereël en gedoen en was so opgewonde en toe niks … Maar ons glo alles gebeur met ʼn rede ons Januarie troue aan een vir die boeke wees!

Airport Engagement Airport Engagement Airport Engagement Airport Engagement

    Artikel Diensverskaffers: