Ferdie & Linda se troudag

Danelle Photography

Soms ontmoet jy jou lewensmaat die laaste manier waaraan jy sou dink. Lees onder hoe Linda en Ferdie ontmoet het.  Linda het ‘n spoggerige rok van Ilse Roux gedra op haar spesiale dag.  Loer gerus na die mooi foto’s.


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

 ‘n Goeie vriendin het my gevra of ek saam met een van haar man se vriende na ‘n troue toe kan gaan.

 Ons het afgespreek om mekaar die Vrydag voor die troue te ontmoet vir ‘n drankie en na dit te gaan dans sodat ons kan sien of ons wel saam kan dans. Ons het mekaar ontmoet, ongelooflik lekker gelag en gesels en was die volgende oggend 4vm eers huis toe.



Hoe het julle verloof geraak?

 Ferdie het ‘n naweek weg gereël by ‘n rivier oord.

Ons het voorberei vir die kaggelvuur ete en na ‘n halfuur of so, hoor ek hom vra om asseblief vir ons musiek op te sit en het ons gunsteling liedjie gekies. Ferdie het om die draai gekom met ‘n netjiese swart hemp, das en slaap broek en het onmiddellik na my toe gestap om die ja woord te vra. Die wêreld het stil gaan staan, die oomblik was perfek!!



Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

 Ons was so net oor die 2jaar saam voor ons getrou het.



Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

“Don’t stress the small stuff” – Geniet elke oomblik van beplanning en jou groot dag. As daar iets gaan skeef loop is dit REGTIG okay. Nie een van jou gaste sal dit weet nie.


Diensverskaffers: