Christiaan & Theanette se selfdoen troue

Christiaan en Theanette se troue bied inspirasie vir Sonneblom liefhebbers.  Hierdie paartjie se troue is ʼn voorbeeld van hoe mooi ʼn selfdoen troue kan wees.   Die week voor hul troue het die regulasies oor KOVID-19 begin.  Dink jouself in hoe stresvol dit moes wees.  Bo-en-op alles het die paartjie ʼn pragtige troue gehad.

Theanette en Christiaan het in ʼn pragtige kerk getrou met die mooiste argitektuur en interieur.  Dit het alles so mooi ingepas by die gevoel van die troue.  Hul fotosessie was ook prentjie mooi en het ʼn Herfs gevoel met die blare wat so mooi lê en die lang bome in die agtergrond.  Die gebruik van Sonneblomme as dekor element het so mooi gewerk.  Dit het perfek gepas en ʼn sagte gevoel gegee aan die venue se mooi rou baksteen mure.

As jy fantastiese diensverskaffers gebruik vir jou troudag sal jy ʼn seepglad dag hê.  Besoek Mooi Troues se Trougids vir professionele diensverskaffers.   Rol af om meer te lees oor Christiaan en Theanette se selfdoen troue hieronder.

Sonneblom Troue Sonneblom Troue Sonneblom Troue Sonneblom Troue

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het aanlyn ontmoet.  Na die eerste koffie afspraak het ons net nooit weer terug gekyk nie.  Christiaan het die groot vraag gevra.  Ek was baie nuuskierig oor wanneer hy my gaan vra, so het heeltyd probeer vis en uitvind wanneer die oomblik gaan gebeur. So die aand van die verlowing het hy planne gemaak vir ʼn rustige fliek aand en daarna sou ons sommer net koffie gaan drink het by Mugg ʼn Bean.

Oppad na Menlyn toe verander die planne na ʼn romantiese uiteet by Menlyn Maine (Koi Restaurant).  Na ete en nagereg en ʼn paar glasies gin wou ek net huis toe gaan, maar Christiaan besluit toe ons moet eers ʼn draai gaan stap en gaan kyk hoe lyk dit daar by die swembad area.  Dis toe dat hy die groot vraag vra … heel onverwags.

Sonneblom Troue Sonneblom Troue Sonneblom Troue Sonneblom Troue Sonneblom Troue Sonneblom Troue

Die Verlowing Tydperk:


Ons was presies 7 maande verloof.  Ons het die troue self beplan.

selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue Sonneblom Troue selfdoen troue

Finansiële Aspekte:


Ons begroting was R300 000.  Ons het als uit een gesit en vooraf bepaal hoeveel ons op wat gaan spandeer.  As daar dan goed is wat duurder uitwerk as wat ons beplan het moes ons besluit watse ander uitgawes ons gaan sny.  Ons het so R100 000 onder begroting ingekom. (so nog lekker geldjies vir ʼn droom wittebrood 😉 ).

Advies:

Spandeer geld op details wat vir jou belangrik is.  Meeste gaste sien nie die fyner details waarop mens gewoonlik al daai weg gesteekte onkostes aangaan.  As dit iets is wat jy wil onthou van die troue oor 5 jaar dan is dit ʼn toelaatbare onkoste.

selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue Sonneblom Troue selfdoen troueselfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troueSonneblom Troue

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir ons albei was die Kerk Seremonie die merkwaardigste.  Die seremonie is op die ou einde waar die beloftes aan mekaar gemaak word.  En dis waaroor die troue gaan.

Sonneblom Troue Sonneblom Troue selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue selfdoen trouee selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue

Paartjie se styl:


Bruid:

Die oorspronklike idees vir my trourok was glad nie die een wat ek op die einde gevat het nie. Maar die pas- en opvlam-styl pas perfek by my figuur en was met die eerste aanpas sessie DIE EEN. Die detail op my rok was ook net fantasties.

Bruidegom:

Die ligte beige kleur pas perfek by die bruidegom se gelaat en ook by die kleur skema.  Die pers onderbaadjies moes nie pers gewees het nie

Trouringe was die bruidegom se keuse.  Bruidegom se ring is helfte mat en helfte glans ontwerp en gemaak van titanium.  Bruid se troupant is ʼn eenvoudige ontwerp met steentjies wat die verloofring komplimenteer.

selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue

Spesiale Tradisies:


Nie noodwendig ʼn tradisie nie, meer ʼn gebaar.  Gedurende die seremonie het ons twee botteltjies met verskillende kleure sand in gevat en as ʼn simbool van ons lewens wat saamgevleg word het ons dit in een houertjie gegooi.  Die houertjie is ʼn simbool van ons lewens wat ons nou saam lewe en toekoms wat ons saam bou.  Dit is ook ʼn teken van ons belofte aan mekaar.

selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue Sselfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue

Venue & Dekor:


Die venue het ons gekies.  Dit was die perfekte venue.  Die kerk lyk soos ʼn Oos Europa Katedraal en die onthaalsaal is meer modern/rof afwerking wat perfek saam werk.  Dit lyk eintlik of ons in die buiteland getrou het :).  Die dekor van die onthaal ens. is gebaseer op die blomme wat sonneblomme was.

selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troueSonneblom Troueselfdoen troue selfdoen troue

Vermaak:


Ons het ʼn “slushy-drankie” masjien gehuur vir die vinger happies gedeelte waar die gaste “slushy-drankie” en gin kon kry.  Daar was ook ʼn kits-foto bord wat deur een van my bruidsmeisies gedoen is. waar al die gaste ʼn kits-foto van hulself neem en dan plak ons (bruidspaar) die foto’s in die gaste boek by hulle briefies na die troue as ons deur als lees.

selfdoen troue selfdoen troue

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid:

As jy die beplanning self doen.  Kry ʼn vriend of familie lid wat op die dag van die troue weet wat moet gebeur en kan besluite maak en leiding vat.  Gee die tydlyn van die dag vir jou bruidsmeisies en haal jou horlosie af!  Geniet elke oomblik.

Bruidegom:

Maak seker die laaste paar goed word die dag voor die trou afgehandel.  Oornag die aand voor die troue naby die venue saam met jou strooijonkers.  Geniet die dag.

selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue selfdoen troue

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Die week voor die troue het die regulasies begin waar daar nie meer as 100 mense by ʼn sosiale geleentheid mag wees nie.  So begin in die Maandag voor die troue die gespartel om te bevestig wie nog wil kom, en wie nie.  Die Donderdag voor die trou (2dae) kom die regulasies deur dat daar nie meer as 50 mense by sosiale geleenthede mag wees nie.  Gelukkig met die hulp van ons venue bestuurders en koördineerders het ons Vrydagaand nog tafels geskryf en tafel plasings bevestig.  Die spanning van ʼn gewone troue en dan nog die spanning van al die regulasies wat elke dag verander was iets wat ek geen bruidspaar toe wens nie.  Maar gelukkig het ons getrou gekry, so ons kan nie kla nie.

selfdoen troueselfdoen troue selfdoen troue selfdoen troueselfdoen troue

Klik hier vir diensverskaffers