Rupert & Mariska se Paartjie Fotosessie

Mariska en Rupert se paartjie fotosessie was baie oulike en pret gewees.  Ons is opgewonde om dit nou met ons lesers te kan deel.  Ons is mal oor die vellies element wat hulle deel gemaak het van hul fotosessie.  Baie paartjies wil graag ʼn fotosessie saam met hul meisie of kêrel doen, maar te skaam of onseker.  ʼn Paartjie fotosessie kan soveel pret wees, jy kan sien Mariska en Rupert het soveel pret gehad gedurende fotosessie.  Glimlagte en baie gelag het bygedra tot hierdie pragtige foto’s.

Dié fotosessie sal net so baie inspirasie bied vir paartjies wat besig is om hul verlowing fotosessie te beplan.

ʼn Fotosessie is ʼn tyd waar julle as paartjie net julself kan geniet terwyl die fotograaf julle afneem.  Advies wat ons kan gee is om neutrale kleure aan te trek vir jou fotosessie.  Kyk net hoe mooi is dié paartjie foto’s, omdat hulle kleredrag neutraal was.  Probeer hemde met te veel geskryf of patrone op te vermy.  Wanneer dit kom by ʼn fotosessie is minder definitief meer.

Vind fantastiese fotograwe in ons Trougids.  Rolf af om Rupert en Mariska se paartjie fotosessie te geniet.

couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas

Die eerste ontmoeting:


Ons weet al van mekaar van kleintyd af.  Maar die tyd en omstandighede was net nooit reg nie.  Ons het mekaar in 2019 raak ge sokkie en daar het die verhouding begin.  Ons is nou ʼn jaar saam.

couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas

Gunsteling eienskappe van mekaar:


Rupert:

Mariska is vriendelik en is altyd gewillig om mense te  ondersteun … Oh ja sy maak lekker kos!

Mariska:

Rupert is ʼn gemaklike mens.  Wat jy sien is wat jy kry.  Hy is altyd vriendelike en gewillig om te help.  En die mooiste man wat leef – natuurlik.

couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas

Drome as paartjie:


Om ʼn familie saam te begin en om mekaar mal te maak vir die res van ons lewens tot ons oud, grys en seniel is.

couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas

Dinge wat die paartjie hou van om saam te doen:


Ons albei geniet die buite lewe.  Ons geniet dit om saam te oefen en gaan stap graag saam met ons 3 Jack Russell hondjies.

couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas

Rede vir die fotosessie:


Ons het nog nie een so iets gedoen nie, so ons was lus om iets nuut soos dit te probeer.  En dit is ook oulik om die mooi foto’s te hê.

couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas

Inspirasie agter die fotosessie:


Ons het alles in die fotograaf se hande gelos behalwe die vellies.  Dit was ons eie persoonlike deeltjie van wie Rupert en Mariska is.

couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas

Visie vir ʼn romantiese afspraak:


Mariska:

Ons is mal oor buite wees so gee my ʼn heerlike piekniek buite in die natuur en ek is in die hemel.  Ek is ook ʼn ʼn liefhebber vir die sterre, so op ʼn kombers langs ʼn vuurtjie onder die sterre is my gelukkige plek.

Rupert:

ʼn Romantiese ete op die dek van ʼn boot onder die sterre.

couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas

KOVID 19 se uitwerking op jul verhouding:


Covid het ons baie nader aan mekaar gebring.  Ons het baie van mekaar geleer.  Ons bly apart maar tydens die harde grendel tydperk het ons saam gebly en ook die 3 klein hondjies gekry.  Covid was goed vir ons.

couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas

Klik hier vir diensverskaffers