Corné & Astri se pragtige vintage troue

Corné en Astri sien hulself as twee sentimentele mense, wat graag dié eienskap van hul persoonlikhede by hul vintage troue wou uitbeeld.  Astri is van mening dat alhoewel Pinterest en prentjies op sosiale media baie mooi is en baie inspirasie verskaf, mens dikwels jou eie unieke styl deur die proses kan verloor.  Hulle het dus besluit om hul trou-dekor op Corné se gunsteling foto van Astri te baseer – sy as ʼn 4-jarige dogtertjie hurk onder ʼn suurlemoen boom met ʼn suurlemoen in haar hande.  Pragtige geel dekor en suurlemoen-versierings het gesorg vir ʼn lewendige, vintage en pragtige troudag.

ʼn Strik waarin paartjies gereeld trap is om ʼn spesifieke kleur of tema té ver te vat sodat dit die res van die dekor oorweldig.  Corné en Astri het egter daarin geslaag om hierdie strik mis te trap en om die suurlemoen-tema op ʼn subtiele manier te inkorporeer.  Hulle het die perfekte balans tussen oudmodies en elegant gevind, terwyl hulle steeds hul lewendige persoonlikhede kon uitbeeld.

Laat hierdie troue vir jou inspirasie gee om daardie een foto of sentimentele herinnering te gebruik om ʼn unieke troudag te skep.

elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding

Paartjie se Liefdesreis


Corné het vir my ʼn boodskap gestuur op Facebook nadat ek op ’n gemeenskaplike vriendin se foto kommentaar gelewer het.  Die boodskap het gou ontaard in ʼn breedvoerige gesprek en ons het mekaar twee dae later in Kruispunt kerk se student-diens in Potchefstroom ontmoet.  Kort voor lank word ek Corné se meisie en ongeveer 3 jaar later word die verhouding opgegradeer na ʼn verlowing, toe Corné die Ja-woord langs die Annecy meer in die Franse Alpe vra.

elegant vintage weddingelegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage weddingelegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding

Die Verlowing Tydperk


Ons was vanaf 17 Desember 2018 tot 23 November 2019 verloof.

Om die troue te beplan was werklik ʼn span poging.  Ons drome, ons ouers se organisatoriese vermoëns en kreatiewe vernuf, gepaard met ons diensverskaffers se objektiewe aanslag en deug om wildste drome in werklikheid te omskep.

elegant vintage wedding elegant vintage weddingelegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage weddingelegant vintage wedding elegant vintage wedding

Mooi Troues Diensverskaffers


Direk na ons terug gekom het van ons verlowing-vakansie, het ons begin met die soektog na ʼn venue.  Ons het op Mooi Troues afgekom en van hul platform gebruik gemaak om foto’s van venues in Gauteng te sien.  Deur die kontak skakels het ons afsprake gereël om na die verskillende venues te gaan kyk.

elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding

Merkwaardigste Oomblikke


Bruid:

(In Chronologiese volgorde)

  • Om op die oggend van die troue wakker te kon word in my ma se huis.
  • Om sussies en mamma”s saam mekaar te help grimeer.
  • Die oomblik toe my pa, asook my strooimeisies my die eerste keer sien.
  • Die oorweldigende mooi toe ek aan my pa se sy in die kapel inloop met al die dekor – mooier as wat ek my in ʼn miljoen jaar kon indink!
  • Al my gaste – elk met die hand uitgekies, almal was so na aan my hart is saam onder dieselfde bome.
  • En natuurlik die eerste oog opslag met my aanstaande man;  Die mooiste wat ek hom in my hele lewe al ooit gesien het, n hy word myne om vir altyd en ewig te koester.
  • Daarna was als net lekker!  Eerste soen, nagmaal, seën-reën, koek, foto’s, instap, heildronk, eet, kuier en dans, dans, dans!
Bruidegom:
  • Om die oggend saam my strooijonkers en Pa reg te maak vir die dag.
  • Die eerste keer wat ek my aanstaande bruid gesien het.
  • Om nagmaal saam my vrou te kon hou net na die seremonie.
  • Om gou skelm ons dans te kon oefen voor ons in die venue ingegaan het.
  • Ons het op ʼn stadium deur die aand buite op ʼn bankie gaan sit en mekaar net herinner om die oomblik in te neem;  Dit gaan so vinnig verby!
  • En natuurlik om aan die einde van die aand vir haar Montgomery te kan noem!

elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding

Die Besluitnemingsproses


Ons het al die besluite saam geneem.  Ons idees was gelukkig nie té teenstrydig nie.  Beide ons gesinne se opinies se insae was hoog geag en baie waardeer.

elegant vintage weddingelegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding

Gunsteling Diensverskaffers


Liefste Annelize, haar man en haar wonderlike span – Anne Grace Photography.

elegant vintage wedding elegant vintage wedding

Finansiële Aspekte


Aanvanklik was R100 000.00 begroot, maar dit het gou in R150 000.00 ontaard.  Ons kon dus nie by ons begroting hou nie!

Ons advies:

Om te begroot is nie om ʼn getal te kies wat jy maklik sal kan neersit nie.  ʼn Begroting is om deeglik navorsing te doen van elke detail wat jy by jou troue wil hê en dan ʼn kwotasie daarvoor aan te vra om ʼn werklike kwotasie te kan opstel van wat jou droom troue jou sal kos.  Dit kan gebruik word om aan te skaaf soos jy prioriteite opweeg en dalk bietjie opofferings maak.  ʼn Troue is nie ʼn ‘betaal soos jy gaan’ oefening nie – al lyk dit soms so.  Om iets “eerder self” te doen werk nie altyd goedkoper uit nie – tyd is ook geld.

elegant vintage wedding elegant vintage weddingelegant vintage wedding elegant vintage weddingelegant vintage wedding

Vermaak


Dit was vir ons baie belangrik dat elke aspek van die troue gepaard gaan met die perfekte musiek vir die regte atmosfeer.  Ons kon nie ons eie platejoggie kies nie en het dus baie skepties ons eie trou musiek-lys opgestel – ʼn liedjie vir elke oomblik.  Dit het werklik baie pret verskaf;  Van die seremonie regdeur totdat ons uit die venue gestap het na die onthaal. Die platejoggie het toe wel geweet wat hy doen en ons bitter oulik geakkommodeer.

elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage weddingelegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding

Spesiale Tradisies


Sentiment het ʼn groot rol gespeel in die ontwerp van ons ringe, die kies van ons tema en in ons uitrustings.  Dit was ʼn eer gewees vir die bruid om in haar Ouma se trourok te kon trou!

Ons is nie groot op tradisionele gebruike wat nie vir ons sentimentele waarde het nie.

elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding

Venue & Dekor


Die spesifieke venue was besigtig op aanbeveling – ons was onmiddellik verlief op die boomryke omgewing en natuurskoon.  Hul pakket was eenvoudig uiteengesit en baie inklusief, wat ook dadelike as pluspunt gereken was.

Ons dekor was geïnspireer deur Corné se gunsteling foto van my – waar ek hurk onder die suurlemoen boom in ons tuin met ʼn suurlemoen in my hande.  Ek dink ek was dalk vier jaar oud!  Die suurlemoen tema is deur getrek met verdere versierings van klein glas botteltjies en wit en geel blommetjies.  Geel is ʼn gelukkige kleur.

elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding

Wittebrood


Ons het saam aan ons wittebrood beplan en besluit om ʼn Weskus toer te reël.  Ons het Kaapstad toe gevlieg, ʼn huur-kar gekry en al die pad in Airbnb gebly, uitgeëet na hartelus en weer verder gery om ons mooi land te bewonder.  Vir ʼn week lank het ons onsself oor niks bekommer nie – dit is ʼn groot hoogtepunt waarna ons gereeld verlang!

elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding

Eerste Dans


Ons eerste dans liedjie was Olly Murs se Dance with me tonight.

Ons het ʼn video op YouTube gesien en dadelik geweet ons wil iets soortgelyks probeer doen.  Nie een van ons is goeie dansers nie, alhoewel ons albei baie van dans hou.  Corné speel dromme en het dus lekker ritme!  Dit het ʼn paar aande se dans en rondspeel gevat en eventueel het ons ʼn dansie uitgewerk gekry waarmee ons beide gemaklik was.  Daar was nie tyd of geld vir danslesse nie en ons albei was gemaklik om te improviseer.  Mense sal enige iets geniet as hul sien jy geniet jouself!

elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding elegant vintage wedding

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme


Dames:

Dis okay om nie ʼn perfekte trou-boek/-lêer met alles netjies georganiseer en agtermekaar te hê nie.  As alles op gmail is, vind jy dit baie gou as jy jou hand daarop moet lê, maak nie saak waar jy is nie.  Maak sommer ʼn trou adres en email alles soontoe.

Trou inspirasie begin nie as jy verloof raak nie.  Dit het begin toe jy en jou 5 jarige nefie trou-trou in die tuin gespeel het met ʼn vadoek oor jou kop!  Elke ietsie wat jy eens in ʼn fliek gesien het wat vir jou mooi was, elke keer wat jy ʼn madeliefies gesien het en gedink het dis eintlik die mooiste blommetjie of elke keer wat jy ʼn trourok in ʼn winkelvenster bewonder het – dis wat jou uiteindelik inspireer om jou eie goedjies uit te kies.  Pinterest idees is oulik en soms baie mooi, maar dis nie jy nie – dit gaan jou net deurmekaar maak.

Kêrels:

Om ʼn duur pak te hê is mooi en dit lyk goed, maar die vraag wat jy vir jouself moet vra – as jy so baie geld spandeer op die pak, wat word van hom na die troue?  Hoeveel keer gaan jy hom weer dra?  ʼn Goeie fotograaf sal ʼn goedkoop pak goed kan laat lyk, maar jy wil nie ʼn onhebbelik duur pak hê en jou fotograaf kan dit nie vasvang nie.  Belê eerder in die fotograaf.

Jy moet baie mooi besluit watter manne jy langs jou sy wil hê as jou strooijonkers op die dag.  Die dag is baie stresvol en niemand anders kan jou anders sê nie, daai manne langs jou sy help in baie meer fasette van die troue as wat jy dink.  Jy moet rustig wees op die dag en hulle kan dit vir jou doen!  As ek terug dink aan my troue is dit iets wat ek die meeste van die dag waardeer het.

elegant vintage wedding

Klik hier vir meer diensverskaffers

Akkommodasie: