Sam & Danelle se plaastroue

Bride and Groom

Ons by Mooi Troues is versot op ‘n mooi plaastroue en daarom is ons opgewonde om met ons lesers die plaastroue van Sam en Danelle met julle te kan deel.  Paartjies wat in Gauteng wil trou op ‘n plaas moet tog asseblief na Sam en Danelle se troue kyk vir inspirasie en dalk van hul diensverskaffers gebruik maak.

Praat van diensverskaffers – Sam en sy strooijonkers het al te dapper gelyk in pakke van Eurosuit.  Danelle vertel ook dat sy haar perfekte trourok by Bide&Co Revonia gevind het.  Sam se uitdrukking is so kosbaar toe hy die beeldskone Danelle in die trougang sien afloop.

Terwyl Sam en Danelle hul trou foto’s laat neem het was hul gaste vermaak deur die mooi lewendige musiek van die talentvolle duo Akoestiek Musiek.

Nou toe rol af en geniet Sam en Danelle se mooi plaastroue en deel dit asseblief met almal.

Women blowing glitter

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


1 Oktober 2018; Danelle (26) & Sam (30)

bridal bouquet Father of the bride

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het by ‘n braai ontmoet van gemeenskaplike vriende.  ‘n Paar maande daarna het ek ‘n aangename verrassing ontvang toe hy vir my begin boodskap het op Facebook en my nommer vra.  Hy het my genooi om ‘n koffie te gaan drink.  ‘n Jaar en ‘n half later het hy my op die strand gevra om te trou.

Eurosuit Eurosuit Men in suits Eurosuit Cool men in suits

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek het nie die perfekte prentjie van ‘n rok gehad nie.  Met my eerste rok-aanpas-sessie het my ma en die winkel assistent my gehelp.  Al die rokke was in geen spesifieke orde in die aanpas kamer gehang.  Die eerste een wat ek aangepas het was ‘n wenner.  Ek het daarna +-10 rokke aangepas en het terug gegaan en my droom rok gekoop.

Groom crying groom crying groom kissing bride

Vertel ons meer van jul ringe.


Maande voor ons verlowing het ek na foto’s van ringe gekyk wat hy skelm vir homself gestuur het.  Ek was nog altyd mal oor Roosgoud en wou graag die kussing diamant met ‘n stralekrans effek gehad het. Hy het alles reg gedoen.

weddingcake toppers bridemaids groomsmen

Vertel ons meer oor die fotograaf.


Ons was geseën met ‘n wonderlike fotograaf.  Sy is die vrou van Sam se werk kollege en hy het ons alles van haar mooi werk vertel een aand met sy se verjaarsdag.  Ons was baie gelukkig toe sy ons trou datum oop gehad het.  Die verlowings fotosessie het ons vreeslik geniet en dit was ‘n baie goeie ken mekaar sessie wat ons net meer gemaklik gemaak het vir die groot dag se foto’s.

Bride and Groom Bride and Groom Bride and Groom Bridal Dress Bride&Co Bridal Dress Bride&Co

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Vir my was dit kosbaar om my pa se gesig te sien toe hy my sien vir die eerste keer.  Natuurlik my man se trane soos ek by die trougang na kansel afgestap het.  Vir hom was dit die oomblik toe die musiek begin speel en hy my kon begin sien aanstap deur die vensters.  Ons altwee wens net tyd kon stadiger verby gaan.

Bridal Couple groom with cows in backgroud

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ons wou graag ‘n nuwe liedjie gebruik wat niemand al van te vore gebruik het by al die troues wat ons was nie.  Die eerste keer wat ek Roan Ash se nuwe liedjie “If I ever saw heaven” gehoor het het dit my hoendervleis gegee.  Die woorde is so pragtig en raak my hart elke keer as ek daarna luister.  Ek en Sam stuur gereeld vir mekaar klein stukkies van die die liedjie as voice notes op WhatsApp elke keer wat ons dit hoor op radio.  Ons het maar nou en dan ‘n dansie probeer oefen in die kombuis as ons ‘n kans gekry het.

bride with cows in background bride with cows in background

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Dit was regtig soos hulle se ‘Goddelike ingryping’.  Ons het per toeval op die venue afgekom op Facebook en hulle daardie dag net daar en dan gekontak om te hoor of ons deur kan kom om te loer. Die venue eienaar was so gaaf om ons rond te wys.  Hulle het ons datum beskikbaar gehad en ons het geweet hierdie venue is die een.

Ek is in die dekor industrie en ek wou graag iets uniek hê vir ons troue.  My strooimeisies se rokke wat Boergondië sou wees, het meer Pruim vertoon en ek het so besluit om meer die Bessie kleur skema in te bring.  Ek is ook mal oor die kaal hout van die tafels met ‘n verskeidenheid van dekor items en my gunsteling van alles natuurlik die mooi kleurvolle blomme!

Wedding decor Wedding decor

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Sam het die wittebrood beplan na Thailand.  Dit was ‘n plekkie wat ons nog altyd wou sien en beleef.  Vir my was dit ‘n lekker verassing dat hy alles beplan het en dit was ook vir ons altwee die eerste keer oorsee.  Dit was baie spesiaal om dit saam te ervaar en om terug te dink aan ons tydjie en stories te vertel, want daar is net teveel.

Wedding decor Wedding venue decor Wedding Stationary

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?  Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het nie ‘n spesifieke begroting gehad nie en wou wel nie geld mors en te groot gaan op die troue nie.  Daarom het ons mooi gesoek wat ons wou hê en daarna daarvoor gespaar en begroot.

Wedding venue wedding stationary

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Bruid advies – Geniet die beplanning saam met die mense naaste aan jou en betrek die mense wat wil help.  Daar is soveel dinge wat gelyk gebeur nader aan die tyd, dat mens vinnig oorweldig kan voel.  Daar is verskillende tipes spanning en niemand weet hoe gaan die trou spanning jou vang nie.  Wees rustig en weet dat as daar iets verkeerd loop dit meeste van die tyd net jy is wat dit weet.

Bruidegom advies – Geniet die tyd saam met jou vriende naaste aan jou en die vriende waarmee jy ‘n lang pad stap.  Moet nie bekommer oor wie om te nooi en wie nie, maak net seker vir lekker musiek en lekker kos.

Diensverskaffers