Brett & Meagan se natuur verlowing fotosessie

Brett & Meagan het hul trou-avontuur afgeskop met ‘n verlowing fotosessie in die natuur.  Indien ‘n paartjie besluit om ‘n verlowing fotosessie te doen,  is dit die eerste amptelike stap van die trou proses en iets wat julle vir altyd sal onthou as die begin van jul reis.  Daarom is dit belangrik om ‘n fotograaf én omgewing te kry waarmee die paartjie gemaklik voel en wat by hul persoonlikhede pas.  Brett & Meagan se foto’s het pragtig uitgekom en bring die paartjie se rustige en kalm aard na vore.

Rol af en geniet die pragtige verlowing fotosessie.

verlowing fotosessie in die natuurAlexis Muntz Photography Meagan + BrettAlexis Muntz Photography Meagan + BrettAlexis Muntz Photography Meagan + BrettAlexis Muntz Photography Meagan + BrettAlexis Muntz Photography Meagan + BrettAlexis Muntz Photography Meagan + Brett

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Ons eerste ontmoeting was by die Neighbourgoods Market in Johannesburg.  Ons het later uitgevind ons bly minder as 5 minute van mekaar af in Pretoria, maar ons paaie het nog nooit vantevore gekruis nie!  Ek (Meagan) was in die begin bietjie hardkoppig en het nee gesê toe Brett my nommer vra.  Gelukkig het hy my op Instagram opgespoor en van toe af het ons elke dag gesels!

Alexis Muntz Photography Meagan + BrettAlexis Muntz Photography Meagan + Brettverlowing fotosessie in die natuurAlexis Muntz Photography Meagan + BrettAlexis Muntz Photography Meagan + BrettAlexis Muntz Photography Meagan + BrettAlexis Muntz Photography Meagan + BrettAlexis Muntz Photography Meagan + Brett

Vertel ons wie het wie gevra om te trou?


Brett het my verras met ons verlowing.  Ons gaan gewoonlik Sondae na kerk vir ietsie om te eet; So ek het nie veel daarvan gedink toe hy sê ons moet gaan uiteet nie.  Toe ons by die restaurant kom, het dit skielik begin storm reën!  Ek het solank ingehardloop en hy het gaan parkeer. ‘n Kelner het my kom sê ons tafel is gereed en dat ek maar kan deurstap.  Toe ek by die trappe afstap het Brett my op een knie, in ‘n roosblaar hartjie, ingewag.

Alexis Muntz Photography Meagan + BrettAlexis Muntz Photography Meagan + BrettAlexis Muntz Photography Meagan + BrettAlexis Muntz Photography Meagan + BrettAlexis Muntz Photography Meagan + BrettAlexis Muntz Photography Meagan + Brettverlowing fotosessie in die natuurAlexis Muntz Photography Meagan + BrettAlexis Muntz Photography Meagan + BrettAlexis Muntz Photography Meagan + Brett

Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?


Ons het vroeg in ons verhouding besluit ons wil elke stap van ons paadjie onthou.  ‘n Verlowing fotosessie in die natuur was perfek om ons herinneringe vas te vang.  Ons het ook die foto’s gebruik vir ons onthou-die-datum uitnodigings en ons trou-webtuiste.  Van die foto’s het ons laat opblaas en in ons televisiekamer gesit.

Alexis Muntz Photography Meagan + Brettverlowing fotosessie in die natuurAlexis Muntz Photography Meagan + BrettAlexis Muntz Photography Meagan + Brettverlowing fotosessie in die natuurAlexis Muntz Photography Meagan + Brett

 

Alexis Muntz Photography Meagan + Brett
Alexis Muntz Photography Meagan + BrettAlexis Muntz Photography Meagan + Brett

Alexis Muntz Photography Meagan + Brett

Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?


Ons idee van ‘n droomtroue is ‘n troue waar God die middelpunt is.  Ons wil graag ‘n dag vol liefde en vreugde hê wat ons saam met ons familie en vriende kan deel.  In terme van dekor, sal ons tema ligte pienk en roosgoud wees.  Ons het albei saamgestem dat die styl vir die troue elegant en romanties moet wees.

verlowing fotosessie in die natuur

 

Alexis Muntz Photography Meagan + BrettAlexis Muntz Photography Meagan + BrettAlexis Muntz Photography Meagan + Brettverlowing fotosessie in die natuurAlexis Muntz Photography Meagan + BrettAlexis Muntz Photography Meagan + BrettAlexis Muntz Photography Meagan + Brettverlowing fotosessie in die natuur

Diensverskaffers