Sagte Koraal geïnspireerde trou inspirasie

Ons by Mooi Troues deel die Sagte Koraal geïnspireerde trou inspirasie, ʼn pragtige kleur met soveel potensiaal, wat jou asem sal laat wegslaan met ons lesers. Die hele doel van die sessie was dat die fokus op Lente en helder kleure moes val. Alles hang af van hoe jy dit bymekaar sit.

ʼn Fantastiese span diensverskaffers het saam gewerk om jou die trou inspirasie te bring.  Al die elemente van die fotosessie pas mooi saam.  Van die model se stylvolle noupassende kant-trourok tot die pragtige dekor elemente.  Ons by Mooi Troues is ook mal oor die blomme ontwerpe.  Blomme gee altyd kleur en lewe aan enige spasie.

Die gebruik van skakerings van koraal-kleure en oranjes pas so mooi in by die fotosessie.   Die “dankie sê” bokse op die glas borde pas so mooi in by die res van die moderne tafel uitleg.  Met die blom illustrasies op die skryfbehoeftes, bring dit net alle elemente weer bymekaar.

Dit is baie belangrik om diensverskaffers te gebruik wat goed kan saam werk.  Vir Mooi Troues se fantastiese diensverskaffers, besoek ons trougids.  Rol af en geniet die sagte Koraal geïnspireerde trou inspirasie hieronder.

Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration

Wie het die fotosessie gereël?


Ek as fotograaf en Stephanie van Fynbos Bridal het met die idee vorendag gekom dat ons ʼn gestileerde fotosessie wil doen, daarna het Myrna wat Bell and Blossom se Trou koördineerder is ingespring en vinnig vinnig het ons al die verskaffers bymekaar gekry om ʼn volledige span te vorm vir die gestileerde sessie.

Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration

Inspirasie agter die fotosessie:


Vroeër die jaar het ek ʼn gestileerde sessie gesien deur een van my gunsteling oorsese fotograwe getiteld “In living Coral”.  Lente was om die draai en ek het besluit om ʼn projek daarvan te maak sodat ons dit 1 September kon deel op al ons platvorms.  Hierdie fotosessie moes lente skreeu wanneer mense dit vir die eerste keer sien.  Die afgelope paar maande het die Trou industrie ook deur ʼn baie moeilike tyd gegaan met die Covid-19 pandemie.  Hierdie fotosessie moes ook nuwe hoop simboliseer en dat ons almal in volle kleur moes bloei in die nuwe seisoen wat aanbreek.

Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ek en Stephanie van Fynbos Bridal het ʼn idee gehad hoe ons wil hê die sessie moes lyk.  Ek het vir Myrna van Bell and Blossom gekontak juis oor die venue meestal uit glas gemaak is en so mooi en ligte atmosfeer skep.  Daarna het die res van die verskaffers een vir een in plek geval en ons kon nie vir beter gevra het nie.  Elke verskaffer het hulle puik van hul taak gekwyt en dit het my wildste verwagtinge oortref.

Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration

Agter die skerms van die fotosessie:


Stephanie van Fynbos Bridal het die dag van die sessie positief getoets vir Covid.  Sy kon ongelukkig nie die sessie meemaak nie maar ons kon gelukkig ʼn plan maak om die rok te kry.

Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration v

Mees spesiale deel van die fotosessie:


Daar gaan altyd maar bietjie spanning gepaard met ʼn gestileerde sessie maar ons almal het gereeld gesels voor om seker te maak dat ons op dieselfde bladsy is.  Vandat ek die eerste foto geneem het, het ek geweet hierdie is een van die beste sessies wat ek nog ooit afgeneem het. Alles het so mooi bymekaar gekom en ons kon sien dat ons visie voor ons oë afspeel.

Coral inspired wedding inspiration width= Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration

Dekor:


Ons het gegaan vir ʼn baie skoon en lewendige styl.  Die dekor was meestal wit en glas gewees omdat al die blomme sulke helder kleure was, ons het ook kerse bygevoeg om ʼn gevoel van atmosfeer te skep.  Die res van die dekor was ook baie minimalisties omdat die fokus op die helder kleure moes val. Ons het die “blomme boog” bygesit om ʼn element van afronding te skep wat ook gelei het tot ongelooflike foto’s.

Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration

Kleurskema:


Die hele doel van die sessie was dat die fokus op Lente en helder kleure moes val. Maryke van Love and Grace was ongelooflik.  Ek het vir haar ʼn paar foto idees gewys en sy het vir die res gesorg.  Die hoof kleur was koraal gewees en sy het kleure soos pienk, appelkoos, geel en oranje bygevoeg om dit te komplimenteer en ʼn vol prentjie te skep.

Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration

Venue en Ligging:


Ek het van die begin af geweet ek wil die sessie in ʼn glas venue skiet waar baie natuurlike sonlig inkom.  Nadat ek Bell and Blossom ontdek het, het ek geweet die venue is perfek.

Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration

Trourok en bruidegom pak:


Ek en Stephanie het gesels en besluit op “Laila” ʼn stylvolle noupassende kant-rok wat perfek aan ons model gelyk het en waarby bruide wat in die lente trou inspirasie kan vind.

Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration Coral inspired wedding inspiration

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


As jy as bruid van iets spesifiek gehou het kontak daardie verskaffer.  Die lys verskaffers wat deel was van die sessie is top verskaffers in die Suid Afrikaanse trou industrie, hoogs professioneel en weet wat hulle doen.  Jou groot dag hoef nie altyd oordryf te wees nie.  Soms kan jy dit skoon en minimalisties hou en dit opkikker met helder blomme en een kleur wat uitstaan.

Coral inspired wedding inspirationCoral inspired wedding inspiration

Klik hier vir diensverskaffers