Hein & Suzanne se selfdoen troue in Tulbagh

By Mooi Troues hou ons van paartjies wat baie betrokke is by die dekor van hul troue.  Ons sien ‘n groot tendens dat paartjies tyd neem uit hul besige skedules en saam familie goedjies maak vir hul troue, as die familie nie te opdringerig is met hul eie idees nie kan dit ‘n aangename ondervinding wees was die mooiste herinneringe koester wat ongelukkig nie of fotos vas gevang sal word nie. Suzanne deel met ons ‘n brokkie inligting “Ons het origamie blommetjies van my ouma se ou musiek-boeke gemaak.  Terwyl my niggie besig was om te vou en plak, vind sy ‘n bladsy waarop my ouma haar naam self geskryf het.  Hierdie papier blommetjie was in my ruiker.”

Geniet die troue en kry sommer baie inspirasie by die troue.

suzanne-en-hein_0002 suzanne-en-hein_0003 suzanne-en-hein_0004 suzanne-en-hein_0005 suzanne-en-hein_0006 suzanne-en-hein_0007 suzanne-en-hein_0008 suzanne-en-hein_0009 suzanne-en-hein_0010suzanne-en-hein_0011 suzanne-en-hein_0012 suzanne-en-hein_0016 suzanne-en-hein_0017 suzanne-en-hein_0018 suzanne-en-hein_0020


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Op Stellenbosch tydens ons studentejare.


suzanne-en-hein_0013suzanne-en-hein_0014 suzanne-en-hein_0015


Hoe het julle verloof geraak?

Hein ‘n naweek weg gereël – om bietjie te ontsnap van die besige lewe van ‘n hoërskool-juffrou en ‘n prokureur bestaan.  Ons het in ‘n klip huisie net buite Tulbagh gebly.  Die Saterdagoggend het ons gaan stap op die plaas en toe ons terugkom, het Hein vir my sy nuwe liedjie op sy kitaar gespeel.  Ons plan was om ‘n paar wynplase te gaan besoek, so ek het solank gaan regmaak.

Hein was in Dagbreek en hulle kenteken is die Eiffel-toring.

Toe ek amper reg was om te gaan, roep hy my buitentoe om iets te kom kyk.  Toe ek uitkom op die stoep, staan Hein op sy knie langs ‘n hout Eiffel-torinkie met die ring boksie in sy hand. Ek het so verskriklik gebewe, maar dit was die perfekte oomblik.


suzanne-en-hein_0028suzanne-en-hein_0030suzanne-en-hein_0021 suzanne-en-hein_0022 suzanne-en-hein_0023 suzanne-en-hein_0024 suzanne-en-hein_0026 suzanne-en-hein_0027 suzanne-en-hein_0029 suzanne-en-hein_0031suzanne-en-hein_0032suzanne-en-hein_0051


Hoe lank was julle saam voor julle getrou het?

Ons was vyf jaar en sewe maande saam.


suzanne-en-hein_0033 suzanne-en-hein_0034 suzanne-en-hein_0035 suzanne-en-hein_0036 suzanne-en-hein_0037 suzanne-en-hein_0038 suzanne-en-hein_0039 suzanne-en-hein_0040suzanne-en-hein_0041 suzanne-en-hein_0042 suzanne-en-hein_0044 suzanne-en-hein_0045 suzanne-en-hein_0049 suzanne-en-hein_0046 suzanne-en-hein_0048


Advies aan ander paartjies

Kommunikasie en kwaliteit tyd saam.

Hein se wens vir ons huwelik wat hy in sy toespraak op ons troue gegee het, is: Mag ons altyd anders wees. Mag ons altyd eg wees. Mag ons altyd onvoorspelbaar wees.

DIT is belangrik.  Julle twee moet soos ‘n mini “bende” wees – daar moet sekere dinge wees wat net tussen julle twee bly.

En seker die heel belangrikste: bid saam.


suzanne-en-hein_0047 suzanne-en-hein_0050suzanne-en-hein_0052 suzanne-en-hein_0053 suzanne-en-hein_0054 suzanne-en-hein_0055 suzanne-en-hein_0056suzanne-en-hein_0057 suzanne-en-hein_0058 suzanne-en-hein_0059 suzanne-en-hein_0060suzanne-en-hein_0061 suzanne-en-hein_0062 suzanne-en-hein_0063 suzanne-en-hein_0064 suzanne-en-hein_0065 suzanne-en-hein_0066 suzanne-en-hein_0068suzanne-en-hein_0070 suzanne-en-hein_0069 suzanne-en-hein_0067suzanne-en-hein_0073 suzanne-en-hein_0071 suzanne-en-hein_0072 suzanne-en-hein_0077suzanne-en-hein_0076 suzanne-en-hein_0074 suzanne-en-hein_0075 suzanne-en-hein_0078

Diensverskaffers