Die liefde is geduldig uitstel kaartjie idee

Almal van reg oor die wêreld bevind hulself in ʼn vreemde situasie en daarom deel ons vandag die uitstel kaartjie idee.  Emmerentia van Oh Yay het die oulikste uitstel kaartjie idee ontwerp wat lees “Die liefde is geduldig”.  Hierdie kaartjie kan gebruik word deur paartjies om hul trou datum uit te stel na ʼn ander datum.  Dit is perfek vir die paartjies wat al klaar hul uitnodigings gestuur het na gaste met ʼn bevestigde datum.

Jy kan dat Oh Yay so ʼn kaartjie vir jou troue ontwerp en dit na al jou gaste stuur.  Dit is belangrik om eers met al jou diensverskaffers te gesels oor hul beskikbaarheid vir die nuwe datum.  Indien jy wel almal bevestig het, dan is dit die regte tyd om die kaartjie na almal te stuur.  In plaas daarvan om jou hele uitnodiging stel oor te doen, stuur jy die meer eenvoudige weergawe.  So bespaar jy kostes en ook jou tyd.  Dit is makliker om iets meer eenvoudig te gebruik.  So weet jy almal kry die boodskap.

Indien jy wel ʼn meer formele uitnodiging wil stuur kan jy.  Dan sal die net tel as ʼn tydelike kaartjie sodat jou gaste die datum kan oophou.  Elke paartjie sal hierop self besluit.  Indien jy wel ʼn nuwe stel skryfbehoeftes soos uitnodiging wil stuur met jou nuwe datum is jy meer as welkom om so te doen.

Oh Yay Designs

Meer oor Skryfbehoeftes op Mooi Troues


Trou skryfbehoeftes speel ‘n belangrike rol in jou troudag.  Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers.  Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf.  Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuwe tendense.  Mooi Troues het ‘n groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.

Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry.  Dan volg die sitplekkaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels wat die eerste dinge is waarna gaste soek wanneer hulle die venue binnekom.  Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet.  Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.

Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag?  Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn.  Elke  bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.

Ons het ook ‘n groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar.  Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik.  Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.

Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items.  Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, klik hier om ons Trougids te besoek.

Mooi Troues hoop jy geniet die bron van inspirasie wat ons vir jou troudag bied.

Oh Yay Designs

Artikel Krediet: