Ruan & Jade se Romantiese Troudag

Love BeLoved se kennis en ervaring, tesame met Ruan en Jade se interessante idees, was die perfekte kombinasie vir ʼn onvergeetlike, prentjiemooi troudag.  Meeste paartjies kry idees vir hul troudag op Pinterest, in tydskrifte, by verskillende trou-webtuistes, by familie en vriende, asook vorige troues wat hul bygewoon het.  Maar, nie dié twee nie!  Hulle het hul gunsteling flieks as inspirasie gebruik om hul groot dag so persoonlik en spesiaal as moontlik te maak.  Elemente uit La La Land, Beauty and the Beast en Phantom of the Opera is gebruik om ʼn intieme en romantiese troudag te skep.  Ruan en Jade se visie was dat elke gas moet voel asof hulle op ʼn romantiese spesiale afspraak saam met hul metgesel is.

Rol af om te sien hoe presies dié paartjie dit reggekry het om ʼn perfekte troudag uit hierdie drie uiteenlopende flieks te skep.

Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/VideographyShanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons het op 9 Maart 2019 getrou.  Ruan en Jade was albei 25 jaar oud.

Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography

Bruid se trourok


My rok was eenvoudig.  Ek wou graag ʼn rok kry wat nie té oorweldigend is nie.  Ek het iets tydloos gesoek.

Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/VideographyShanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/VideographyShanay Greene Photography/Videography

Ringe


Ruan

My ring is spesiaal vir my ontwerp.  Dit het ‘n Superman, spesifiek Man of Steel (2013) simbool en binne in die ring is “Jade Lara” gegraveer in Kriptoniem.

Jade

Ruan het my verras om vir my die perfekte klassieke ring te ontwerp – ʼn ovaal diamant in ‘n Solitêr geset.

Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/VideographyShanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het mekaar in Bloemfontein ontmoet.  Ek (Ruan) het vir Jade by Mosselbaai se punt gevra om te trou.

Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/VideographyShanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography

Merkwaardigste Oomblik


Daar is baie oomblikke wat ons kan waardeer op ons troudag, maar ons sal ons spesiale dans oomblik nooit kan vergeet nie.  Die liedjie wat gespeel het, het gevra wat ons vir mekaar vra en dit het oor ons gespreek.  In daardie oomblik het dit gevoel of alles reg is.

Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Ruan:

Dra ʼn das en baadjie, al is dit warm.  Dis jou troudag!  Dis jou en jou vrou se dag, moenie dat mense se opinies beïnvloed hoe julle die dag wil hê nie.

Jade:

Ek en Ruan het besluit om sy broer en my suster te vra om ons hoof strooimeisie en strooijonker te wees.  Ons is baie lief vir hulle en weet dat ons ons hele lewe ʼn intieme verhouding met hulle sal hê.  Ons kan nou terugkyk op die foto’s en nie die besluit vir ʼn oomblik twyfel nie!

Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Shanay Greene Photography/Videography Flowers and decor  -  Love BeLoved

Venue & Dekor


Ons wou iets romanties en intiem gehad het, asof elke persoon wat daar is, op ʼn spesiale afspraak is.  Die dekor is ʼn mengsel van ons gunsteling goed, bv. sagte kleure en teksture, asook en ons gunsteling fliek saam – La La Land.  Goud is ook deel van die dekor, omdat Jade mal is oor Beauty and the Beast, en daaruit kom die rooi roos.  Die swart en rooi is ook uit Ruan se obsessie met Phantom of the Opera.  Op die tafels was daar ʼn handgeskrewe brief vir elke gas, wat ons met ʼn was stempel geseël het.

Flowers and decor  -  Love BeLovedFlowers and decor  -  Love BeLoved Flowers and decor  -  Love BeLoved Flowers and decor  -  Love BeLoved

Wittebrood


Ons beplan nog die groot wittebrood, maar ons was intussen Knysna toe vir ons “Minimoon.”

Flowers and decor  -  Love BeLoved Flowers and decor  -  Love BeLovedFlowers and decor  -  Love BeLoved Flowers and decor  -  Love BeLoved Flowers and decor  -  Love BeLoved Flowers and decor  -  Love BeLoved Flowers and decor  -  Love BeLoved

Eerste Dans


Ons eerste dans liedjie was die tema lied van die fliek La La Land, wat lewendig oor klavier gespeel was.  Ons het ʼn samba dans geleer om sag op die musiek te dans.

Flowers and decor  -  Love BeLoved Flowers and decor  -  Love BeLoved Flowers and decor  -  Love BeLoved Flowers and decor  -  Love BeLoved

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers