Morné & Juan se naweek lange liefdesfees

Die tema van “Iets blou, iets oud, iets geleen” is ʼn groot element wat sterk deurtrek in die styl van Morné en Juan se naweek lange liefdesfees.  Hul liefdesfees was ʼn heel naweek gevier en kon hul lekker saam al hul familie en vriende kuier.  ʼn Mens se troudag gaan so vinnig verby en later is paartjies spyt omrede hul nie by al hul trou gaste op die dag kon uitgekom het nie.

Die paartjie vertel hier onder aan Mooi Troues se lesers wat vir hul uiters belangrik was by die keuse van hul trouvenue.  Hul trouvenue in die Oos-Kaap het ʼn pragtige kapel wat een van die land se oudste orrels huisves wat jou hoendervleis gee as dit beleef.

Hier by Mooi Troues hou ons baie van die paartjie se fotosessie in die Lemoenboorde.  Hulle blou trou dekor was ook baie smaakvol gedoen met baie selfdoen inspirasie vir ons lesers.  Daar was ook genoeg vermaak vir al die trou gaste terwyl Morné en Juan met hul gevolg besig was met die fotosessie.  So het die gaste nie verveeld geraak nie.

Rol af en geniet Morné en Juan se spesiale liefdesfees.

gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa

Paartjie se Liefdesreis


Ons het deur vriende ontmoet en was vir 3 jaar beste maats.  Voor ons weet wat gebeur was daar ʼn soen betrokke.  Juan het vir Morné uitgevra in 2014 en ons verhouding het gegroei vir die volgende 3 jaar.  Morné het toe vir Juan verras met ʼn verloofring in Kanada by die Nigerië-watervalle voor Juan se ouers, hoe kon hy nee sê.

gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa

Die Verlowing


Ons was verloof vir 2 jaar en in hierdie tydperk het ons vir die eerste 8 maande die verlowing ingeneem, dis ʼn wonderlike gevoel.  Toe skop ons in “planning mode”.  Ons het self die troue beplan.  Pinterest het verskriklik baie gehelp van font details, kleur skemas en koek versierings.  Ons het venues en fotograwe gekontak om pryse uit te vind.  Die eerste keuse van fotograaf het ons so gemaklik gevoel toe ons hom ontmoet en net daar bespreek.  Ons het na 4 venues gaan kyk en die een wat ons gekies het was die laaste een wat ons besoek het.  Dadelik verlief geraak en geweet ons wil ons huwelik net daar begin.  Ons is ʼn kreatiewe paartjie en ons het sommer self die trou-webblad gemaak en vir al die gaste gestuur.

gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa

Spesiale Tradisies


Die venue het ʼn pragtige kapel wat een van die land se oudste orrels huisves wat jou hoendervleis gee as dit beleef.  Ons het al twee ons Ma’s gevra om ons weg te gee by die kansel.  Ons het ons naaste familie gevra om vorentoe te kom om ons huwelik te seën gedurende die seremonie.

gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa

Merkwaardigste Oomblikke


Ons het geweet ‘n mens se trou dag gaan so vinnig verby en toe besluit ons om dit ʼn hele naweek liefdesfees te maak.  So kon ons my almal uitkom en onsself langer geniet met vriende en familie.

gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa

Vermaak


Ons het prettige grasperk speletjies gemaak: “croquet, x&o’s, ring gooi en boules” om hulle besig te hou terwyl hulle aan verwelkoming drankies en voorgereg smul.  Terwyl ons gewag het vir die hoofgereg het ons die “shoe game” met ʼn kinkel gespeel.  Ons het vlaggies gebruik omdat ons skoene baie eenders gelyk het.

gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa

Paartjie se styl


Ons het altwee by dieselfde kleur skema gehou soos vlootblou, wit en khaki.  En wou eenders lyk, maar tog hier en daar ʼn verskil soos ons baadjies en das/strikdas hê.

Albei het gehou van ʼn eenvoudige witgoud ring met ʼn dun band.

gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa

Die Besluitnemingsproses


Ons het altwee saam die besluite geneem en hier en daar opinies gevra by ons ouers en vriende.

gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme


Die beplanning speel ʼn groot rol en julle moet elke oomblik daarvan geniet want op die troudag gaan alles so vinnig verby.  Neem oomblikke met jou nuwe man/vrou en neem alles in, dis goud werd!

Ons voel van die belangrikste aspekte begin by jou begroting, weet wat alles kos en wat julle kan bekostig en begroot 15% vir onvoorsiene onkostes.  Maak seker die kos is lekker met ʼn goeie platejoggie.

gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa

Venue & Dekor


Daar was 3 aspekte waarna ons gesoek het.

  1. Die eerste een is dat ons wil gemaklik voel met die eienaar van die venue omdat ons ʼn gay paartjie is.
  2. Tweedens is dat hulle vir ons alles van dekor, kos en koek kan doen.
  3. Derdens het ons verlief geraak op die kapel wat hulle op die venue het, perfek vir ons en ons gaste.

gay weddings in south africa gay weddings in south africa

Gunsteling Diensverskaffers


Ons drie gunsteling verskaffers was:

  • Fotograaf, Ray Truter, hy het alles so gemaklik laat voel en soveel unieke foto’s geneem waar elke oomblik onvergeetlik is.  Ray het werklik die ekstra myl gegaan.
  • Die venue, Shamrock Chapel & Belle Vue, wat asemrowend gelyk het en hoe die eienaars alles vlot laat verloop het.  Definitief waarde vir ons geld, hulle het alles vir ons gedoen.
  • Wim Vermeulen, ons predikant wat trane tot ons en ons gaste gebring het.  Hy het hierdie aangrypende manier met sy woorde.

gay weddings in south africa gay weddings in south africa

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke


Ons is so gelukkig hoe alles verloop het, ons het nie eintlik iets om oor te kla nie.  Wens net dit het langer aangehou.

gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa

Finansiële Aspekte


100 Gaste was genooi en 90 het bevestig.  Ons het begroot vir R80 000, maar op die ou einde het dit by R90 000 gedraai as gevolg van onverwagte/wegsteek onkostes.  Baie goeie beplanning is noodsaaklik dus raai ons aan om ʼn ekstra 15% te begroot.

gay weddings in south africa gay weddings in south africa

Eerste Dans


Ons het ʼn eerste dans was op “My alles – Demi Lee Moore” omdat die woorde van die liedjie baie naby aan ons harte is.  Ons het vir dans lesse gegaan, want Juan het twee linker voete.  Ek sal enige paartjie aanbeveel om dit te gaan doen omdat dit onverwagte pret is wat jou soveel nader aan mekaar bring.

gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa gay weddings in south africa

Wittebrood


Ons het vir ʼn geldjie gevra vir ons wittebrood oorsee, wat ons beplan na Phuket.  Intussen het ons ʼn 3 dag wegbreek in Hogsback deurgebring en die rustige en beeldskoon natuurlewe geniet.

gay weddings in south africa gay weddings in south africagay weddings in south africa

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: