Tropiese Karoo Sryfbehoeftes

As jy nog nie na ons fotosessie by Bosjes gekyk het nie, klik hier om sommer nou daarna te kyk.  Die skryfbehoefte ontwerp was deel van die fotosessie gewees.  Ons is baie opgewonde om die skryfbehoefte stel wat Blooming Wonderful vir ons ontwerp het met jou te deel.  Mooi Troues se stigter het met die konsep van Tropiese Karoo gekom.  Dit is nie twee woorde wat maklik saam gaan nie, maar die konsep werk perfek saam.  Ons het Tropiese elemente gemeng met Karoo elemente, Mooi Troues se twee gunsteling elemente in een kombinasie.  Ons is mal oor die skryfbehoefte ontwerp wat Blooming Wonderful ontwerp het, met ‘n tema wat nog nie voorheen gedoen was nie.  Hierdie tema kan perfek werk by albei tema’s, karoo en tropies.  Dit is definitief iets vir die eksentrieke bruidspaar wat hou daarvan om anders te wees.

Artikel Krediet: