Hein & Simandri se verlowing fotosessie by Bloubergstrand

Bloubergstrand, met sy onbelemmerde uitsig oor Tafelberg, was Hein en Simandri se gekose omgewing vir hul verlowing fotosessie.  Na ses goue jare saam, het die paartjie uiteindelik besluit om die pad na ʼn getroude lewe af te skop.  Simandri vertel dat alhoewel meeste van hul familie en vriende in Johannesburg woon, kon hulle bloot nie die Kaap se magiese skoonheid weerstaan nie!

Met Hein en Simandri se keuse van omgewing vir hul verlowing fotosessie én hul keuse van trou venue, kan ons aflei dat hierdie paartjie stylvol is en ʼn pragtige troudag sal optower!

Rol af om ʼn voorsmakie van hul styl te kry deur na hul verlowing fotosessie by Bloubergstrand te kyk.

verlowing idees verlowing idees verlowing idees verlowing idees verlowing idees

Die paartjie se liefdesreis


Op pad na vriende se huis om bietjie te gaan kuier, stap ek in en loop vas teen in onbekende gesig – skinny jeans wat eindig by ʼn paar Vans skoene, lang swart kuif met twee potblou glinsterende oë wat vir my loer.  Hy gee my toe so skuins kyk onderdeur sy kuif en ʼn skewe glimlag.   Wel, dit was die einde van my hart se paadjie en die begin van ons liefdes storie.

Ons het begin as vriende, maar Hein het altyd sy intensies duidelik gemaak deur om my hand te neem en gereeld vir my te sê:  “Kom hardloop weg saam my”.  My antwoord was altyd: “Reg so, waarnatoe gaan ons?”  So het ons lag-lag met mekaar gespot, met so ondertoon van erns wat nie een wou erken nie.

Ons paaie het vir ʼn rukkie geskei.  Drie jaar later ontvang ek ‘n boodskap uit die bloute: “Kom drink koffie saam my.”  Dié keer het hy my gegroet met netjiese blonde hare en ʼn knopies-hemp, maar nietemin steeds die bekende Vans skoene!  Op daardie tydstip, het hy begin werk en ek was op pad uit matriek.  Hy my in 2013 gevra of ek sy meisie sal wees.

verlowing idees verlowing idees verlowing idees verlowing idees verlowing idees verlowing idees verlowing idees

Die Verlowing


Terwyl ek gaan studeer het, was hy soos ‘n ekstra student.  Wanneer hy kon, het hy saam my op die stel kom werk as ons films doen, assisteer waar hy kon en seker gemaak ek kom veilig by die huis – wat gereeld na middernag was.  Die jaar na my studies het ons hard gewerk om te spaar om saam deur Europa te toer.  So het ons droom waar geword en was die spaargeldjies uiteindelik genoeg om dit te kon doen vir 32 dae lank.

Op die 28 Desember 2017, het ons in ‘n sprokiesmooi Bavarian Woud, wat toegevou is in ‘n wit laag sneeu, op ‘n ski-uitstappie gegaan.  By die derde rondte op by die berg, waar dit al begin donker word het, wag daar toe vir my op een van die berg se punte ‘n sirkel van rooi kersies, ‘n radio speler met ons liedjie en Hein op een knie.  Hy het my hand geneem en gesê: “Kom hardloop weg saam my.”  My antwoord was natuurlik weer ja – die keer net vir altyd.

verlowing idees verlowing ideesverlowing idees verlowing idees verlowing idees

Rede vir die verlowing fotosessie


Ons was gelukkig genoeg dat Armadillo Media ʼn verlowing fotosessie as deel van hul trou pakket het.   Ons het die geleentheid gehad om gemaklik voor die kamera saam met ons fotograwe te raak.  Hulle energie, grappies en kennis het glimlag baie maklik gemaak!  Danksy hulle het ons nou die mooiste foto’s wat ons al ooit geneem het!

verlowing ideesverlowing idees verlowing idees verlowing idees

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk


Ek dink die grootste uitdaging is altyd die troue beplan en om die duisende besluite te neem.  Ons grootste keuse was waar om die trou;  In Johannesburg, waar meerderheid familie-lede is, of in die Kaap op ‘n wyn-plaas.  Maar wie kan nou die mooie Kaap se magiese skoonheid weerstaan!  Dus het ons besluit by Allesverloren, in Riebeek Kasteel, tot ruste gekom.

verlowing idees verlowing idees verlowing idees verlowing idees verlowing idees verlowing idees

Inspirasie agter die verlowing fotosessie


Ons bly in Bloubergstrand en het ons fotograwe gevra om die sessie hier te kom skiet.  Die beplanning rondom hoe die foto’s moet lyk en wat ons moes doen, was  egter 100% hulle kreatiwiteit – insluitend in die yskoue see klim vir die mees ongelooflike foto’s!  Soos julle hieronder kan sien, kners ons in die koue water.

verlowing idees vverlowing idees verlowing idees

Tydperk voordat die knoop deurgehak word


Ek en Hein ken mekaar al amper 10 jaar, maar ons wou graag na skool eers wag voordat ons verloof word en daarna eers 2 jaar wag voor ons trou.  Ons is al 6 jaar saam en gaan nou eers trou!  Die lewe is haastig genoeg en ons het besluit om elke gedeelte van ons verhouding deeglik saam te geniet.  “Die lewe is slegs ʼn reis, nie ʼn eindbestemming nie.  Geniet die rit en leef dit voluit! “

verlowing idees verlowing idees

Klik hier vir diensverskaffers