Byron & Bianca se sprokies-troue

Wanneer mens aan ʼn sprokiesverhaal dink,  is die eerste gedagtes wat opkom ʼn magiese omgewing, ʼn prinses geklee in ʼn pragtige rok, ʼn ridder op ʼn wit perd en die mees belangrikste, ʼn gelukkige einde.  Feëverhale is meestal gemik op kinders omdat hulle die goed in alles raaksien, onvoorwaardelik liefhet en onwetend, optimisties na die wêreld kyk.  Byron en Bianca het elke aspek van ʼn sprokiesverhaal figuurlik uitgebeeld op hul sprokies-troue.  In die eerste hoofstuk het Bianca het in ʼn prentjiemooi bal-rok verskyn, terwyl haar prins emosioneel vir die liefde van sy lewe aan die einde van die paadjie wag.  Hul naaste familie en vriende het in die middel van die woud bymekaargekom en onpretensieus in hul liefde gedeel.

Die feesviering van hul liefde het voortgegaan in hoofstuk twee, waar al hul gaste in ʼn glas-struktuur saam gekuier het.  Hulle het die venue opgehelder met honderde liggies en pers en groen dekor om ʼn romantiese atmosfeer te skep.  Byron en Bianca het saam met hul gaste feesgevier totdat dit tyd was om die hoofstuk af te sluit en hul eerste vakansie as getroude paartjie saam te geniet.

Rol af vir hoofstuk 3 en laat jouself toe om kinderlik opgewonde oor dié sprokiesverhaal te raak!

fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding

Paartjie se Liefdesreis


Ek en Byron het in 2014 ontmoet toe ek afgetrek het Kaap toe.  Ons het mededingende restaurante langs mekaar gehad.  Ons het oor brandewyn gekuier en daarna het ʼn vriendskap gevorm. ʼn Romantiese verhouding het kort daarna gevolg.

Hy het my beste vriendin gekry om ʼn fotosessie te reël vir ons vriendskap.  Aan die einde van die vriendskap sessie moes ons geblinddoek word vir ʼn vriendskap vertroue lopie.  Toe ek my blinddoek afhaal, toe sien ek Byron op sy knie staan.  Dit was die beste ervaring!  Ek het dit glad nie verwag nie.

Al my naaste familie en vriende het om die draai gewag met ʼn heerlike vonkelwyn ontbyt voor ons weer terug gevlieg het Kaap toe.  Ek was só gelukkig om die oomblik met my naastes te kon deel.

fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale weddingfairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding

Die Verlowing Tydperk


Ons het verloof geraak op 6 Augustus 2017 en het getrou in April 2019.  Ek en my ma het alles self gereël en beplan.  Ons het selfdoen dekor gemaak en my ma het ook al die tafel dekor en blomme gedoen.  My stiefpa het bordjies gemaak en geverf en my sussie het die gaste se geskenkies gemaak.  Dit was werklik ʼn spanpoging van al my naastes.  Op ons troudag kon ek die liefde voel wat in al die dekor elemente ingegaan het.

fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale weddingfairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding

Merkwaardigste Oomblikke


Bianca:

My merkwaardigste deel van die dag, was toe ek by die paadjie afstap en Byron vir die eerste keer sien – hy kon nie sy trane keer nie!  Dit was vir my die mooiste en mees merkwaardigste oomblik.

Byron:

Toe Bianca op die wit sand afgeloop, kom was vir my baie spesiaal.  Haar rok het silwer geglans en dit het gelyk asof sy op sneeu loop in die middel van die woud.  Ek was stom geslaan en het nog nooit so mooi prentjie gesien nie!  Ek het in daardie oomblik geweet dat ek die gelukkigste man in die wêreld is.

fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale weddingfairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding

Paartjie se styl


Bianca:

Vir my trourok, wou ek baie graag ʼn unieke rok dra wat my klassieke, maar ook romantiese kant weerspieël.  My ontwerper was gelukkig een van my baie goeie vriende en ons kon lekker rondspeel met idees.  Ons het besluit op ʼn ongelooflike mooi, maar ingewikkelde, klassieke en stylvolle rok vir die seremonie, en ʼn romantiese rok wat ʼn bietjie meer prettig is vir die onthaal.

Byron:

My pak was vir my baie belangrik.  Ek wou ʼn moderne pak met ʼn unieke styl gehad het.  Ons het na Oriental Plaza gegaan en ʼn hele paar pakke probeer, totdat ek die regte een gekry het.  Dit was n ligte swart pak met ʼn donker swart kraag.

fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale weddingfairy-tale wedding

Finansiële Aspekte


Ons begroting was R120 000.  My ma is ʼn boekhoudster, so sy het seker gemaak ons bly in die begroting.  Natuurlik was daar hier en daar ietsie wat bygekom het wat nie deel was van die begroting nie, maar ons het darem lank voor die tyd begin met alles.  Vir toekomstige bruide, selfdoen dekor is regtig ʼn goedkoop, maar maklike idee om jou droomdag ʼn werklikheid te maak.  Ons het ʼn jaar voor die tyd begin met al ons dekor items.  Dit voel dalk lank, maar ons het geen stres gehad nie en alles het pragtig gelyk!

Ons het net 80 gaste onthaal en het ʼn heerlike atmosfeer gehad.  Soms hoe meer gaste jy het, hoe moeiliker is dit om by almal uit te kom.  Maak seker wie jy nooi gaan nog in jou lewe wees oor 10 jaar.  Ons was baie streng op ons gastelys, want ons sou veel eerder meer geld wou spandeer op ons wittebrood as op ʼn groot groep gaste.

fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding

Die Besluitnemingsproses


Bianca het meer van die besluit gemaak.  Ongelukkig het ek (Byron) twee maande voor die troue ʼn nuwe werk gekry en moes weggaan vir opleiding.  Dit het ons trou beplanning bietjie omver gegooi, maar Bianca het vinnig ingespring en alles oorgeneem wat nog gedoen moes word.  Die moeder van die bruid het ook baie vir Bianca met die besluitnemings proses gehelp.

fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke


Daar was slegs twee dinge wat verkeerd geloop het op ons troudag (waarvan ek weet.)  My grimeer kunstenaar het haar datums verkeerd neergeskryf.  Toe ek haar bel om te hoor waar sy is, kon ons agterkom daar is ʼn probleem.  Sy het gelukkig so vinnig in haar kar gespring en gekom.  Ek het intussen rustig my hare begin krul solank vir haar ʼn mimosa geskink.  My en my ma se grimering was albei betyds klaar en dit het ongelooflik mooi gelyk.  Ek is nie vir een oomblik spyt oor die grimeer kunstenaar nie.

My platejoggie het nie ʼn afsluitings liedjie by die kerk gehad nie, maar dit het gelukkig ook geen newe effek op ons dag gehad nie.

Ek sal nie een oomblik verruil nie, want ek het nie eenkeer gevoel dat dinge verkeerd loop nie en nou is daar darem lekker stories om te kan vertel!

fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding

Venue & Dekor


Die venue was ʼn maklike keuse vir ons.  Ek (Bianca) het Die Woud gesien toe hy net oopgemaak het, en het toe al begin spaar vir dit.  Die natuurskoon rondom die venue was ons inspirasie, so ons het die tafel gedek met groen loof en ʼn bietjie pers aksente tussen in.  Ons wou nie oorboord gaan met die dekor nie, omdat die venue en die natuur alreeds meeste van die praatwerk gedoen het.  Ons wou ʼn regte bos gevoel gehad het met liggies wat ʼn romantiese atmosfeer skep – soos ʼn feeverhaal.

fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding

Gunsteling Diensverskaffers


Al ons verskaffers was regtig fantasties, maar ek wil spesiaal dankie se vir Johan Botha Fashion Design, wat 7 rokke in totaal gemaak het vir my mooi dag.  Hy en sy hele span is ongelooflik talentvol.

fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding

Wittebrood


Ons wittebrood was ʼn groot fees!  Ons wou graag ʼn hele paar lande besoek en het besluit om ʼn bootrit te doen.  Dit was ook Byron se héél eerste internasionale vlug en hy het dit só geniet.  Ons was op Royal Caribbean en het Mexico, Honduras en Bahamas besoek.  Ons het nog nooit so baie geëet nie – die kos was fantasties en die personeel was so vriendelik.  Die hoogtepunt was om in Mexico met dolfyne te swem – dit was n onvergeetlike ervaring.  Die waterpark by Bahamas was ook merkwaardig.

Toe die wittebrood op ʼn einde kom, het Byron ʼn effense verkoue gehad.  Ek het by Amerika se lughawe gesien hulle het waarskuwings op van die N1H1 virus (die varkgriep virus.)  Ek het toe met Byron gespot en gesê dat hy die virus het en ons albei nou gaan siek maak op die 23 uur lange roete terug huistoe.  Nietemin, ons land toe in die kaap en is altwee doodsiek!  Ons het die dokter besoek en is toe afgeboek en vrot van die varkgriep!  Soos hulle se “deur dik en dun.”  Ons sal ons wittebrood vir niks verruil nie.

fairy-tale wedding fairy-tale wedding fairy-tale wedding

Klik hier vir meer diensverskaffers