Boheemse Gestileerde Fotosessie

Wanneer jy ʼn Boheemse styl troudag oorweeg, is dit beslis ʼn geval van alles of niks.  So tipe styl is werklik besonders en sal jou gaste na hul asem laat snak, maar dan moet hierdie tema regdeur al die elemente van die troue vloei.  Maak nie saak hoe ver julle die boheemse tema vat nie, dit is veral belangrik dat die bruid en bruidegom se uitrustings, asook die dekor mekaar komplimenteer.  Hierdie Boheemse trou inspirasie gestileerde fotosessie is bymekaargesit om toekomstige bruidspaartjies ʼn idee te gee van hoe om ʼn boheemse tema voluit aan te pak.  Vanaf die bruidegom se eksentrieke styl, tot die bruid se ruiker en ook die misterieuse donker tafel-dekor, dra alles by tot die boheemse tema.

Omdat boheemse troues so veelsydig kan wees en omdat daar so baie eksentrieke dekor is wat daarby pas, is dit uiters maklik om meegevoer te raak met hierdie tema en té veel verskillende elemente te kies.  Gebruik dus hierdie Boheemse trou inspirasie gestileerde fotosessie as riglyn om jou boheemse-styl troudag korrek te beplan.

Bohemian Styled wedding inspiration Bohemian Styled wedding inspiration Bohemian Styled wedding inspiration

Wie het die fotosessie gereël?


Suikerbekkie Fotografie het die fotosessie gereël en beplan.

Bohemian Styled wedding inspiration Bohemian Styled wedding inspirationBohemian Styled wedding inspiration Bohemian Styled wedding inspiration Bohemian Styled wedding inspiration Bohemian Styled wedding inspiration

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ek, Suikerbekkie Fotografie, was baie spesifiek met die diensverskaffers waarmee ek gewerk het.  Ek wou net die beste in die industrie gehad het, wat deel in my styl en siening van die fotosessie.

Bohemian Styled wedding inspiration Bohemian Styled wedding inspirationBohemian Styled wedding inspirationBohemian Styled wedding inspiration Bohemian Styled wedding inspiration Bohemian Styled wedding inspiration Bohemian Styled wedding inspiration

Agter die skerms inligting


Ons het regtig nie probleme gehad nie, behalwe dat ons uit tyd gehardloop het.  Verder, het alles baie goed volgens plan verloop.

Bohemian Styled wedding inspiration Bohemian Styled wedding inspirationBohemian Styled wedding inspiration Bohemian Styled wedding inspiration Bohemian Styled wedding inspiration Bohemian Styled wedding inspiration Bohemian Styled wedding inspiration

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Die spesiaalste deel was om saam met al die diensverskaffers na die tyd te sit en eet.  Ons het by die mooiste bome, onder die sterre gesit en gesels.  Elkeen gedeel wat vir hulle die spesiaalste deel van die dag was.

Bohemian Styled wedding inspirationBohemian Styled wedding inspiration Bohemian Styled wedding inspiration Bohemian Styled wedding inspiration

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Gebruik goeie diensverskaffers wat weet wat hulle doen.  Maak ʼn bord op Pinterest en sit foto’s van jou gunsteling kleure, dekor en inspirasie in die bord.  Geniet die dag en probeer om elke oomblik in te neem.

Bohemian Styled wedding inspiration Bohemian Styled wedding inspiration Bohemian Styled wedding inspiration

Klik hier vir meer diensverskaffers