Gratis Ma & Pa van die bruid sitplek kaartjies

Ons hier by Mooi troues het al telkemaal gesien hoe groot impak klein details op die algehele prentjie van ‘n troudag het.  Rabbits Trail in Pretoria spesialiseer in trou-skryfbehoeftes en grafiese ontwerp en sien dus die belangrikheid van klein details.  Eienaar van Rabbits Trail, Marieke, het Ma & Pa van die bruid sitplek kaartjies gemaak wat gratis hieronder afgelaai kan word.  Haar eerste ontwerp is ‘n Ma & Pa van die bruid plakkaat wat jy kan laat raam en op die sitplek neersit.  Die tweede ontwerp is ‘n kleiner kaartjie wat jy kan laat uitdruk en aan oor die stoel se reeling hang.  Beide hierdie ontwerpe is eenvoudig, minimalisties en ‘n baie oulike manier om spesiale gaste se sitplekke aan te dui.

Rol af om Rabbits Trail se Ma & Pa van die bruid sitplek kaartjies gratis af te laai.

LAAI AF:


NAAM:

E-POS ADRES:

Meer oor Skryfbehoeftes op Mooi Troues


Trou skryfbehoeftes speel ‘n belangrike rol in jou troudag.  Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers.  Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf.  Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuutste tendense.  Mooi Troues het ‘n groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn, wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.

Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry.  Wanneer gaste die venue binnekom, is die eerste dinge waarna hulle soek die sitplekkaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels.  Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet.  Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.

Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag?  Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn.  Elke  bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.

Ons het ook ‘n groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar.  Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik.  Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.

Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items.  Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, klik hier om ons Trougids te besoek.

Mooi Troues hoop jy geniet die bron van inspirasie wat ons vir jou troudag bied.

 

Artikel Krediet: