Liesl was so opgewonde oor haar en Francois se verlowing, dat sy nie langer as โn dag wou wag om die eerste stap van hul nuwe lewe op kamera vas te vang nie. Slegs een dag na die verrassing verlowing, het Francois en Liesl tussen pragtige natuurskoon voor die kamera gepronk. Hulle kon dus professionele fotoโs gebruik om hul verlowing aan hul familie en vriende bekend te maak. Aangesien tyd nie aan hulle kant was nie, moes hulle inderhaas op โn omgewing en tema vir hul fotosessie besluit. Hul fotograaf het diรฉ versteekte juweel voorgestel wat hulle toegelaat het om fotoโs tussen die groenigheid van die natuur te neem, met โn skilderagtige uitsig van die see in die agtergrond.
Indien jy nie tyd het vir maande se beplanning aan โn verlowing fotosessie nie, maar net soos Liesl, jou opgewondenheid nie kan demp nie, gebruik Francois en Liesl se natuur en see verlowing fotosessie as inspirasie. Wanneer jy eendag sulke mooi fotoโs kan vergroot en die satisfaksie kry om dit teen jou huis se mure op te hang, sal jy dankbaar wees dat jy hierdie mooi oomblikke op kamera vasgevang het.
Eerste ontmoeting
Ons het vir 16 jaar by dieselfde oord vakansie gehou en nooit mekaar gesien, ontmoet of saam gekuier nie. Ons was ook vir 4 jaar in dieselfde skool met administrasie klasse langs mekaar, totaal onbewus van mekaar se bestaan! In Desember 2014 het ons deur โn gemeenskaplike vriend mekaar toevallig by die see ontmoet. Met die eerste oogopslag het ek, Liesl, geweet dit is sonder twyfel my trouman. Natuurlik was dit vir my vreesaanjaend om hom te ontmoet, maar ek het geweet dรญt is die man wat die Here nog altyd vir my gespaar het. Na jare se gebede het ek hom uiteindelik ontmoet. Ek het hoendervleis gekry en my vrese het die oorhand gekry โ ek wou niks met hom te doen gehad het nie! Maar, Francois het nie vir my koue skouer geval nie en het aanhou probeer om my hart te wen.
Francois moes toe Universiteit toe gaan en so het ons vir eers enige gevoelens op sy geplaas sodat Francois sy eerste jaar kan geniet. Na slegs 2 weke het Francois vir my gesรช dat daar nie โn ander meisie vir hom is nie. Ons het vir twee maande oor en weer gekuier. Francois het die kat eers goed uit die boom gekyk! Hy het toe op 6 Februarie 2015, op ons voorstoep, vir my gevra of ek sy meisie sal wees. Ons was vir 4 jaar en 7 maande saam totdat hy uiteindelik die groot vraag gevra gevra het.
Die verloofring
Ons het al opgewonde oor ons verlowing geraak vanaf ons eerste jaar as โn paartjie en begin rond snuffel na oulik ring idees. Ons het vreeslik gesoek, maar nie โn ring gekry wat ons verhouding simboliseer en my voorkoms komplimenteer nie. Uiteindelik het ons die pragtigste ringe op Cape Diamonds se webtuiste gesien. In Junie 2019 het ons op โn ander ring besluit, maar Cape Diamonds het steeds in ons agterkoppe gebly. Ons het โn afspraak gemaak en met baie opgewondenheid hul winkel in die stad besoek. Ons was aangenaam verras en het onmiddellik verlief geraak op hulle Blushing Bride Setting. Die ring het so baie geskiedenis en die mooiste simboliek. Dit het ons harte gesteel!
Ons het lank gesoek en uiteindelik die perfekte ring gevind.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing
Ons het al โn geruime tyd oor die verlowing gepraat. Ek het alles met my vriendinne bespreek en hulle het informasie aan Francois gevoer. Ons het saam besluit dat September maand die mooiste maand is en ideaal om verloof te raak. Ek het dus heel maand gewag in absolute spanning! Ek het vakansie vir โn week gehad en genoem dat ek baie graag wil gaan piekniek hou, aangesien die weer begin het om heerlik warm te word. Francois het my toe een aand bederf met โn wonderlike aand by die see, met `n videograaf wat ons afgeneem het. Ek het gedink dit mag dalk diรฉ aand wees, maar nee โ so voorspelbaar is hy nie! Ek het kort daarna fotoโs van kliรซnte by โn strand geneem en na die tyd vir Francois vertel hoe ongelooflik mooi die poele water was en hoe ek verlief geraak het op die pragtige sonsondergang.
Francois het onmiddellik gesรช ons kan die volgende dag see toe gaan. Op pad soontoe, moes ons vinnig by my ouerhuis stop sodat ek al die swem benodigdhede kan optel. Francois was intussen op die voorstoep besig om โn video gereed te kry en in spanning op sy knie te wag. Ek het inderhaas klaar gemaak en my ma gegroet. Toe ek by die voordeur kom, het ek eers โn pragtige bossie blomme gesien en was sรณ opgewonde. My rug was op hierdie stadium nog na Francois gedraai. Toe ek omdraai en sien dat hy op sy knie is, het ek alles in my hande laat val en gesnak na my asem. Met groot opgewondenheid het ek my ma in die gang sien staan met trane in haar oรซ. Dit was die spesiaalste oomblik.
Hoekom ons mekaar lief het
Francois se gunsteling eienskappe van Liesl: Haar omgee hart, empatie, lojaliteit, passie, gedrewenheid en liefdevolle geaardheid.
Liesl se gunsteling eienskappe van Francois: Sy omgee hart van ondersteuning en liefde, lojaliteit, optimisme, kreatiwiteit, hardwerkendheid, dromer oor die toekoms, sy skaamheid, passie en beskerming.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word
Ons albei moet ons voete in ons beroep vind voordat ons gaan trou. Ons kyk na โn jaar en โn half tot 2 jaar voor die groot dag.
Rede vir die verlowing fotosessie
Ek, Liesl, is self โn fotograaf en is baie lief daarvoor om ander mense se spesiale oomblikke vas te vang. Ek was so opgewonde oor โn verlowing fotosessie, dat ek dadelik vir Alicia gevra het of ons sommer die volgende dag die fotoโs kan neem! Alicia het ons Matriekafskeid- en paartjie-fotoโs geneem, so ons was baie opgewonde om hierdie wonderlike ervaring met haar te kan deel. Ons het die fotoโs โn dag later gebruik om ons verlowing bekend te maak. Die fotoโs van ons natuur en see verlowing fotosessie sal beslis vergroot word en eendag in ons huis opgehang word.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie
Ons het by die see ontmoet, so wou graag die see element hรช, maar het al voorheen โn fotosessie by die see gedoen. So ons het gesoek vir iets groener wat die Blushing Bride van my trouring tema ondersteun. Ons fotograaf het die plekkie voorgestel. Ons het ons natuur en see verlowing fotosessie sรณ geniet.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk
Ons verwag om โn wonderlike tyd saam te spandeer terwyl ons die groot dag beplan. Ons hoop om teen daardie tyd โn goeie vaste inkomste te verdien en beide gevestig wees in ons beroepe.
Visie vir droomtroue
Vir ons is die belangrikste aspek die gevoel en atmosfeer van ons groot dag. Ons wil gemaklik voel en โn gemaklike atmosfeer skep met genoeg elegansie. Ons oorweeg verskeie opsies, maar ons hoop om saam โn dag te skep wat ons altyd sal koester. Die moeilikste is om te besluit op โn venue vir die troue. Alles lyk fantasties tot jy die prys sien, dan trek die keรซl toe en die opgewondenheid word gedemp! Ons glo ons gaan โn wonderlike troue kan reรซl wat ons as paartjie se persoonlikhede komplimenteer.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล internet konneksie het en ล toestel wat gekonnekteer is tot ล aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Alicia S Photography
- Ring: Cape Diamonds