Donovan & Ivanka se elegante viering van hul liefde

Donovan en Ivanka ken mekaar al sedert hulle kinders was.  Na baie jare het hulle uiteindelik mekaar gevind en verloof geraak.  Ons deel vandag die elegante viering van hierdie paartjie se liefde vir mekaar.

Hierdie bruidspaar deel ʼn troustyl wat baie uniek en anders is.  Hulle het met hulle uitrustings en troudekor gebruik gemaak van ʼn natuurlike gevoel wat opgehelder is deur gekleurde orgideë en kleurvolle trou-uitrustings.  Donovan se pak was emerald groen en sy strooijonkers het mooi by hom ingeskakel.  Die strooimeisies was ook geklee in ʼn pragtige roes oranje kleur, wat pragtig ingeskakel het by die gevoel van hulle troudag.

Donovan en Ivanka het self hulle troudag beplan.  Hulle het betroubare troudiensverskaffers ingekry om hulle te help met items soos blomme, vermaak en dekor.  Is jy dalk besig om jou troudag te beplan en is opsoek na betroubare diensverskaffers om jou te help?  Klik hier om ons Trougids op Mooi Troues webjoernaal te besoek.

Rol nou af en geniet die foto’s van Donovan en Ivanka se elegante viering van hul liefde.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons was kinderliefdes gewees.

Ons ouers het mekaar ontmoet met ons albei se jonger broer en suster se geboorte. Van daar af was ons ouers huis vriende gewees en ek en Donovan het van jonk af  ʼn ogie op mekaar gehad.  Soos ons albei ouer geword het en in ons eie lewens onsself uitgeleef het, het ons altyd kontak gehou met mekaar.

Toe Donovan terug van Amerika af gekom het in 2016 het hy baie hard probeer om saam my te gaan koffie drink maar ek wou nie ingee nie, die stryd het twee jaar aangehou, ek haal my hoed af vir Donovan dat hy nie opgegee het nie.  In 2018 was ons na ʼn troue saam met mekaar en die res is geskiedenis.  Ons is gekys in 2018 en verloof die 26ste Januarie 2020.

Donovan het my gevra om te trou terwyl ons op ʼn naweek weg was saam ons naaste vriende, alhoewel hy skelmpies my gesin sowel as syne ook genooi het om die verlowing saam met ons te vier, dit was absoluut perfek gewees!

Die Verlowing Tydperk:


Ons was 1 jaar 2 maande en 16 dae verloof.

Ons het die troue self beplan, maar Rosemary Hill se trou beplanner was wel tot ons beskikking as ons van haar wou gebruik maak.

Trou Begroting:


R150 00-00

Ons het ʼn begroting opgetrek saam met mekaar oor hoeveel die kwotasies ons gaan uitwerk en dit is slegs wat ons gedoen het.  As een faktuur vir betaling minder was as die kwotasie vir wat ookal rede dan het ons ʼn ekstra paar rand bygesit by iets wat ons bitter graag wou gehad het maar dalk voorheen nie kon in ons begroting insluit nie.

Raad:

Oor begroot eerder en hou ʼn ekstra paar rand oor aan die einde as wat julle onder begroot en dan moet mens skarrel om die finansies te maak werk.

Ons was 92 gaste insluitend myself en Donovan.

Merkwaardigste Oomblikke:


Ivanka:
  • toe ek my ma en pa gesien het vir die eerste keer in my trourok.
  • toe ek Donovan sien staan en wag voor by die altaar met trane en bewondering in sy oë.
  • die spesiale oomblikke en herinnering wat ons opgebou het en vir altyd sal koester saam familie en vriende
Donovan:
  • toe hy vir Ivanka die eerste keer gesien het, alles het net te vinnig verby gegaan.
  • om ʼn oomblik deur die loop van die aand te geneem het waar hy stil gesit het en gekyk het na hoe al ons gaste hulle aand saam ons geniet.
  • die foto’s wat al die spesiaalste oomblikke vasgevang het.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid:
  • maak vrede daarmee dat alles nie perfek gaan wees op daardie dag nie.
  • geen jouself genoeg tyd om alles te beplan wat jy voel nodig is en maak seker as jy voel dinge raak te veel vir jou om te hanteer dat jy iemand vra om jou te help, dit is hoekom jy bruidsmeisies sowel as ouers het.  Niemand hoef alleen deur die te gaan nie.
  • wees rustig en koester elke deel van die wonderlike avontuur waarin julle nou is, want oor ʼn paar maande gaan jy terug kyk na julle troue en wens om daardie oomblikke weer oor te hê.
Bruidegom:
  • gee vir jou vrou die vryheid om keuses te maak, want elke vrou droom al van klein tyd af oor hierdie perfekte dag van hulle.  Die klein details sal altyd vir hulle meer belangrik wees as vir jou.
  • geniet elke oomblik van die beplanning, want dit is in ʼn oogwink verby.
  • spaar.

Paartjie se styl:


Anders, maar stylvol.  Ons wou iets doen wat nie almal al gedoen het nie, dit is hoekom Donovan ʼn emerald groen pak gedoen het, wat stunning was en by Smart Guys in Potchefstroom gemaak het.  Hy wou gaan vir ʼn anders maar nogsteeds ʼn stylvolle voorkoms.

Ivanka se rok was baie natuurlik met baie kant wat in die vorm van blaartjies was met natuurlik ʼn bietjie “Glitter” ook.

Ivanka se trouring en -pand was deur Donovan gekies, absoluut perfek.  Donovan se trouring was deur Ivanka gekies.  Albei het gegaan vir ʼn moderne trouring.

Die Besluitnemingsproses:


Dit was gesamentlike besluite en ons het ons gesinne baie raad en vrae gevra sodat hulle ook gevoel het dat hulle deel vorm van ons hele reëling proses.

Gunsteling Diensverskaffers:


  • Fotograwe: Mighty Fine Productions 110%
  • Bloemis en Skryfbehoeftes: Veldblom, sy hanteer alles vir jou waaraan jy kan dink.
  • Grimering: Karen Bezuidenhout

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Dit was absoluut perfek, al wat enige paartjie wil hê is vir die dag om stadiger verby te gaan sodat mens elke oomblik net soveel beter kan vasvang en koester as ʼn herinnering.

Venue & Dekor:


Dit was die heel eerste venue, sowel as laaste een waarna ons gekyk het.  Ons het op Instagram die foto van hulle kruie/blomme doolhof gesien en was verlief gewees.  Ons het ook daarvan gehou dat die venue se akkommodasie al ons gaste kon akkommodeer vir die Vrydag, sowel as Saterdag.

Die troudekor was baie aards en natuurlik met orgidees wat kleur gebring het.  Baie gedroogte en geprosesseerde plante/takke is gebruik om ons dekor in die venue op die maak.  Zenobia Maans van Veldblom was absoluut so baie van hulp gewees om ons troudekor te kies en ons ideale dekor prentjie na te jaag.

Wittebrood:


Ons was na Plettenbergbaai toe.  Ivanka was glad nie bewus na waarheen hulle gaan vir wittebrood nie maar dit was vir ons albei die beste bestemming gewees om ons week van wittebrood te spandeer.

PS: Moet asseblief nie verdwaal sonder brandstof in ʼn vreemde dorp op julle wittebrood nie!

Eerste Dans:


Ons eerste dans liedjie was op Justin Bieber se Anyone gewees.

Dit was ʼn liedjie wat ons gehoor het en die woorde in die liedjie het vir my en Donovan net so spesifiek by ons verhouding gepas.

Ons was vir danslesse en dit was so ongelooflik lekker gewees.  As ons nie getrek het vanaf Klerksdorp het sou ons verseker steeds na ons troue daarmee aangegaan het.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: