Clifford & Chanté se selfdoen winter troue

Ons by Mooi Troues deel graag die winter troue van Clifford en Chanté.  Hierdie sal inspirasie wees vir lesers wat hul troue in die Winter maande wil hou.  Baie paartjies sku weg om in die Winter te trou, maar besef nie hoe mooi en dramaties die foto’s kan wees nie; boonop sal hul baie spaar want baie trou-diensverskaffers  bied ongelooflike afslag gedurende die Winter maande.  Dus kan jul baie rande spaar en jul Wittebrood hou in die Noordelike Halfrond waar die Somer maande dan is.

Wat vir ons by Mooi Troues uitgestaan het ook in die paartjie se troue was dat hul, hul onthaal in ʼn distilleerdery gehou het en dit is iets wat ons baie min sien.  Die Wynrooi en Goud het ook gesorg vir ʼn warm atmosfeer.

So as jy jou trou in die Winter maande van Suid-Afrika wil hou is dié troue propvol inspirasie vir jou!

Wat was die datum van jul troudag en hoe oud was elkeen?


Die datum was 29 Julie 2017 en Clifford was 29 en Chanté was 27 op hul troudag.

Hoe het julle ontmoet?


Ons het op universiteit ontmoet. Ons het mekaar gereeld op kampus gesien, maar nooit gesels nie. Ons albei was verkies tot ons koshuise se Huis Kommittees, en het toe so die geleentheid gekry om met mekaar te gesels.

Watter eienskappe van mekaar het jul aangetrokke tot mekaar gemaak?


Chanté: “Wat my aangetrek het na Clifford is sy sin vir humor en sy alewige positiewe geaardheid. Hy is ʼn mense-mens en vreeslik lojaal teenoor sy vriende en familie.”

Clifford: “Chanté is ʼn sprankelende mens, wat altyd glimlag. Elke keer wat ek haar in die gimnasium gesien het, het sy gehuppel na iemand toe, waar die normale mens sou loop. Sy laat my altyd lag, soms onwetend, maar sy laat my lag. Haar fietse lyf was verseker ook een van die bepalende faktore.”

Wat was die styl van jul troue en waar het julle inspirasie gevind?


Ons bly in Dubai op die oomblik en die styl van ons troue wou ons so natuurlik as moontlik gehad het juis omdat hier nie baie groenigheid en plante is nie.  Ons het inspirasie gevind op verskeie webtuistes.

Hoekom het julle die venue gekies?


Ons het na ʼn paar gekyk op die internet, en so besluit op een.  Fotos van die venue het ʼn baie groot rol gespeel, en so ook die opinie van ons fotograaf rakende daardie spesifieke venue.

Was julle op Wittebrood?


Nee, ons was nie op wittebrood nie.  Ons het besluit om nog ʼn jaar te spaar en dan op ʼn toer te gaan na verskillende lande.

Wat sou jul verander as jul kon?


Ons begroting.  Mens besef eers na die troue dat daar heelwat dingetjies is wat nie regtig so nodig is/was soos wat mens dink dit is nie.  Van die goedjies wat ons gedink het is belangrik, het ons nie eers gesien op ons trou dag nie.

Advies wat jul aan paartjies kan gee wat nog hul troue beplan?


Die grootste struikel was die feit dat ons alles oor die internet moes reël, en dat fotos van besighede ʼn groot deel in ons besluit geneem het.  Ons sal voorstel dat as jy besluit op ʼn besigheid of ʼn verskaffer, bel eers rond en praat met mense wat al met hulle besigheid gedoen het.

Ons het ʼn stel afgetrap met ʼn videograaf wat ons verneuk het, en moes so 2 dae voor ons troue ʼn nuwe een reël.  Ons het vir Duck Soup Productions gebruik. Tenn en Walter het die dag kom afneem.

Hoeveel was jul begroting en hoeveel gaste het jul gehad?


Ons het op so R120 000 begroot, en ons het op die einde so R90 000 spandeer en ons het 60 gaste gehad.

Ons het die dekor en blomme self gedoen i.p.v ʼn koördineerder te kry, en dit het ons amper R5 000 gespaar.  My niggie het al my skryfbehoeftes vir my ontwerp en gedruk, waar ek en my tannie al ons “Dankie-sê kombersies” self gemaak het.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: