In ‘n botaniese tuin staan die verliefde paartjie kaalvoet op rivierklippe terwyl water om hulle kabbel. Trou is nie net vir die voels wat bokant hulle in die boomtoppe kwetter nie. Hulle ervaar self die behoefte om hul lewe nie alleen nie, maar saam met die een spesiale persoon te deel. Hul lyftaal tydens die fotosessie om hul verlowing te vier, spreek boekdele. Hulle is baie verlief en kan nie wag om op 6 Maart 2016 die knoop deur te haak nie. Elizabeth se geblomde rokkie pas mooi by Heinrich se blou geruite hemp. Sy het haar lewensmaat gevind op ‘n klein dorpie, vêr weg van die stadse gejaag. Dit het net ‘n paar koppies koffie later vir hulle geneem om soos hulle vriende te besef dat hulle vir mekaar bedoel was. Heinrich neem haar met ‘n staproete tot op ‘n berg waar hy op sy knie gaan en haar vra om sy vrou te word. Die uitsig op die agtergrond is asemrowende mooi. Elizabeth ervaar dit as een van die kosbaarste oomblikke in haar lewe en sê dadelik ja.
Hoe het julle ons ontmoet?
Ek moes in ‘n klein dorpie gaan werk waar ek niemand geken het nie, maar gelukkig vinnig vriende gemaak het. Hulle wou my altyd aan ouens voorstel, sodat ek in die dorp moes aanbly. Ons ontmoeting was toe fyn beplan deur gemeenskaplike vriende wat gedink het ons sal goed bymekaar pas. Dit was net ‘n paar “koffie – dates” Later het ons ook gesien wat ons vriende lankal weet. Ons was vir mekaar bedoel!
Hoe het julle verloof geraak?
April 2015 het ons besluit om ouers te vra en daarna het ons ‘n ring laat maak. Twee maande later is ons na ‘n Wildreservaat toe, dieselfde plek waar ons, ons eerste amptelike afspraak as ‘n paartjies gehad het ‘n jaar vantevore. Ons het met’n staproete teen ‘n berg op gegaan en daar, met die uitsig in die agtergrond, het Heinrich my gevra om met hom te trou.
Wanneer trou julle?
Ons het 5 Maart 2016 getrou.
Diensverskaffers:
Fotograaf- Tavati photography
Décor- Candles and Décor (PMB)
Design- Tavati Design
Venue- Botanical Gardens