Hennie & Roxanne

Roxanne het haarself in Hennie se oë verloor toe sy hom die eerste keer ontmoet en min wetende dit is die man met wie sy gaan trou.

Die dekor van die trou staan vir ons baie uit hier by Mooi Troues en gaan perfek gepaard met ‘n plaas troue.  Ons hou vreeslik baie van die tafel lopers en blomme op die tafel, iets anders en baie mooi.

Blaai deur die fotos en kry inspirasie vir jou troue.


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Direk na skool het ek begin werk as ‘n naaldwerkster.  Eendag kom stop daar ‘n bakkie voor die naaldwerk winkel en ‘n jong man met die mooiste blou oë kom staan in die deur.  My baas stel my toe voor aan haar jongste boetie, Hennie.  Ek kan nie onthou wat ek gemompel het nie, net daai oë.



Hoe het julle verloof geraak?

Kersdag 2013 het ons see toe gery om die dag saam met my ouers te spandeer.  Toe ons daar stop sê Hennie dat hy graag langs die strand wil gaan stap.  Ek sê toe nee, want dis te koud.  Hy was nog besig om die bakkie af te pak, volgende oomblik staan hy met ‘n donker groen boksie in sy hand.  Hy sê nie ‘n word nie. Ek staan verstom.  Ek maak die boksie oop en binne in is die mooiste , fynste goue ring.  Ek vra vir hom op watter vinger die ring moet kom, sy antwoord: “Die regte een”



Hoe lank was julle saam voordat julle getrou het?

Ons het 10 September 2011 begin uitgaan, 25 Desember 2013 verloof geraak en 19 Maart 2016 getrou.  Altesaam 4 en ‘n half jare en nog baie meer om te kom.



Advies wat julle aan ander paartjies kan gee wat nog moet trou?

Help mekaar om die beste weergawe in elkeen uit te bring en daardeur te groei.  Moet nooit ooit kwaad gaan slaap nie.


Diensverskaffers:

  • Venue: Rooms with a View Vredendal
  • Fotograaf: Desi Kotze Photography
  • Hare van Bruid , Moeder van die bruid en Strooimeisies:  Hair@5 West (Bruid se Ma)
  • Rokke van Blommemeisies en Moeder van die bruidegom: Nelmarie Agenbach (Bruidegom se Suster)
  • Rok van Bruid: Trourok, sluier, kousband, bruid se ruiker, dankie-sê geskenkies, blommekransies – Roxanne self (Roxy-B Dressmaking)
  • Grimering:  Jan Fouché