Danie & Reze se pragtige troudag

Mooi Troues is opgewonde om die pragtige troudag van Danie en Reze met ons lesers te kan deel.  Die paartjie hul groot dag by ‘n Tulbagh trou venue gevier. Daar is asemrowende mooi foto’s van die paartjie.  Reze vertel dat sy hier reg op Mooi Troues se webblad inspirasie gekry jet vir hul fotosessie.

Wat vir ons by Mooi Troues ook baie besonders was, is die tafels met die dekor …  Danie en Reze se trou tafels het grys tafeldoeke oorgehad, iets heeltemal anders as die gewone houttafels.

Viljoen Juweliers is gebaseer in Worcester met kliënte regoor Suid-Afrika. As jy opsoek is na ʼn juwelier wat die perfekte verloofring of trouring vir jou kan maak, dan hoef jy nie verder te soek nie.  Met meer as 70 jaar se kennis en ʼn passie vir mooi juweliersware is jy in goeie hande.

Lees ook self hieronder hoe die paartjie in die begroting gebly het.  Rol af en kry baie advies en inspirasie uit die pragtige troue.

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Datum : 2 Maart 2019

Bruidegom : 25 & Bruid: 26

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het mekaar op Tygerberg Mediese Kampus ontmoet waar Danie medies en Reze fisioterapie studeer het.  Wat begin het as ‘n goeie vriendskap het na ‘n paar maande tot romanse ontwikkel nadat Danie gereeld by Reze aangeklop het met ‘rugbybeserings’.

Ons het op Hermanus se strand, wat vir beide van ons ‘n spesiale plek is, verloof geraak.  Danie het my eers verras met ‘n Walviskyk bootrit waarna hy tydens ‘n romantiese piekniek op die strand die groot vraag gevra het.

Vertel ons meer van jul ringe


My (Reze) se verloofring is deur Viljoen Juweliers (Worcester) gemaak.  Dit was ‘n groot verrassing vir my aangesien ons nooit saam gaan ringe pas het nie.  Danie het presies uitgewys hoe dit moet lyk: dun, platinum bandjie met fyn diamantjies en ‘n Solitêre diamant as fokuspunt.

Danie se ring is van titanium aangesien hy vir sy werk ‘n duursame ring benodig en is deur Titanium Studio gemaak.

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf


Ons fotograaf, Matthew Carr, het ek (Reze) ontmoet toe hy ‘n troue afgeneem het waar ek ‘n strooimeisie was.  Ek het onmiddellik geweet dat wanneer ek die dag trou dat ek hom as fotograaf wil gebruik.  Sy fotografie is stylvol en vang die emosie van die oomblik vas.  Hy is uiters professioneel en het ons van die begin af op ons gemak laat voel.  Ons het ons troufoto’s na slegs 3 weke ontvang en was uiters tevrede.

Die videograaf was Secondluke films.  Nadat ons videograwe nagevors het, het ons op hulle besluit aangesien hul video’s modern en kreatief is.  Hulle is ‘n man en vrou span en is fantasties om mee saam te werk.  Ons foto-en videograwe het ook mekaar vooraf geken en dit het soveel gemak op die dag geskep!

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Dit is onmoontlik om een oomblik te kies uit ‘n dag wat gevul was met soveel liefde, mooi, samesyn en feesviering.  Die besef dat almal van regoor die land gekom het om in ons spesiale dag te deel, hoe alles net perfek en vol vreugde afgeloop het en die lekkerte van getroud wees is die gevoelens wat die hele dag saam met ons was.

As ons iets kon verander sou dit wees dat mens dit net een keer kan doen!  Die dag het presies afgeloop soos in ons mooiste troudag drome!

Het julle enige diensverskaffers vanaf Mooi Troues gekry?


Anika Knight (AK Weddings & Design) het ons kerk-program se ontwerp gemaak.  Ons het baie goeie en flink diens van haar ontvang en sal haar beslis aanbeveel.

Van Mooi Troues het ons ook baie troudag foto-inspirasie vanaf die regte troues op die blad gekry.  Dit het baie gehelp aangesien mens op die dag so oorweldig is, maar tog wil seker maak die foto’s is spesiaal.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Trou is die lekkerste lekker – vanaf die verlowing, beplanning, troudag, wittebrood en die huwelik is een groot fees.  Geniet en koester elke liewe oomblik.  Wees eie aan julself deur jul troudag volgens julle prentjie en nie die van ander te beplan nie.  Moenie die klein goedjies oordink nie.  Kommunikasie is baie belangrik!  Maak seker dat wanneer jul terugkyk na jul troudag dat dit ‘n glimlag op jul gesigte sit.

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Morgansvlei se beeldskone ligging langs die dam, omring deur wingerde en berge het ons asems weggeslaan.  Die feit dat ons die seremonie buite kon hou, lekker spasie vir buitelug happies en ‘n groot dansbaan kon hê het ons besluit maklik gemaak.  Daar was ook verblyf vir familie en ons gevolg op die venue beskikbaar.  Lida Hanekom en haar span was ‘n plesier om saam te werk met goeie kommunikasie en flink diens.

Ons wou ‘n elegante en romantiese atmosfeer skep.  Donker grys tafeldoeke, bonkige groenloof rangskikkings met wynrooi blomme en kerse was dus die perfekte kombinasie vir ons dekor.  Ons het ook spesiaal gedrukte blompatroon servette gebruik vir ‘n ekstra wynrooi element.

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons was baie bevoorreg dat albei van ons se ouers die troue geborg het ooreengekom op ongeveer R200 000.  So het ons deeglike navorsing gedoen oor ons diensverskaffers (veral die fynskrif) en goed boekgehou van ons kostes.  Kommunikasie tussen ons as paartjie, diensverskaffers en ons ouers het ook gehelp dat ons onbeplande kostes vermy.

Ons het besluit watter aspekte vir ons belangrik is en eerder daarop spandeer.  Byvoorbeeld:  Ons het nie ‘n troukar gehad nie (aangesien ons op die venue getrou het), maar kon iemand huur om tydens pre-drankies te sing.

Daar was 165 gaste onthaal.

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Vir Danie was die eerste dans die ding waaroor hy die meeste bekommerd was op ons troudag.  Aangesien Danie in ‘n engelse hoërskool was, was daar nie veel gesokkie nie.  Ons het die maand voor die troue ‘n paar keer geoefen, maar het nie ‘n gestruktueerde dans gehad nie, aangesien ons wou hê dit moet ‘n natuurlike oomblik wees.  Die liedjie wwarop ons gedans het was “Die wêreld binne my” van Joshua na die Reën, aangesien die woorde spreek tot ons verhouding.

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Die wittebrood was deur Danie beplan en was vir my ‘n verrassing.  Ons was by Victoria Beachcomber Hotel & Spa in Mauritius.  Dit was ‘n ongelooflike vakansie propvol pret en luilekker mekaar se geselskap geniet.  Mauritius is ongelooflik mooi, mense is vriendelik en daar is kos en drank in oorvloed! Daar is baie water-aktiwiteite om te doen, of net met skemerkelkies op die strand ontspan.  Die kort vlugte is ‘n groot bonus.  Ons het die “alles ingesluit” pakket gehad en sal dit beslis vir paartjies aanbeveel en kon onsself nie ‘n beter wittebrood voorstel nie!

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: