Francois & Kelly se verlowing fotosessie

Michelle Kalp Photography het uitstekende werk gedoen om die oulike paartjie, Francois en Kelly, se verlowing fotosessie vas te vang.  Dié paartjie is dol oor buitemuurse aktiwiteite! Dus het hul toe die verlowing fotosessie of ‘n golfbaan gedoen.  Sonder dat hulle dit besef het, was hul klere ‘n koraal-kleur en is Living Coral 2019  se pantone kleur van die jaar.  Die koraal kleur het ook fantasties kontrasteer teen die grasgroen van die golfbaan. Paartjies wat daarvan hou om die nuutste tendense te volg, sal verlief wees op hierdie foto’s.

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het


Dit was ‘n “blinde afspraak.”  My ouer sussie en van haar vriende het gereël dat ons gaan tennis speel. Na die tennis het ons nie onmiddellik mekaar begin sien nie, omdat ek in Potchefstroom gestudeer het en hy was in Pretoria.  Ons het egter weer na ‘n jaar ontmoet en ‘n “item” geword.  Ons geniet die feit dat ons nooit iets sonder mekaar wil doen nie.  Hy sit my altyd eerste in alles en ons lag saam elke dag.  Ons verhouding is só vol liefde.

Vertel ons meer hoe julle verloof geraak het


Ons het besluit om vroeg in Desember vakansie in Clarens te gaan hou, omdat ons nog nooit vantevore alleen op vakansie was nie.  Ons het in die dorp rond geloop, maar toe dit effens koud word het ons huiswaarts gekeer.  Daar was ;n lekker kaggel en langs die vuur op kussings gesit en roomys geëet.  Francois gooi toe vir ons glasies sjampanje in en toe ek omdraai om dit by hom te neem, is hy  op een knie!  Ek was só opgewonde en het onmiddellik “Ja” geskree.

Inspirasie agter verlowing sessie


Ons is ‘n paartjie wat baie geniet om saam gholf te speel en in die natuur te wees, daarom het ons besluit om die foto’s op ‘n gholf baan te neem.  Die kleur van ons klere was dieselfde as die kleurtema van ons strooimeisies en strooijonkers.  Ek, Kelly is ook baie lief vir die Koraal-kleur omdat dit vrolik is en dit staan uit in ‘n foto.

Vertel ons meer oor die besluit oor die verlowing fotosessie


Ons het nog nooit vantevore ‘n fotosessie gedoen nie, so ons het baie daarna uitgesien.  Dit was eintlik maklik om te besluit hoe ons sou optree in die fotosessie.  As ‘n paartjie maak ons gereeld grappies en lag lekker saam.  So ons het maar besluit om dit so natuurlik te hou as moontlik.

Vertel ons meer wat het jul in gedagte vir jul droom troue


Ons is nou al vir ‘n paar maande getroud en ons het definitief ons droom troue gehad.  Vir ons het dit gegaan oor om ‘n heerlike tyd te hê saam met vriende en familie en om ons liefde onder God se woord aan mekaar te verklaar.

Ons hou baie van ‘n rustieke- en natuurlike voorkoms, en het probeer om by hierdie idee te bly met ons dekor.  Ons wou ook nie regtig ‘n tema gehad het nie, maar Kelly is van kleins af erg oor Suid- Afrikaanse voëls.  Sonder enige twyfel wou ons die venue laat uitstaan met pragtige gerbera’s, mooi liggies en voëltjie-idees.

Diensverskaffer

  • Fotograaf: Michelle Kalp Fotografie
  • Grimering: Jillian Roux – Blush Me Up Studio
  • Plek: Wingate Park Country Club
  • Hare: Hadi’s Barber Shop