Francois & Odene se selfdoen troue

Bride and groom

Mooi Troues se lesers sal baie oulike trou idees vind in die selfdoen troue van Francois en Odene.  Die paartjie het gefokus op kostes wat op regtig belangrik is by ‘n troue, die kos en die troufotograaf.

Hulle het gebruik gemaak van een van Mooi Troues se diensverskaffers om hul troufoto’s te neem.  Francois en Odene vertel ons dat dié troufotograaf die beste is in hul area en hulle laat gemaklik gevoel het.  Hulle het net lof vir hul fotograwe se uitstekende diens.  Mooi Troues se lesers kan afrol en na die paartjie se troufoto’s kyk.

Ons lesers kan ook hier klik om betroubare trou diensverskaffers te vind.  Geniet die selfdoen troue van Francois en Odene en onthou om almal te vertel.

bride getting radey photos bride getting radey photos bride getting radey photos bride getting radey photos bride getting radey photos

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Troudatum: 16 Maart 2019

Ouderdom: Odene: 27 en Francois: 28

bride getting radey photos bride getting radey photos bride getting radey photos bride getting radey photos bride getting radey photos bride getting radey photos bride getting radey photos bride and bridesmaids

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Alhoewel ons saam op skool was, het ons nooit mekaar geken nie.  Dit was eers op Universiteit waar ons by ‘n Varsity Cup byeenkoms ontmoet het.

Francois het my op ‘n wegbreek naweek op ons 4 jaar herdenking gevra om te trou, nadat ons vir 9 km in die Wildernis Natuurreservaat ‘n pretlopie voltooi het.

groom getting radey photos groom getting radey photos groom getting radey photos groom getting radey photos groom getting radey photos groom getting radey photos groom getting radey photos groom getting radey photos groom and groomsmen smiling bride and bridesmaids

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


My hele lewe lank is ek ‘n meisie wat nie gehou het van optof nie, so die prinses-tipe styl was iets waarna ek glad nie gekyk het nie.  Ek is ‘n gewone meisie en het dadelik van die vintage styl gehou. Die rok het ek gekies, want die styl het my meer vroulik laat voel.  Dit was iets anders.

  • wedding ceremony emotional groom wedding ceremony wedding ceremony emotional groom wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony

Vertel ons meer van jul ringe


Francois is ‘n natuurliefhebber.  Vandat ons begin kyk het na ringe wou hy graag iets hê met hout in.  Ek is baie sentimenteel oor my verloofring, aangesien dit iets was wat ons saam uitgekies is. Dit is ‘n baie unieke ring en het ek net ‘n troupand gekies wat daarby pas.

putting on wedding rings putting on wedding ringsbride and groom holding hands infront of chapel bride, ring bearer, groom groom and bride just married just married bride and groom with bridal party bride and groom with bridal party bride and bridal party

Vertel ons meer oor die fotograaf.


Ons het besluit om net ‘n troufotograaf te hê.  RRAD Photography is die beste troufotograaf in ons area.  Rieg en AD het van die oomblik wat ons ontmoet het gemaklik gemaak en van daar af wou ons niemand anders gehad het nie.  Hulle gaan uit hulle pad uit vir hulle kliënte en bied uitstekende diens.  Ons wou natuurlike foto’s gehad het en dit is presies waarop hul fokus.

RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag?


Vir my was die merkwaardigste oomblik gewees toe ek by die trougang afgeloop het.  Francois se reaksie was so kosbaar om te sien.  Om ons eie huweliksbeloftes te kon doen was ook iets spesiaal.

Daar is nie iets omtrent ons dag wat ons sou wou verander nie.  Alles het seepglad verloop.

RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer  RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Francois:

  • Wees betrokke so ver as moontlik, met alles van die trou reëlings.
  • Vat genoeg tyd om te spaar vir die troue.
  • Probeer om nie teveel om te stres nie, want dit weerhou jou om geleentheid te geniet.

Odene:

  • Kies jou gevolg reg.  Dit is die mense met wie jy jou belangrikste dag deel.
  • Fokus op spandeer meeste van jou geld op die aspekte van die troue wat die belangrikste is.  Mense vergeet nooit die kos op ‘n troue nie.  Jou fotos gaan jou vir die res van jou lewe herinner van jou groot dag.
  • Onthou wat die eintlike rede is vir die dag.

RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer RIEG & AD Photography: Wedding Photographer And Cinematographer bride and groom showing wedding rings

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons het verloof geraak in die woud.  Na al die gesoek na die perfekte Venue het ons “Innibos” gevind by Assegaaibosch in Kareedouw.  Ons asems was weggeslaan toe ons die skoonheid van die natuur beleef.  Die kapel en onthaal is reg in die middel van die woud.

Assegaaibosch Country Lodge Assegaaibosch Country Lodge Assegaaibosch Country Lodge Assegaaibosch Country Lodge Assegaaibosch Country Lodge Trou dekor Trou dekor Trou dekor

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het ‘n groot troue gehad, van 120 gaste.  Beide van ons beskou vriende en familie as belangrik.  Die begroting was R 110 000, met die wittebrood ingesluit.  Ons troue was baie aards, met baie van die dekor wat ons self gemaak het.  Dit het ons baie gehelp om nie baie blomme en dekor te hê nie, wat ons gehelp het om op die meer belangrike dinge te fokus, soos die kos en fotografie.

bride and groom entering the venuetrou koek trou koek trou koek trou koek trou koek wedding festivities wedding festivities wedding festivities wedding festivities

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ons eerste dans was op “Voshaarnooi” van Jakkie Louw en en Kevin Leo.  ‘n Lied baie na aan ons hart.  Ons dans was die Foxtrot, waarvoor ons vir 6 weke voor die troue professioneel klasse ontvang het.  Dit was omtrent pret, want ons albei het twee linker voete.

wedding festivities wedding festivities wedding festivities wedding festivities wedding festivities  wedding festivities wedding festivities wedding festivities wedding festivities

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons was in Bali vir ons Wittebrood.  Wat ‘n belewenis!  Om hulle natuur, kultuur en geloof te kom waarneem was ongelooflik.  Ons was daar vir 9 dae en kon nie alles doen wat ons wou nie, want daar is so baie om te doen.  Die mense is van die vriendelikste, maar verkeer ‘n nagmerrie.  Definitief ‘n plek wat ons kan aanbeveel

wedding festivities wedding festivities

Diensverskaffers