Eben & Henriette se tuin verlowing fotosessie

Eben was te vore op die realiteit program Boer Soek ‘n Vrou,  dié boer het toe sy vrou gekry.  Ons is opgewonde om met Mooi Troues se lesers die pragtige verlowing fotosessie van Eben en Henriette met julle te kan deel.  Caitlin van Appelliefie Art + Photography het hul verlowing fotosessie af geneem en ons sien uit om hul troue ook binnekort op Mooi Troues te kan deel.







Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Met die hulp van Boer soek ‘n vrou het ons paadjie gekruis.  Eben het toevallig eendag op my Facebook verskyn en so met my kontak gemaak.  Ons eerste ontmoeting was op Valentynsdag 2018.  My hart het omtrent uit my borskas geklim toe die aantreklike blonde reus by my voordeur instap.  Ons liefde vir mekaar het daarna moeiteloos begin blom.








Vertel ons wie het wie gevra om te trou?


Eben het my gevra om te trou, ek is bietjie te tradisioneel om die man te vra … Hy het die groot vraag eenvoudig maar spesiaal gehou en op een knie gegaan onder die mooiste Kremetart boom op die plaas met sonsondergang.








Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Ons fotograaf Caitlin van Appelliefie Art + Photography het ‘n paar plekkies voor gestel.  Ons het besluit op Rosemary hill – dit was vir ons so mooi groen en die naaste aan ‘n plaas gevoel.







Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?


Eben was baie gemaklik voor die kamera a.g.v sy agtergrond met die realiteit program.  Vir my was dit bietjie vreemd aan die begin, maar Caitlin het my baie op my gemak laat voel en mooi gehelp met riglyne.  Eben se humor het die glimlagte op die gesigte gehou.  Ons het dit baie geniet.



















Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?


Ons trou by De La Mas Wedding venue. Dit is’n verskriklike mooi trouvenue met sy rou baksteen mure; nie eers te praat van die mooi Blou skuur deure nie.  Ons droom troue sluit in ‘n gemaklike atmosfeer in die buitelug, Groenigheid met sagte Pienk kleur, Roosgoud, marmer en ‘n sement afronding.








Diensverskaffer