Emile & Carmen se intieme Afrika bostroue

ʼn Intieme Afrika bostroue met ʼn simplisties boheemse tema en aardse kleurskema was die perfekte manier om Emile en Carmen se troudag te vier.  Die paartjie wou ʼn intieme troue hê tydens ʼn luukse vakansie wegbreek saam met hulle geliefdes en familie.

Emile en Carmen wou weens die omstandighede van KOVID-19, ʼn intieme troudag hê wat hulle kan omskep in ʼn wegbreek vakansie saam met hul naaste mense.  Hulle het slegs sewe gaste gehad en het die grootste deel van hul troudag begroting spandeer op akkommodasie vir hul familie.  Met die pragtige natuurskoon by hul venue, en ʼn gekose boheems geïnspireerde tema, was die dekor in ʼn neutrale en aardse kleurskema.  Hulle kon werklik die fasiliteite wat hul venue gebied het, ten volle benut by hul intieme Afrika bostroue.

Alhoewel dit ʼn intieme troudag was, het die paartjie steeds gesorg vir top gehalte vermaak.  Gracenote Music, ʼn stryk-trio, het musiek voor die seremonie en tydens die kanapees gespeel.

Rol nou af en geniet meer van Emile en Carmen se intieme Afrika bos troue.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar ontmoet deur ʼn vriend.  Ons was albei deel van die Sasol-beurs program en lewe en werk in Secunda vanaf 2013.  In 2016 het ons vriende geword, wat teen die einde van daardie jaar in iets meer ontwikkel het.

Emile het my gevra om te trou tydens ʼn staptog op die Ama-poet-poet staproete in Dullstroom in Junie 2020 tydens die grendeltydperk.  Dit was perfek, want dit was privaat en ons geniet albei om buite in die natuur te wees.

Die ring was presies wat ek wou gehad het!

Die Verlowing Tydperk:


9 maande.  Die aanvanklike beplanning van die troue, soos die venue, die begroting, navorsing oor diensverskaffers, ensovoorts is deur onsself gedoen.  Ons het webwerwe soos Our-Venue.com gebruik om ons kortlys van venues te maak.

Nadat ons die bespreking by Lush Private Lodge bevestig het, is ons deur Kyne Lupini, van die lodge, bygestaan. Kyne het ook die troublomme, -dekor en opstel op ons troudag gereël, en het gehelp met al die klein goed wat ons gemis het.  Sommige trou diensverskaffers het ons self benader en bestuur.  Die verdeling van verantwoordelikhede tussen ons en die lodge het mooi uitgewerk.

Finansiële Aspekte:


Ons het 7 gaste gehad, so dit was maar 9 van ons in totaal.  Die begroting was naby R200,000, maar ʼn groot deel daarvan was vir die lodge was ons uitgeboek het vir ons familie.

Ons het lank gesels oor wat vir ons die belangrikste is en wat die troue persoonlik sou maak en dan daarop die meeste van ons begroting spandeer.  Dit het gehelp help om die kostes van ander items laag te hou.

My raad sou wees om met vriende wat onlangs getrou het te gesels en soveel as moontlik navorsing te doen om ʼn realistiese idee te kry van wat dinge kos.

Merkwaardigste Oomblikke:


Emile:

Om met my sielsgenoot te trou in die pragtige natuur.

Carmen:

Ek was baie emosioneel en senuweeagtig terwyl ek besig was om reg te maak, maar toe ek Emile sien glimlag toe ek by die gang afstap, het ek ongelooflik gelukkig gevoel.

Vermaak:


Gracenote Music, ʼn stryk-trio, het musiek voor die seremonie en tydens die kanapees gespeel.  Die snitlys wat ons gekies het was alles ‘covers’ van popliedjies om die atmosfeer lig en gelukkig te hou.

Ons het almal die musiek oor vingerhapetes baie geniet, terwyl ons skemerkelkies drink en oor die bos uitkyk.

Die Besluitnemingsproses:


Ons het grotendeels saam besluite gemaak.  Die troudag gaan oor ons altwee en ons wou elkeen die ander gelukkig maak in terme van wat ons gekies het.  Ek het die meeste werk vir die dekor en diensverskaffers gedoen, maar daar is geen besluit geneem sonder insette van Emile nie.

Ons het self besluite gemaak en albei ons gesinne het dit ondersteun.  Ons het wel sommige van ons keuses met ons gesinne en vriende gedeel, maar hulle was nie so betrokke by besluite nie.

Paartjie se styl:


Ons kon elkeen kies wat ons wou hê, maar ons moes steeds hou by die algemene voorkoms en tema van die troue.

Alhoewel dit ʼn klein troue was, wou ek as die bruid steeds glansryk lyk en voel.  Ek wou nie ʼn rok hê wat sou wegneem van die natuurlike skoonheid van die lodge of die omgewing nie, maar ek wou nogsteeds uitstaan en Vonvé het die perfekte rok vir my gehad.

Emile het sy pak by Angelino gekoop en moes net by ʼn neutrale kleur hou.  Ek het gehelp met sy keuse, maar dit was nogsteeds sy besluit.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons was versigtig in ons keuse van diensverskaffers en het gekyk na hul professionaliteit in ons interaksie.  Die gevolg was dat ons geen probleme met hul diens gehad het nie.

Marietjie van Vintageblue Photography is ʼn absolute engel en het dit reggekry om die atmosfeer en die dag perfek vas te vang.  Ons het haar al aanbeveel vir almal wat wil luister!

Lush Private Lodge was ʼn ervaring van ʼn leeftyd.  Die diens van die personeel, die heerlike kos en pragtige kamers was ʼn buitengewone ervaring vir al ons gaste. Ons sien daarna uit om weer by hulle te bespreek.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid:

Wees deeglik met jou beplanning en navorsing, en jy sal baie hartseer met swak diensverskaffers vermy.  Onthou dat die belangrikste is dat jy trou met die persoon vir wie jy lief is, so as ander dinge nie perfek is nie moet jy bereid wees om die goed te laat gaan.

Bruidegom:

Ondersteun jou verloofde met die navorsing en besluitneming.  Die belangrikste is dat hulle gelukkig is en pragtig voel op die troudag.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Vroeg in ons beplanning het ons dit oorweeg om ʼn groot troue by ʼn tradisionele trouvenue te hou. Toe dit begin lyk asof COVID die nuwe normaal is, het ons besluit om ʼn klein private seremonie te hou as deel van ʼn vakansie saam met ons gesin by ʼn lodge.

Daar was ʼn paar senuweeagtige tye, aangesien Emile se broer en skoonsuster in Nederland woon en ons was bekommerd oor reis beperkings, maar dit het mooi uitgewerk op die ou einde en hulle kon darem ons troue bywoon.

Venue & Dekor:


Die belangrikste vir ons was om tyd saam met ons gesinne deur te bring, daarom het ons gesoek na klein privaat lodges wat alles ingesluit is en wat slegs vir ons gebruik sou wees. Die vriendelikheid en behulpsaamheid van die personeel van Lush Private Lodge het ons oortuig.

Ons het van die boho-tema gehou, maar wou getrou bly aan die voorkoms van die lodge en ons troue in die African Bush.  Ek sou dus sê dat ons dekor ʼn samevoeging van die twee style was.

Ons het probeer om die kleure so natuurlik en neutraal moontlik te hou om goed met die omgewing saam te smelt.

Wittebrood:


Ons sou graag oorsee wou gaan, maar weens die onsekerheid met KOVID-19 het ons besluit om Knysna te besoek.  Ek was nog nooit in die Garden Route nie en wou graag die omgewing sien.  Ons wou albei privaatheid, lekker kos en baie aktiwiteite ervaar, en Knysna het alles aangebied.

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: