Wouter & Izel se bruilofsfees

Daar is gereeld kompetisies waar paartjies deel of hele troue wen en dit was die geval met Wouter en Izel.  Die gelukkige paartjie het met heelwat pryse weggeloop by ‘n plaaslike winkel sentrum in Limpopo.  Hulle het wel hul geld baie wys gebruik en belê in ‘n fantastiese fotograaf.  Rol af en blaai deur die pragtige foto’s en lees die paartjie se gelukkige storie en pragtige Limpopo bruilofsfees te sien.

Wat was jul troudatum en hou oud was jul albei op dié dag?


17 Maart 2018 en Wouter was 27 en Izel 29 jaar oud.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


In Junie 2015 het ons ontmoet by ‘n gesamentlike vriendin se verjaarsdag partytjie.  Daarna was ons eers goeie vriende, aangesien ons ten tyd van ontmoeting albei net uit lang verhoudings gekom het en mekaar eers beter wou leer ken.

In Desember 2016 is ons Kaap toe vir ons eerste vakansie saam met Wouter se gesin, dis hier waar die romanse behoorlik begin ontvlam het in die see lug!  Januarie 2017 het ons begin uitgaan.

Vertel ons hoe het julle verloof geraak?


Op 1 Julie 2017 het Wouter my na Die Ranch Resort buite Polokwane geneem waar hy gesê het ons vir n Wilds-rit gaan om na wild en Leeus te kyk wat geteel word by die Plaas.

Met aankoms by die plaas was Wouter baie op sy senuwees, ek natuurlik geen idee waarom.  Toe die gids by ons opdaag om op die wilds-trok te klim,was dit net ek en Wouter wat vir die rit gegaan het.  Ons het by n koppie gestop en daar was n hele piekniek voorberei, kombers met piekniek mandjie en ‘n glas-boks met sjampanje en glase daarin.

Ons het aangesit om te eet en so rukkie daarna het Wouter op sy knieë gegaan en my gevra om te trou.  Ek het “Ja” gesê!  Die Ring was om die steel van een van die sjampanje glase en Wouter moes eers die glas breek om die ring af te haal.  Daarna het ons na die jagluiperd kamp gegaan, interaksie gehad en hulle gevoer.

Wat was vir julle die mees merkwaardigste oomblik van dié dag?


Die Eerste dans op:  “How long will I love you? duer Ellie Golding” met die rookmasjien se rook.

Vertel ons meer oor jul ringe?


Izel se ring is deur Wouter self ontwerp en laat maak by Ickinger Jewelier in Tzaneen, ronde diamant met kussing van klein diamante daarom met gekruisde diamant  bandjies, 2 x diamant pantjies is bygevoeg vir die troue.

Wouter se ring is uitgekies deur homself by Debbie Mouton Jewellers, wat ‘n geskenkbewys was wat ons gewen het in die Mall of the North se Win a Wedding kompetsie waarvan ons die wen paartjie was.

Vertel ons meer oor jul fotograaf en Videograaf


Ons fotograaf was Charl van der Merwe en ons foto’s was die mooiste wat ons ooit voor kon wens.

Ons videograaf was First Kiss en hulle was baie professioneel en die meeste hoogtepunt video.  Ons stel hul beslis voor

Wat sou jul wou verander indien moontlik?


Niks die dag was perfek, al sou ons graag buite wou trou, onder die bome, soos vooruit beplan, het die reën ons die mooiste foto’s laat neem.

Advies wat julle kan gee aan paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Doen wat julle wil!  Dit is julle dag, luister na raad maar maak julle eie besluite wat beste by julle pas.  Ek sal steeds weer meeste geld spandeer aan foto’s en video, aangesien dit al is wat jy oor het anders as herinneringe van die dag.

Hoe het julle besluit op die venue vir jul troudag?


Angesien ek ‘n Veearts is en Wouter ‘n natuur liewende mens is  wat albei in die Bosveld grootgeword het, was dit nie moeilik om te besluit op Villa Maroela  White Lion Breeding and Game Farm nie.

Die Venue het alles gebied wat ons graag wou hê op ons spesiale dag.  Mooiste kapel, mooi groot saal met houtbalke, lekker kos, vriendelikste gashere en natuurlik die natuur lewe met die wild en Leeus.

Vertel ons meer oor die inspirasie vir die venue se dekor


My idee van my trou dekor was nog altyd om alles stylvol,elegant en klassiek te hou.  Daarom het ons besluit om die silwer te meng met kandelare en dan die blomme as kleur skema in te bring Pers, Silwer en Wit.  Ek is mal oor Rose en Orgidee en het geweet dit moet deel wees van die dag se blomme.

 

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?


Ons was bevoorreg om die Mall of the North se Win a Wedding kompetisie te wen in Oktober 2017, wat pryse ter waarde van R75 000 ingesluit het.

Ons het wel die venue, dekor, Wouter se pak, Strooi jonkers en -meisies se klere betaal.

Die hele troue met pryse ingesluit het omtrent tot by so R150 000.00 gekom.

Vertel ons van jul Wittebrood


Ons was op n 10 dag wittebrood na Mauritius en gebly in Zilwa Attitude Hotel.  Definitief die beste en romantiese wittebrood bestemming by ver!

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

Ander Wen pryse:

  • Trou kar: Limpopo Classic cars
  • Tandbleiking:  Dental studio Polokwane
  • Dansklasse: Dancestars
  • Gesig, mani, pedi vir bruidegom: Sorbet
  • Brasiliaanse Hare:  The hair studio
  • Koek topper: Amper mevrou
  • Kousband en sluier: Closet Couture