Barefeet gee ‘n 90 minute videosessie met musiek weg

Wen ‘n 90 minute videosessie.  Barefeet gee een gelukkige paartjie die kans om ‘n pragtige geredigeerde paartjie video sessie te wen.  Die tydperk van sessie sal ‘n uur en ‘n hal wees.  Dit sal bewerk word na ‘n +-3 minute video, met musiek.  Die kort video sal ook gepubliseer word op Vimeo.  Jy sal dit dan maklik met vriende en familie kan deel.  Hierdie prys is ter waarde van R 4 500.

Blaai af om in te skryf en Wen ‘n 90 minute videosessie met Barefeet.

Baie geluk Karen van Rensburg

Termes en Bepalings:

  • Jy sal ons maandelikse nuusbrief ontvang indien jy opteken vir die kompetisie.  Ons deel nie jou informasie met enige iemand nie.  Dit is slegs vir kommunikasie tussen jouself en Mooi Troues.
  • Inskrywings sluit 15 Mei 2018.  Die wenner word 20 Mei 2018 op die webblad aangekondig.
  • Mooi Troues bemark die kompetisie namens die verskaffer.  Ons kan nie verantwoordelik gehou word vir enige eise, navrae en/of die eis van die prys nie.
  • Die prys kan nie verruil word vir kontant nie en/of enige ander produkte of dienste nie.
  • Aflewering en ekstras nie ingesluit in die prys nie.
  • Prys is slegs geldig vir een paartjie. Dit mag nie gebruik word vir familie video-sessies nie.
  • 50 kilometer retoer is ingesluit in die prys vanaf een van Barefeet se naaste kantoor. Johannesburg, Kaapstad, Pietermaritzburg, Bethlehem of Bloemfontein.  Ekstra vervoer sal tot die paartjie se eie rekening wees teen R3 per kilometer.