Adriaan & Martie se stylvolle rustieke plaastroue

Adriaan en Martie is mal oor die natuur en wou hê hul troue se styl en tema moet by hul liefde vir die buitelewe aansluit.  Daarom het hulle besluit op ʼn sprokiesagtige buitelug seremonie in die woud.  Adriaan en Martie se persoonlike styl het perfek by die omgewing gepas.  Daarna, is hul gaste bederf met al die feesvieringe wat aan ʼn tradisionele Suid-Afrikaanse troue verbonde is.  Die skuur waarin al die lekkertes plaasgevind het, is opgemaak met rustieke dekor en ligte om ʼn gesellige atmosfeer te skep.  Dus kan hul troue gesien word as ʼn tradisionele plaastroue, maar moenie dat die naam jou mislei nie!  Adriaan en Martie het seker gemaak hul trou-dekor is stylvol, relevant en alles behalwe vervelig!  Hulle het hul eie unieke stempel op hierdie tipe dekor afgedruk vir pragtige 2020 trou-inspirasie.

Adriaan en Martie het absoluut net lof vir hul platejoggie, Southern Sound.  Dit maak ons by Mooi Troues se harte baie bly as ons sulke komplimente van paartjies hoor oor Mooi Troues se diensverskaffers.  Klik hier om net soos Adriaan en Martie betroubare diensverskaffers vir jul troue te kry.

Rol af vir foto’s en idees om jou eie stylvolle rustieke troudag te skep.

plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue

Paartjie se Liefdesreis


Ek en Adriaan kom al ʼn lang pad saam.  Ons is gebore in die klein dorpie Springbok in die Noordkaap, omtrent 6 maande uitmekaar uit.  Ons was aanvanklik in dieselfde dagsorg geplaas waar ons die eerste keer mekaar gewaar het.  Ek (Martie) kon skaars loop op daardie stadium en was in ʼn ander afdeling as die kleuters wat reeds kon loop.  Ek het met my min kruip vermoë tot by die hekkie geskuif wat die afdelings skei en daar myself staan gemaak om die ander kleuters te bekyk. Dis toe dat Adriaan (wat al kon waggel) my gewaar en homself  kom voorstel met ʼn ferm byt op my neus.

Van daar af was ons in dieselfde laer en hoërskool, waar ons in Gr. 11 begin uitgaan het.  Ons verhouding het net versterk met die transisie van skool na universiteit.  Na universiteit het ons paaie die eerste keer geskei waar ek moes werk in Stanford (Overberg) en Adriaan sy meestersgraad moes voltooi in Stellenbosch.  Na talle naweke se oor en weer gekuier het Adriaan besluit hy het genoeg gehad daarvan, en stilletjies beplan om die Ja-woord te vra.

Met die hulp van ʼn paar vriende het Adriaan my verras met ʼn piekniek langs die rivier in Stanford, waar ons vriende hulself weggesteek het in die riete.  My eerste woorde nadat Adriaan die knie gebuig het was: “Nie nou nie!”, gevolg met ʼn Ja!

plaastroue plaastroueplaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue

Die Verlowing Tydperk


Ons het verloof geraak in Desember 2018.  Dit was dus 11 maande voordat ons die ja woord sou sê.  Ons het nie gebruik gemaak van ʼn trou beplanner nie, maar het baie hulp en ondersteuning van vriende en familie gehad.  Die venue het ook hulle eie persoonlike trou koördineerder, wat seker maak die dag verloop glad en die diensverskaffers word verwelkom.

plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroueplaastroue plaastroue plaastroue plaastroue

Merkwaardigste Oomblikke


Martie: As ʼn bruid, is dit moeilik om een gedeelte van jou spesiale dag uit te sonder.  Alles was vir my spesiaal, maar iets wat wel uitgestaan het, was die eerste keer wat ek en Adriaan saam gedans het as man en vrou.

Adriaan : Die een deel wat die grootste impak op my gehad het was die afwagting voor die kansel; Die oomblikke net voor Martie by die paadjie afgestap het.  Toe ek haar sien in ʼn wit rok, het my lewe onomkeerbaar verander.

plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue

Finansiële Aspekte


Ons het ʼn begroting van R100 000 gehad.  Om min of meer ʼn idee van die prys-koers te kry, het ons baie tydskrifte geraadpleeg.  Nadat ons op ʼn begroting besluit het, het ons na diensverskaffers gekyk wat binne ons begroting val.  Ons het aanvanklik ʼn lys van 110 gaste opgestel waarvan ons uiteindelik 100 uitnodigings gestuur het.  Van die 100 het 80 gaste ons troue bygewoon.

Dit help om van familie en vriende se vaardighede gebruik te maak om kostes te bespaar, byvoorbeeld ʼn tannie wat goed is met dekor, of vriende wat bereid is om die “gras-speletjies” op te stel.  Só kan daar baie kostes gesny word.

plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue

Vermaak


Daar was direk na die seremonie versnaperings en drankies sowel as gras-speletjies vir die gaste, terwyl die foto’s geneem was.  By die onthaal was daar ʼn baie bekwame platejoggie sowel as ʼn foto-hoekie wat ons gaste vreeslik geniet het.

plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue

Gunsteling Diensverskaffers


Ons het ʼn ongelooflike platejoggie (U-One Theron) gehad wat ons baie beïndruk het.  Hy was konstant in kontak met ons seremoniemeester en hy het die dansvloer perfek gelees en aan die gang gehou.  Sy vrou en vennoot in Southern Sound (Christelle Theron) was vriendelik en ondersteunend gedurende die reëlings proses en het selfs die dag voor en na die troue vir ons sterkte wense gestuur.  Ons sal hulle beslis aanbeveel vir enige troue.

plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue

Spesiale Tradisies


Ons het al die klassieke tradisies by ons troue gehad, soos die sny van die koek, die strooijonker- en strooimeisie-toesprake, die bruidegom toespraak wat versier is deur die jong manne en die gooi van die ruiker en die kousband.  Ons het mekaar ook nie gesien voordat ek by die paadjie afgestap het nie, maar ons het egter net voor die seremonie, geblinddoek, bymekaar  gekom om saam te bid.

plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue

Venue & Dekor


Ons was nog altyd mal oor die natuur.  Ons het die idee van ʼn sprokiesverhaal troue gehad in die woud.  De Uijlenes het vir ons die geleentheid gebied om ons seremonie in die woud te hê, en ons onthaal in ʼn ou plaas skuur wat opgemaak is met ʼn rustieke styl.

plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue

Wittebrood


Adriaan het my verras met ʼn wittebrood in Knysna.  Ons is mal oor die tuin-roete en Knysna was nog altyd vir ons prentjiemooi.  Ons het in ʼn hout huisie gebly by die lieflike Abalone Lodges.

plaastroue plaastroue plaastroue plaastroue

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme


Martie: Vir my het die trou-beplanning ʼn “werk” geraak omdat ek het aanvanklik meeste van dit self gedoen het.  Dit het makliker geraak toe ek en Adriaan saam begin beplan het.  Ek het ook vir my bruidsmeisies sekere take gegee wat hulle kon afhandel.
Dit hang af van troue tot troue, maar bruidsmeisies se rokke kan duur raak.  Daarom het ek vir hulle my kleurskema gegee en hulle kon ʼn rok in hulle styl en begroting aankoop.

Adriaan : Maak seker om van die begin betrokke te wees met die beplanning.  Jou verloofde gaan dalk aanvanklik baie opgewonde wees oor die beplanning en gaan lyk of sy dit self wil doen, maar dit gaan nie lank hou nie.  In my geval het ek voorgestel dat ek al die finansies sal bestuur en in beheer wees van die betalings, kwotasies, ens.  Maak gebruik van die strooijonkers om ook reëlings te tref.
Dit is ook baie belangrik om by elke diensverskaffer presies uit te vind wat hulle take is, sodat niks gebaseer is op aannames nie.

plaastroue plaastroue plaastroue

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers