Albert & Lida se verlowing fotosessie in die veld

Vir Albert en Lida was dit liefde met die eerste oog opslag en selfs die afstand kon nie eens die liefde tussen die twee keer nie.  Nou kan hulle mekaar uiteindelik ook voorstel as “my verloofde” en nie net my meisie of kêrel nie.  Lees onder hoe Albert vir Lida gevra het om sy meisie te wees en uiteindelik ook om sy toekomstige vrou te word terwyl jy na die pragtige verlowings fotosessie in die veld kyk.

Vertel ons van jul ontmoeting


Ons het ontmoet deur vriende wat ‘n braai gereël het. Een van ons vriendinne is ‘n groot pasmaat-maker en sy het ons aanmekaar voorgestel en ons het dadelik goed oor die weggekom. Al het ons 400 km van mekaar af gebly het ons daagliks oor die telefoon gesels.’n Week later het Lida my verras by ‘n rugby wedstryd en net daar het ek besluit om haar uit te vra. Eienskappe van Lida wat my aangetrek het is haar vriendelike glimlag en besonderse persoonlikheid. Eienskappe van Albert wat my na hom aangetrek het is sy persoonlikheid en ordentlikheid.

Vertel ons meer van julle verlowing


Ons het verloof geraak by die Tugela rivier.  Albert het baie hard probeer om dit weg te steek.  Hy het ‘n piekniek gereël met sjampanje en lekkernye.  Ek wou nog ‘n foto neem van ons by die rivier, toe is hy op sy knieë.  Hy het ‘n paar woorde gesê waarvan ek nie veel kan onthou nie, maar ek het dadelik JA gesê!

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie


Ons is altwee baie lief vir die natuur en wou graag fotos in die veld neem.  Gelukkig het FJ van Eye Poetry Photography die perfekte plek in gedagte gehad.

Wat is jul droom troue?


Ons troue is een van die dae en beide van ons kan nie meer wag nie. Ons wou nog altyd ‘n klein en intieme troue gehad het en het gelukkig op die perfekte venue af gekom. Ek dink ons droom is net dat almal die dag sal geniet en onthou saam met ons.

Diensverskaffers:

  • Venue: Woodlandhills Wildlife Estate, Bloemfontein
  • Fotograaf: Eyepoetry Photography