Tropiese trou skryfbehoeftes

Vandag deel Mooi Troues weer skryfbehoeftes wat tropies geïnspireerd is.  Die skryfbehoeftes sal pas by troues met ‘n tropiese aanslag, ongeag of die blomme net groenigheid is of tropiese blomme ook bevat binne die venue.  Die skryfbehoeftes kan deel vorm van daardie ongesiene “goue draadjie” wat koördineerders van praat wat die tema regdeur jou troue moet trek indien jy vir ‘n tropiese tema mik op jou groot dag.  Die skryfbehoeftes lyk ontspanne en breuk weg van die formele trou-uitnodigings wat nie net formeel is nie, maar gewoonlik ook baie vroulik met fyn blommotiewe.  Watercolour Heart  het hierdie ontwerpe vir ons gedoen en kan as inspirasie dien vir almal wat effen onkonvensioneel wil wees op hul grootdag.  Let ook onder hoe mooi die sjampanje-kleur lint pas by die uitnodigings, wat wys die skryfbehoeftes is divers en moontlik om by ‘n groot verskeidenheid kleure te gebruik.

Artikel Krediet:

Skryfbehoeftes:  Watercolour Heart