Die Boheemse bruid se droom

Prophouse is ‘n nuwe dekor verhurings maatskappy wat pas hul deure oop gemaak het.  Hulle maak dit moontlik vir bruide om ‘n boheemse trou-styl te volg. Die gestileerde fotosessie beeld die boheemse styl uit deur gebruik te maak van dekor opsies soos gehekelde droomvangers en die gewilde beeskop skedel.  Dit word egter alles sag gehou deur ‘n sagte kleur palet te gebruik en vroulike blomme te inkorporeer.  Die dekor is divers en kan selfs gebruik word vir bruide wat net ‘n tikkie boheems tot ‘n klassieke troue wil byvoeg.

Lees onder om slim wenke te kry van die koördineerders en ook meer te sien van die ontspanne boheemse fotosessie.

Wat was die inspirasie vir die fotosessie?


Almal “save” mos daardie “boards” op Pinterest.  Die “boards” wat die fantastiese dekor en bykomstighede bevat om van hulle droom troue ʼn werklikheid te maak. Dan sal julle weet hoe moeilik dit is om hierdie fantastiese dekor en bykomstighede in Suid Afrika te bekom!  Dit is moeilik en tydrowend om al daardie pragtige goed op die selfdoen manier te versamel. Die soektog is nou verby want Prophouse het sopas hul deure geopen.  Prophouse is die nuwe dekor en bykomstighede verhuring studio wat in die pragtige Somerset Wes geleë is.  Naby al die beste trou-venues!

Susters, Kaitlyn en Jessica De Villiers, eersgenoemde van Kaitlyn De Villiers Photography faam, het van hierdie idee ‘n werklikheid gemaak.  Julle kan nou na hartelus al die fantastiese bykomstighede en dekor hier in die Wes Kaap huur om van jou droom troue ʼn werklikheid te maak. Die Boheemse bruid se droom gestileerde fotosessie is deur Kaitlyn De Villiers Photography gekonseptualiseer en stileer.  Die doel was om die opening van Prophouse te vier.

Wie het die fotosessie gereël?


Kaitlyn De Villiers Photography & Prophouse het die idee gekonseptualiseer en ‘n werklikheid gemaak.

Wat was die spesiaalste deel van die fotosessie?


Die spesiaalste deel van die fotosessie was om te sien hoe die unieke, pragtige dekor en bykomstighede waaraan Prophouse so hard gewerk het bymekaar kom.  Dit het die Boheemse tema ‘n realiteit gemaak, tesame met die ontwerp van die kledingstukke.

Wat is jul advies aan paartjies wat die tema wil volg?


Doen navorsing van die mooiste goed waarvan julle hou. Pinterest is een van die beste hulpmiddels. Maak borde van alles wat jou inspireer en soek dan vir die beste verskaffers vir elke komponent van jou droom troue.  Moet egter nie vergeet om ‘n begroting op te trek nie!  Maak dan ‘n besoek aan Die Prophouse, waar al die dekor en idees besigtig kan word om van jou droom troue ‘n realiteit te maak. Die Prophouse aanbieding sluit in blokkering van al die kleur skakerings asook pragtige uitlegte van onthaal tafels om jou te inspireer. ‘n Blanko tafel (leë doek) is tot jou beskikking om jou eie kreatiewe idees te verwesenlik. Funksie koördineerders is natuurlik ook welkom om saam met hulle kliënte van Prophouse se mooi goed gebruik te maak.

Aanbieding sluit ook ‘n groot Boheemse en “Tribal” versameling in.  Van tafel bedelings in makramie tot wandel boë, agtergrond, bykomstighede, “droom vangers”, Teepee tente sowel as goud aksente.  Daar is ook n hele versameling van bypassende fees baniere en tekens in wit en goud.  Skakering opsies sluit in “Blush Pienk” “Serenity Blou”, Marmer, Grys, Koraal, Kruisement, Laventel, Geel, Organies, Wit en nog vele meer.  Prophouse is daar om jou te help om jou droom troue te beplan, om vir jou idees te gee, en om jou te inspireer.  Praat gerus met Prophouse oor enige van jou eie unieke idees om te sien hoe hulle vir jou van hulp kan wees.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: