Vandag deel ons met julle Jacques en Danica se buitelug verlowings fotosessie. Hierdie foto’s is geneem deur Nicolene Meyer, een van Mooi Troues se betroubare diensverskaffers, beslis iemand om ingedagte te hou vir jou groot dag wat op pad is. Hierdie pragtige paartjie het hul foto’s geneem by die Irene Diary Farm, die omgewing het perfek ingepas by die gevoel wat hulle wou skep en hulle kon selfs ‘n paar van die plaas se diere kry te siene in die foto’s. Dames let ook op na die pragtige rok wat Danica dra van Silwer Swallow designs, perfek vir enige tipe fotosessie! Lekker lees en geniet die foto’s.
Hoe het julle ontmoet en wat trek jul aan tot mekaar?
Jacques: “Van die eerste oomblik wat ek Danica gesien het, het ek geweet dit is iemand saam met wie ek ‘n lang pad kan stap. Sy is ‘n sagte en liefdevolle persoon wat baie omgee en enige iets sal doen vir die mense naby aan haar.”
Danica: “Definitief Jacques se droë sin vir humor, hy kan my altyd laat lag. Jacques was eerste my beste vriend en toe my kêrel, en ek kon nog altyd maklik met hom gesels. Hy het ‘n sagte hart en dit was vir my van die begin af ‘n baie mooi eienskap.”
Hoe het julle verloof geraak?
Dit was ‘n groot verrassing toe Jacques my gevra het om met hom te trou. Ons was vir die naweek weg Dullstroom toe en na ‘n heerlike dag in die dorp het ons ‘n piekniek gaan hou langs die Forel dam. Hy het egter nie gedink dit is die perfekte geleentheid nie. Die aand het hy die kaggelvuur vir ons aangesteek met kerse oral in die vertrek, na ‘n rukkie se sit, kon hy net nie meer langer wag nie. Hy het toe voor my kom staan, op sy een knieg gesak en die groot vraag gevra.
Wat was die inspirasie agter die verlowing fotosessie?
Ons is baie lief vir die natuur en die groenigheid van Irene Dairy Farm in die lente het ons aandag getrek. Ons wou die fotosessie baie natuurlik gehou het, en dit was vir ons ‘n aangename verrassing toe die beeste wou deelneem in die fotosessie. Die pienk SilverSwallow Design rok met die blompatrone het perfek bygedra tot die natuurlike gevoel wat ons wou gehad het. Ek het soos ‘n regte bos-feetjie daarin gevoel.
Vertel ons wat is jul droom troue?
Ons altwee deel die idee van ‘n droom troue as ‘n gesellige samekoms van familie en vriende. Dit is vir ons belangrik dat daar ‘n feestelike atmosfeer moet wees die dag, met heerlike boerekos en lekker jolige musiek. Ons is ook lief vir die platteland en die natuur, en daarom het ons besluit op ‘n baie aardse tema vir die troue.
Klik hier vir diensverskaffers
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Nicolene Meyer