Eugene & Anna-Marie verduidelik mooi hoekom hul Gelukkie in Paternoster gekies het. Ons stem 100% saam! Na baie keuses het hul op 11 Februarie 2017 voor 60 van hul naastes eg aan mekaar gesweer. Die hele dag het die paartjie min of meer R150 000 gekos. Hulle vertel dat hul glad nie spyt is nie!
Rol af en verloor jouself in die mooi foto’s. As jy ‘n strand troue wil hou, weet jy dat Gelukkie sommer jou eerste keuse moet wees!
Vertel ons hoe het julle ontmoet?
Ons ken mekaar al donkie jare!
Ons was lank net kennisse, daarna vriende, daarna goeie vriende en toe sommer net so onverwags op ‘n dag toe gebeur die dinge van die liefde. Dit was glad nie daardie “liefde-op-eerste-opslag nie,” maar eerder “liefde-na-baie-sien.” Die voordeel was dat ons mekaar goed geken het en reeds ‘n mooi vriendskap band gehad het. Ons twee is baie, baie verskillend maar komplimenteer mekaar só goed. Ons staan reg en saam vir alles wat die lewe ons kant toe gooi, “rug-teen-rug”, “sy aan sy” en gesigte teen mekaar in die wêreld-wyd bekende en intens populêre soen posisie. Die soen posisie was natuurlik Eugene se bydrae tot hierdie vraag!
Vertel ons meer oor die styl van jul troue
Ek het die tema aangepas om by die deel van die land te pas waar ons getrou het – Die Weskus.
Die wit sand en groen en tekstuur van die plantegroei van die Wes-kus is net so oorgedra in ons dekor en blomme. Die skoonheid en mooiheid daarvan lê in die eenvoud van die pragtige Paternoster en die beeldskone Gelukkie. Dit was vir my belangrik om saam met dit te werk en te komplimenteer. Ek is versot op goud en daarom het ons bietjie goud ingebring. Iets moes darem by my trouring pa!
Inspirasie is mos ure se tyd spandeer op Pinterest! Ek dink baie toekomstige bruide het ‘n perfekte idee van hoe hul troue eendag moet lyk en dan spandeer hulle 10 minute op Pintrest en jy is so deurmekaar soos ‘n Tupperware-kas. Ek het wel geweet ek hou van ‘n skoon tydlose gevoel en wou aansluit met die omgewing waarin ons, ons op die pragtige dag bevind het.
Ons het na verskeie venues gekyk en kon nie tot ‘n besluit kom nie. Ons het lysies gemaak van elke venue se voor en nadele, ‘rock-paper-scissors’ gespeel en toe gebeur dit dat ons hierdie juweel op Paternoster vind! Verseker liefde met die eerste oog-opslag. Die venue het ‘n mooi energie en die gasvryheid van die familie wat dit bestuur, komplimenteer dit soos ‘n kersie op ‘n koek. Ons het die venue geensins op getof nie en dit was ook glad nie stok-styf nie. Die venue was toegedraai in ‘n “hier kan jy jouself wees en ontspan” gevoel en dit is was ons wou hê. Trek aan jou netjiese kortbroek en sit jou das in jou sak!
Wat sou jul verander het as jul kon?
‘n Week na die troue het ons gedink, “Eish dalk moes ons dit of dat gedoen het?” Maar nou amper ‘n jaar later kyk ons terug na die perfekte dag en sal niks wil verander nie.
Advies wat jul aan ander paartjies kan gee wat besig is om hul troue te beplan?
Elke troue het ‘n paar probleempies tydens die oploop asook op die dag self. Skuif bekommernisse sommer dadelik en onmiddellik opsy en geniet die hele proses van die beplanning tot op die dag. Moenie jou met ander se troues vergelyk of met die troues op Sosiale Media nie. Op die einde van die dag gaan dit nie oor die hoeveelheid tierlantyntjies wat op die tafels is en die 1000 duiwe wat vrygelaat word nie. Dit gaan oor die liefde en samekoms van mense wat vir jou lief is op jou spesiale dag. Die mense wat kom om te sien hoe mooi alles is, of dit ‘n sewe-gang maaltyd is en of Elton John daar is om die trou liedjie te sing, is die mense wat eintlik nie verdien om daar te wees nie. Nooi die mense wat vir jou lief is. Reël ‘n saamtrek, reël ‘n kuier, reël ‘n bruilof en geniet elke oomblik, want dit is in ‘n oogwink verby.
Klik hier vir diensverskaffers
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Gelukkie, Paternoster
- Dekor + Blomme: Ruth – Gelukkie
- Trou Koördineerder: Cindy Clokie – Gelukkie
- Fotograaf: Chantall Marshall
- Trourok: Nika Couture
- Grimering & Hare: Martie Olivier Make-up Artist & Hair Stylist
- Koek: Elsa Everson
- Seremonie meester: Johrne van Huysteen