Dean & Marioné se Asemrowende Wintertroue in ʼn Wildreservaat

Dean en Marioné se asemrowende wintertroue in ʼn wildreservaat in Gauteng is ʼn ware inspirasie vir enige paartjie wat droom van ʼn romantiese en unieke winterviering. Winter troues het ʼn betowerende atmosfeer, en wanneer die regte kleure sorgvuldig saamgevoeg word, kan dit ’n magiese effek skep.

Marioné het soos ʼn droom gelyk in haar elegante trourok. Die eenvoudige, maar verfynde snit het perfek om haar gevloei, terwyl die delikate krale op die lang moue ʼn fyn, unieke detail bygevoeg het wat haar rok ʼn tikkie klassieke elegansie gegee het. Dean het gekies vir ʼn diep groen pak wat sy persoonlikheid weerspieël het, gekombineer met ʼn gebrande oranje das—ʼn perfekte kompliment vir die winter se kleure.

Hulle het hul geloftes afgelê in ʼn prentjiemooi kapel met groot glasvensters wat uitkyk oor die dig beboste natuur. ʼn Romantiese ronde blommerangskikking het die paartjie omraam, wat die oomblik vasgevang het soos iets uit ’n sprokie.

Die paartjie se fotosessie was ʼn dromerige ervaring, met die sagte oranje gloed van die sonsondergang wat ʼn warm, romantiese atmosfeer geskep het. Elke oomblik was deurdrenk van liefde en natuurlike skoonheid, wat hul spesiale dag nóg meer onvergeetlik gemaak het.

Vir hul dekor het hulle op ʼn knus, aardse tema besluit—perfek vir ʼn winters troue. Lang houttafels en stoele het ʼn stewige basis gevorm, terwyl kleure soos gebrande oranje, olyfgroen en subtiele aksente van swart en blou ʼn warm, gesellige atmosfeer geskep het. Elke gas se plek was pragtig aangedui met persoonlike illustrasies, wat ’n unieke en intieme gevoel by die onthaal gevoeg het.

Beplan julle ’n troue? Besoek gerus Mooi Troues se Trougids vir professionele diensverskaffers om julle droomdag waar te maak. Blaai verder af vir meer oor Dean en Marioné se spesiale dag en hul liefdesverhaal.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons was saam op hoërskool en ons padjies het egter eers ʼn jaar na skool weer gekruis. In begin 2016 het ons begin saam kuier as “beste vriende”. Ons het alles saam gedoen as “beste vriende”. Ons vriendekring het vir ons gesê dat ons maar net sowel kan uitgaan, maar ons altwee was lekker blind. In Februarie 2017 het Dean my gevra of ek sy meisie sal wees, en die res is geskiedenis.

Ons verlowing was ongelooflik spesiaal. Dean het vir ons ʼn aand weg bespreek by Thanda Manzi Hotel & Restaurant. Ons het dadelik restaurant toe gestap toe ons daar aangekom het. Ons het op ʼn dek buite gesit, met die mooiste uitsig van die Hennopsrivier en berge. Dean het vir my gesê dat hy die kelner wil gaan roep sodat ons iets kan bestel om te drink, minwetend het hy eintlik ons vriendin gaan roep sodat sy fotos kan neem van die groot oomblik. Hy het terug gekom tafel toe en gesê ek moet ʼn foto neem van die mooi uitsig, toe ek terugdraai tafel toe, was hy op een knieg gereed om die vraag te vra. Dit was die mooiste oomblik van my lewe, ons het die aand omgekuier, gelag, gesels en van blydskap gehuil.

Die volgende oggend het ons twee masseur terapeute gehad wat ons kom masseur het in ons chalet.

Ons het huis toe gegaan, en hy het my vertel dat ons verlowingsbraai die Saterdagaand by my ouers sou wees. Daar sou ons saam met familie en vriende die spesiale oomblik vier. Dit was ongelooflik spesiaal.

Trourok:


My trourok was vir my enig in sy soort. Ek het ʼn “two-in-one” rok gehad. Die onderste rok was gemaak uit die mooiste kristal materiaal, ek het lang moue gehad met uitklok moue, my veil was soos ʼn “Cape” aan my skouers vasgemaak, met ʼn lang sleep. Ek het ook ʼn oorromp gehad wat om my middel vasgemaak was, wat die rok meer ʼn prinses gevoel gegee het.

Die rok was A-lyn, en het sag afgehang, met die oorromp het dit net die rok daai ekstra drama gegee wat ek graag wou gehad het. Ek het ʼn lae halslyn gehad, met ʼn lae rug. My rok was spierwit dus het die kristalletjies nog mooier gelyk.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Dit is ʼn moeilike vraag, omdat alles vir ons so spesiaal, mooi en geseënd was.

Vir my, was dit die oomblik toe ek by die kapel instap saam met my pa. Ek dink nie ek sal ooit die atmosfeer vir enigiemand kan beskryf nie, dit was ongelooflik. Die onthaal na die diens was vir my net so spesiaal, omdat ons naastes ons troue en liefde saam met ons gevier het.

Vir Dean was dit die onthaal en die samesyn by die boma na die onthaal. Hy sê dat die diens vir hom bietjie stresvol was. Hy noem ook ook dat dit moeilik is vir hom om te kies.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Sjoe al ons diensverskaffers was AMAZING! Ons het werklik niks gehad om oor bekommerd te wees nie, ons dag was regtig net perfek.

Verloof- en Trouringe:


My verloofring en troupant:

Ek het ʼn Pinterestbord gehad waarop ek al vandat ons begin uitgaan het, gedroom het oor ons groot dag. Met ander woorde daar was duisende prentjies van ringe waarvan ek gehou het. Dean het vir maande lank navorsing gedoen op my Pinterestbord, om seker te maak hy kies die regte ring, wat ʼn goeie keuse! Ek het ʼn Ovaal Moissaniet halo witgoud ring, rondom die Moissaniet is daar klein diamantjies, asook om die band van die ring.

Ek het ʼn eenvoudige silwer pandjie gekies as troupand, omdat ek nie die mooi van my verloofring wou wegvat nie. Hy het glo die ring al vroeg in 2022 gekoop (die jaar wat hy my gevra het), maar hy het gewag vir die regte tyd. Hy het ook van my ringe wat ek gereeld dra, een dag gevat om die regte grootte te kry en my verloofring pas perfek.

Dean se trouring:

Hy het ʼn goue ring met ʼn gegraveerde patroon reg rondom die ring. Sy ring ʼn klein diamant wat netjies in die ring gepas is. Dean se ring is baie sentimenteel, sy Ouma het sy oorlede Oupa se twee ringe vir hom gegee om te laat smelt sodat hy vir hom ʼn mooi ring kon maak. Dean was baie na aan sy Oupa, dus kan hy elke dag ʼn stukkie van sy Oupa saam met hom dra.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Maak jou verloofde deel van die besluite! Dit is sy dag ook en ek kan dit nie genoeg voorstel nie, dit is so lekker om dit saam met hom te deel. Wanneer julle, julle visie sien bymekaar kom, wow, dis ʼn great gevoel. Begin vroegtydig beplan, maak asof julle ʼn week vroeër trou, sodat al die klein goedjies ʼn week voor die tyd afgehandel is. Maak ook seker julle begroot vir meer as wat die troue eintlik gaan kos. Geniet net elke oomblik, don’t sweat the small stuff.

Eerste Dans:


Carry You Home – Alex Warren

Trou Venue:


Ons wou van die begin af ʼn naweek troue gehad het, sodat mens die feesviering net so bietjie langer kon uitrek! Ons het na baie venues gaan kyk, maar toe ons by Tshikwalo Lodge ingestap het, het dit ons asem weg geslaan! Dit was perfek, die moderne kapel en onthaalsaal in die middel van die bosveld, met die mooiste akkommodasie.

Ons was versot oor die rustigheid wat oor ons geheers het toe ons daar ingestap het. Dit was toe dat ons besluit het om daar te trou.

Trou Dekor en Styl:


Ons het ʼn wintertroue gehad, en ons wou graag ʼn warm atmosfeer skep met ons dekor en kleurskema, dus was ons kleure maar wintersklere (burnt orange, burgundy, swart, cream, petrol blue, olive green) ons blomme en dekor was meestal die gebrande oranje kleur, met spatsels van die res van die kleurskema, te danke aan Chantal en haar span by Little Lot, het ons die perfekte atmosfeer gehad!

Trou Begroting en Beplanning:


Ons het self ons troue beplan oor ʼn tydperk van 1 jaar en 7 maande, met ʼn begroting van R3 000 per persoon en ʼn gaste getal van 85.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: